aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

VREUGDE

Vreugde is iets waarna ons almal verlang, maar soms lyk dit so moeilik om te beleef. Om vreugde te beleef, behoort deel van elke Christen se lewe te wees. Vreugde is die vrug van die Heilige Gees en word net verkry deur God se werking in ons.

Ons weet dat selfs die mees volwasse Christene vreugdelose tye beleef. Job het gewens dat hy nooit gebore was nie (Job 3:11). Dawid het gebid dat hy weggeneem word na ‘n plek waar hy nooit met die realiteit te doen sou kry nie (Ps 55:6-8). So, hoe kan ons vreugde ervaar in ons Christelike lewe?


VRE.jpeg

 

1.Die eerste ding om te besef, is dat vreugde nie dieselfde as geluk is nie. Geluk is iets vir die oomblik en geluk gaan gewoonlik vinnig weg. Anders as geluk, is Vreugde ‘n hartstoestand. Vreugde is ‘n gawe van God, so wel as ‘n antwoord op die gawes van God. Vreugde kom wanneer ons bewus word van God se genade en Sy guns.

STRO.jpeg

(Rowwe storm, God is in beheer, en Sy belofde gee vir ons vreugde, gedurende die storm) Vreugde is om te besef dat God steeds in beheer is van die situasie, al lyk dit vir ons en al voel ons dit is rowwe omstandighede waaraan ons nie veel kan doen nie, Covid is n goeie voorbeeld daarvan.

Ons gaan tye van geluk en tye van ongeluk beleef, en deur dit alles behoort ons vreugde te hê, want ons weet wie in beheer is. Want ons ken Hom, en ons weet ons kan Hom vertrou.

Dit is soos om op n groot skip te wees, en dit is baie luuks en dit voel veilig en dit is lekker, maar dan breek daar n groot storm uit, en die mooi skip en alles wat lekker was is nou skielik nie meer so lekker nie, maar meer gevaarlik en onplisierig. Gaan ek en jy dan hardloop na die Kaptein en vir hom sê hoe en wat hy moet doen? Nee, ons vertrou hom, en ons het n hoop in hom om ons veilig aan die anderkant van hierdie storm te bring.

Net so moet ons op God vertrou en weet dat Hy in beheer is en dat Hy ons veilig aan die anderkant van die storm sal bring, want dit is juis dit wat Hy deur Christus aan die kruis gedoen het. Hy het vir ons n belofde gemaak dat ons veilig by Hom in Sy Koninkryk gaan wees as hierdie onvoorspelbare storm wat ons die daaglikse lewe noem verby is.

 

 

2. Met hierdie in gedagte, word dit duidelik dat een manier om vreugde te beleef, is om op God te fokus. Eerder as om op ons eie probleme af te kyk en op die dinge wat ons vreugde van ons steel, kan ons op God fokus. Dit beteken nie ons moet ons ontevredenheid ontken of enige negatiewe emosies nie, soos die Dawid dit baie sê: ons kan ons harte voor God uitstort. Ons kan alles aan Hom vertel wat ons pla, maar dan gee ons dit aan Hom oor en onthou wie Hy is. 

FOCUS.jpeg

 

Die boek van Filippense praat baie oor vreugde, alhoewel Paulus die brief in die tronk geskryf het. Filippense 4:4-8gee riglyne vir die belewing van vreugde in die Christelike lewe: 

FIL_4.jpeg

 

Hier sien ons die belangrikheid om God te prys, om te onthou dat Hy naby is, om te bid oor ons bekommernisse en om ons gedagtes op die goeie dinge van God gefokus te hou. Ons kan vreugde ervaar, as ons Hom aanhoudend prys. Ons beleef vreugde deur met God te praat deur middel van gebed en deur op goddelike dinge te fokus, eerder as op moeilike omstandighede of ontevredenheid.

 

 

3. In Johannes 15 het Jesus ook ‘n paar opdragte in verband met vreugde gegee. Hy het gepraat van Hom te gehoorsaam en in Hom te bly.

JOH_15.jpeg

 

Een van die sleutels tot vreugde is om in gehoorsaamheid aan God te lewe.

As ouers behoort julle hierdie waarheid te ken. As jou kind doen wat jy van hulle verwag, al is dit vir hulle nie baie lekker nie, soos om n gemors skoon te maak of om hulle speelgoed op te ruim of klein goedjies soos dit in die begin, en dan later groter goed, soos hulle moet skottelgoed was, of die swembad skoon maak of die honde se gemors skoon maak en optel, dan is dit vir jou as n ouer baie makliker om dan n guns vir hulle te doen, of om vir hulle geld te leen as hulle dalk geld soek, of om hulle met jou voertuig te vertrou. Maar, as hulle nooit enigeiets wat jy van hulle verwag doen nie, hoe sou die prentjie dan lyk? Ja, jy is verseker steeds lief vir hulle, maar nou is daar so half n wantroue in die verhouding, so daar gaan altyd n gestry wees of n pakslae wees of n les wat geleer moet word wees.

Dit is wel nou 2 extreems, maar julle kry die punt. 

Jesus sê baie duidelik dat Sy blydskap volkome in ons sal word wanneer ons in Sy liefde bly en as ons Sy opdragte uitvoer. As ons Hom gehoorsaam.

 

 

4.‘n Ander manier om vreugde te beleef in die Christelike lewe, is deur middel van gemeenskap met ander.

GEM.jpeg

HEB10.jpeg

WANTSOMMER.jpeg

Al gaan dit woes in ons persoonlike lewens, met rekeninge wat ophoop, met besighede wat vou, met planne wat nie uitwerk nie, met families wat nie stabiel is nie, met situasies wat ons teleur stel, en siekte en swaarkry en al die slegte dinge wat ons in ons lewens hier op aarde beleef, het ons wel n vaste hoop in Jesus Christus en in wat Hy vir ons kom doen het. Hebreers 10 se deel wat ons nou gelees het sê dit so mooi en direk. Ons kan dit weer lees, of gaan lees dit by die huis, ek dare jou.

Die skrywer herinner ons in dieselfde asem dat ons vrye toegang tot God het en dat ons in Sy teenwoordigheid kan wees deur die werk wat Jesus aan die kruis gedoen het, en dat ons mekaar as gelowiges nodig het.

Deel jou seer, jou swaarkry, jou teleurstellings, jou slegte ervaarings, besigheids voute, en goed soos dit met jou vriende wat ook kinders van God is, wat opreg is, want hulle sal jou aanmoedig en bemoedig. Hulle sal jou herinner om aan God en Sy belofdes vas te hou, al lyk die omstandighede power…

Vreugde is bedoel om ‘n handelsmerk van die Christen se lewe te wees. Dit is ‘n vrug van die Heilige Gees en ‘n gawe van God. Ons kry die maklikste hierdie gawe as ons op die waarheid fokus, wie God is, deur gebed gemeenskap met Hom het en steun op die gemeenskap van gelowiges wat Hy voorsien het.

 

BID SAAM

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting