Lees Markus 1:14-20.
Wat staan vir jou uit in die woorde wat Jesus gebruik om sy dissipels toe roep?
Watter gedagtes ervaar JY, wanneer jy besef Jesus roep jou op die naam?
Jesus roep jou, ten spyte van jou omstandighede, presies waar jy nou is.
God bekwaam mense wat onbekwaam is-
Wat beteken dit vir jou?
Jesus nooi jou om saam met die "kerk" die gemeenskap van die heiliges te wandel.
Wat beteken dit vir jou?
Die "kerk" (gemeenskap van gelowiges) volg Jesus se voorbeeld
Wat beteken dit vir jou om Jesus se voorbeeld te volg?
Kan ons "vissers van mense" wees sonder om Jesus te volg?
Wanneer ons die woorde lees - "Ek sal julle vissers van mense maak"
Watter gedagtes kom by jou op?
Hoe lyk dit prakties?
Lees die volgende teks-
Wat beteken dit om "naby aan God te leef en opreg te wees"?
Hierdie behels die antieke beginsel van "Coram Deo"
Lees die volgende aanhaling-
Wanneer jy aan jou wandel met God dink - kan jy met oortuiging belei
dat jy die Coram Deo beginsel leef?
Wat moet verander in jou lewe?
Wanneer jy dink aan Jesus wat gewandel het in Sy bediening op aarde, het
Jesus ooit gehardloop van punt A na punt B?
Soveel van ons hardloop heeldag -
Soveel van ons doen die lewe op 'n drafstap-
Wat lei na 'n wanbalans in ons wandel met God
Hoe sou jy jou wandel met Jesus omskryf?
Baie van ons se onderskat ons wandel...
Baie van ons se doelwit is te laag...
Baie van ons mis Goddelike ontmoetings as gevolg van te veel haas na punt B
Het jy al 'n Goddelike ontmoeting gemis, omdat jy te haastig was?
Dink aan die verhaal van Abraham waar hy vir Isak moes offer. (Genesis 22)
As Abraham te haastig was, sou hy die skaapram mis.
Mag jy opnuut besef jy word geroep om 'n visser van mense te wees
Die enigste manier om dit te doen is om saam met God te wandel.
Mag jy opnuut besef jy is Jesus se hande, voete en mond in die wêreld.
Lees die volgende teks
Eugene Peterson se Message vertaling vertaal hierdie vers as
"Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes."
Wat beteken dit vir jou, as iemand wat saam met God moet wandel in opregtheid, om te leer
hoe en waar jy 'n visser van mense kan wees?
Bid saam