aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Die goeie herder is ons voorbeeld

skaap1

Lees saam Johannes 10:1-21, die storie van die Goeie Herder.  Dit is 'n baie bekende verhaal, maar wat staan vir jou uit in die teks hierdie week?  Het jy al bietjie gewonder oor die omstandighede waarin Jesus hierdie storie vertel het?  

Die Fariseers, wat veronderstel was om die geestelike leiers van die gemeenskap te wees, het nie omgegee oor die siekes en kruppeles nie (dink aan die verlamde by die bad van Betesda).  Hulle het die vrou wat owerspel gepleeg het veroordeel, maar haar terselftertyd gebruik om Jesus vas te trek.  Die blinde man in Johannes 9 wat weer kon sien, is uit die sinagoge gegooi omdat hy nie aan hul vereistes voldoen het nie.  

Het jy al sulke tipe leierskap in jou eie geledere teegekom? Jesus het gekom vir al die verlorenes en gebrokenes, maar ook om die leierskap van Sy kerk en Sy kudde aan te spreek. 

skaap4

Lees Esegiel 34.  Die profete in die Ou Testament het reeds opgemerk dat die leiers die oorsaak was van die probleme met die Israeliete.  Watter nood identifiseer die profeet Esegiel in vers 1-10?  Hoe vergelyk dit met die nood wat daar tans in ons huise en gemeenskappe is?  

God sê in vers 20-21 dat Hy iemand gaan stuur om dit te verander - ons weet Hy gaan self kom om die Goeie Herder te wees.  Jesus kom vir genesing, maar ook om die leiers te herinner aan hul taak en rol hierin.  

skaap7

Lees Johannes 21:15-19.  Wat staan vir jou uit in die opdragte wat Jesus vir Petrus gee?  Hoe kan Petrus sy liefde vir Christus wys?  Jesus vra van Petrus om nie net sy skaap te wees en 'n volgeling van Hom nie, maar ook 'n herder - 'n geestelike leier en voorbeeld vir ander.  

Dit maak nie saak hoeveel plase jy het of hoeveel skape nie, wat jy al alles bereik het of hoe suksevol jy is nie - wat saak maak is of jy God se kudde versorg, oppas en lei. Die storie in Johannes 10 kom gee vir die Fariseers 'n voorbeeld van ware geestelike leierskap.  Lees ook 1 Petrus 5.  Wat dink jy kan ons by die Goeie Herder leer oor leierskap?  Hoe moet ons ons kerke lei, ons gesinne, ons maatskappye?

skaap2

Een van ons plaaslike kerke het jare terug 'n projek in die Suide geloods om vir 'n gemeenskap daar van 'n trop skape te voorsien.  Die skape sou vir hulle 'n doel gee, 'n werk.  Deur die skape te versorg, te beskerm en te voed, sou hulle kon geld maak en 'n toekoms vir die gemeenskap.  Toe die gemeente egter die skaapboedery gaan besoek, was daar niks.  Die skape is opgeëet by die Kersete... en daarmee saam die toekoms en vooruitgang van die gemeenskap.  

skaap6

Jesus waarsku dat die rowers en diewe van die binnekant af kom - leiers wat vir hulself sorg, hul eie opinies, gryp en vat wat hulle nodig het, selfs trap op hul eie mense om bo uit te kom.

In plaas daarvan om met gesag, mag, vrees, diktatorskap te lei, herinner Jesus ons daaraan om soos herders te lei - met nederigheid en waagmoed.  Hoe kan jy met nederigheid en waagmoed in jou gesin 'n leier wees?  In die kerk?  In jou werksplek?  Nederigheid en waagmoed vra van ons om bereid te wees om mense te leer wat nie soos jy dink of doen nie, om uit te reik na mense van wie jy nie hou nie (Joh 10:16), om 'n deernis te hê vir sondaars en gebrokenes en verlorenes.

skaap5

Die oproep is hard en duidelik: die mense dwaal rond, die gemeenskap is broos, want ons kort leiers!

Hoe kan jy 'n herder-leier soos Christus wees?

skaap9

1. Ken jou kudde en ken jou herder.  Enige suksesvolle leierskap, begin by 'n volgelingskap van Christus.  Jy kan Hom net ken deur 'n intieme verhouding en jy kan die mense in jou kudde ook net versorg as jy tyd saam spandeer, na mekaar luister, in diep gesprek met mekaar tree.  Hoe kan jy dit in jou gesin doen?  Hoe kan jy dit in jou werksplek doen?

2. Lei die kudde.  'n Leier hardloop nie weg van teenstand nie, of gaan nie saam met elke nuwe stroom nie.  'n Leier lei sy volk deur die storms.  'n Leier maak besluite in belang van die hele kudde en neem die kudde saam met hom.  Neem jy mense saam met jou op reis, of loop jy vir hulle weg, of kruip jy weg?

3. Voorsien vir die kudde.  Voer die kudde met die nodige geestelike kos wat hulle nodig het.  Voorsien in hul basiese behoeftes om hulle beter te maak.  God gee sy skape vir ons om op te pas; wat kan ons doen om hulle in dieselfde of beter toestand terug te gee aan Hom?

4. Beskerm die kudde.  Watter grense moet ons stel om te verseker dat die vyand nie ons kudde bykom nie?  Lees Handelinge 20:28-30.  Wat kan ons uit hierdie gedeelte leer?

Kyk die kort video oor Bybelse leierskap.

Craig Groeschel GLS Leadership

Bid saam:

Here, dankie dat U die hek vir ons oopgemaak het om U kudde te kan wees.  

Mag ons nederige volgelinge van U word.  

Here gebruik ons ook om met waagmoed 'n voorbeeld te wees vir ander wat dalk anders as ons is, nie soos ons dink nie.  

Mag ons nooit te besig wees om mense se harte en siele te red en hul geestelik te voed nie.

Amen.

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting