aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

MENSE HELP JOU ONDERSKEI

on1Sou dit nie lekker wees om 'n volledig uitgewerkte program van God te kon ontvang vir jou lewe nie? Dit sou alles soveel makliker gemaak het, maar dit is nie in lyn met God se wil nie.  Hy wil 'n verhouding met jou hê en hê jy moet Hom volledig ken, daarom openbaar Hy Sy wil gedeeltelik deur die Skrif, stiltetyd en ander mense rondom ons.  

Kyk na hierdie "birdfeeder" - net soos die voëls elke dag terugkom vir saadjies, openbaar God Homself daagliks aan ons sodat ons sal aanhou terugkom na Hom toe.  Hoe help dit jou om God se wil vir die samelewing beter te verstaan?  

Hoe dink jy praat God met jou vandag?  Wat is jou antwoord hierop?  Ons weet reeds uit die Skrif wat God se oorkoepelende doel op aarde is, en God se wil vir jou persoonlik sal binne daardie raamwerk wees.  Is jy bereid om daardie verbintenis vandag te maak, dat jy nie net sal hoor nie, maar ook sal gehoorsaam!

on2

Kom ons lees die storie van Rehabeam saam in 2 Kronieke 10:1-19.  

Rehabeam, seun van Salomo, was nie 'n baie gewilde en suksesvolle leier nie.  Dit was tydens sy heerskappy dat die koninkryk in twee geskeur het - Israel in die noorde en Judea in die suide.  Lees hierdie teksgedeelte en merk op hoe Rehabeam sy besluite gemaak het, wie hy geraadpleeg het en wat die gevolge daarvan was.  

on4

Wat dink jy het Rehabeam reg gedoen?  

1. Hy het tyd gevra om te dink.  

Ons hoef nie oorhaastige besluite te maak nie.  Dis nodig om te dink, inligting te versamel, opsies te oorweeg en die nodige hulpbronne te raadpleeg.  

2. Hy het advies gaan vra.  

on5

Die Hebreeuse woord vir "raad/advies" wat in die teks gebruik word is et-sah.  Dit verwys na omsigtigheid.  Jy het ander mense in jou lewe nodig om agter, voor en langs jou te kan sien.  Sonder ander mense se insette, gaan jy nie die Here volledig kan ken of sien nie.  

Neem jy ander mense se opinies in ag voor jy besluite maak?  Luister jy na en oorweeg jy ten minste wat ander mense sê?  Partykeer kry jy nuwe perspektief net om dit met ander mense te deel.

3. Rehobeam het verskillende mense se opinies gevra.  

By vra jy raad?  Is dit net by mense wat jy weet vir jou antwoorde gaan gee waarvan jy hou? Dalk moet jy eerder by mense aanklop vir raad wat is soos wat jy graag wil wees, eerder as om net te luister na mense wat is waar jy nou is...  

Rehabeam het egter meer verkeerd gedoen as wat hy reg gedoen het.  Wat staan vir jou uit?

on41. Hy het tyd afgeneem om te dink, maar in daardie tyd glad nie gebid tot God nie.  

Ons het vandag die Heilige Gees, gebed en die Skrif wat ons kan help om God se wil te onderskei en dit moet deel wees van ons proses van onderskeiding.  

on7

Lees hierdie teksverse.  Wat beteken dit vir jou?  

2. Rebaheam het na die verkeerde raad geluister - die raad wat nie noodwendig reg was nie, maar waarvan hy gehou het.  God se wil sal altyd seëvier, ten spyte van mense se raad.  

Waar het jy al na mense se raad geluister, al het jy geweet dis loodreg teen God se wil? Watter mense in jou lewe weet jy kan jy vertrou met raad omdat hulle jou beste belange op die hart dra en self 'n pad met die Here stap?  

on8

Rehabeam se lot het egter begin nog voor hy self besluite gemaak het.  Sy pa, Salomo, se foute en tekortkominge het gemaak dat hy nie 'n goeie voorbeeld gehad het van mentorskap, onderskeiding en wysheid nie.

on9

Mentorskap is 'n eeu-oue en Bybelse beginsel waar mense 'n pad met mekaar stap en mekaar leer om 'n meer intieme verhouding met Christus te hê en te groei in hul persoonlike geloof.  Het jy iemand waardevol in jou lewe met wie jy belangrike, intieme en geestelike kwessies kan deel?  

Buiten die raad wat jy van ander kry, moet jy besef jy het ook 'n verantwoordelikheid om vir iemand anders 'n ligpunt, baken, rigtingwyser te wees. Watter voorbeeld is jy vir ander?  Hoe help jy ander om die wil van God te onderskei?

on10

 Wees 'n onderwyser.  

Moet nooit ophou leer, verkondig, vertel, raad en ervaring deel nie.  

Wees 'n soldaat.  

Wees op die uitkyk vir God se stem, wees bewus, paraat, soekend en gereed om God deur mense te ontmoet.  

Wees 'n atleet.  

Beoefen gehoorsaamheid aan die wil van die Here, wees gedissiplineerd en gefokus in jou dade.  Dit is die area waarin Salomo heel waarskynlik die meeste misluk het om vir sy seun Rehabeam die pad te wys.

GEBED.  Mag 2 Kronieke 20:12 jou gebed wees:

Here, ek weet nie altyd wat om te doen nie, maar ek weet U lei my en U praat met my deur die Skrif en mense rondom my.  Mag ek nederig genoeg wees om te luister en mag ek standvastig genoeg wees om te weet wanneer mense se raad teenstrydig is met U wil.  

Amen.

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting