aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

God versterk jou na jou Horeb

Screen Shot 2017 01 30 at 3.23.08 PM

Lees 1 Konings 18-19

Om 1 Konings 19 te verstaan is dit belangrik om 1 Konings 18 ook te lees.

Wat staan vir jou uit van 1 Konings 18?

Hoekom dink jy was Elia op 'n "geestelike high" in sy lewe aan die einde van hoofstuk 18?

Hoekom dink jy het Isebel se woorde wat oorgedra word deur haar boodskapper aan Elia so groot effek op Elia?

Was jy al op 'n "geestelike high" in jou verhouding met die Here, deel met die groep?

Screen Shot 2017 01 30 at 3.27.12 PM

Hoekom dink jy val ons so maklik?

Wat was die oorsaak dat Elia onder die besembos ge-eindig het?

Hoe dink jy eindig mense onder besembosse?

Screen Shot 2017 01 30 at 3.27.55 PM

Wanneer die woorde lees: "Die Here is naby die gebrokenes"

Hoe ontmoet die Here vir Elia onder die besembos?

Hoekom dink jy is dit belangrik om versterk te word tot by die berg Horeb?

Screen Shot 2017 01 30 at 3.29.24 PM

Horeb het 'n baie belangrike geestelike rol in die Ou Testament.

Lees die volgende drie teks gedeelts 

Eksodus 3:1-7

Eksodus 20:1-17

Eksodus 32:31-34

Horeb simboliseer eerstens 'n sterk klem op jou roeping.

Horeb simboliseer ook 'n oorgee van instruksies hoe om te lewe.

Horeb simboliseer 'n versterking in roeping.

Screen Shot 2017 01 30 at 3.35.50 PM

Een van die kern dele van Elia se storie in 1 Konings 19 is die feit dat die lewe gaan aan...

Mens bly nie onder die besembos nie. God het steeds 'n roeping vir jou!

God se engel het Elia versterk tot by Horeb.

Het jy al besef God roep jou na Horeb?

Screen Shot 2017 01 30 at 3.35.34 PM

Wat beteken hierdie aanhaling vir jou?

Een van die kern oorsake vir gelowiges wat eindig onder die "besembos" is asgevolg

van lewe op "geestelike highs" soos 1 Konings 18

Was jy al daar?

God wil jou ontmoet presies waar jy nou is, met roosterkoek en water.

God wil jou versterk om jou te neem na die berg Horeb.

Hoekom?

By Horeb word jou roeping en praktiese leefwyse bevestig.

Screen Shot 2017 01 30 at 3.41.58 PM

Watchman Nee in sy boek The Release of the Spirit bevestig dat die enigste manier wat inligting 

na die siel en gees kom is deur die sintuie. Die woorde van Isebel het Elia geruk tot onder 'n besembos, lees weer

1 Konings 19:4.

Hoe reageer jy op jou sintuie wat jou negatief beinvloed?

Waarop kan jy meer fokus met jou sintuie om jou siel en gees te versterk teen negatiewe invloede?

Screen Shot 2017 01 30 at 3.46.11 PM

Mag jy opnuut besef God wil jou geestelik voed ook in tye wanneer jy onder die besembos lĂȘ.

Mag jy besef Horeb is 'n Goddelike plek.

Mag jy jou Goddelike roeping versterk - luister en wees gehoorsaam aan God in die stilte

Bid saam

 

 

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting