aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

God - die Meester Strateeg

101Lees die storie van Petrus en Kornelius in Handelinge 10:1-35.  

Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?  Wat verstaan jy nie of sou jy graag meer van wou weet?

Daar is 'n hele paar dinge wat hierdie teks ons wysmaak: Kornelius, 'n heiden, vra nie vrae nie en volg dadelik God se stem na 'n vreemde plek en vreemde persoon.  Petrus, 'n Jood, kry 'n visioen dat hy nie moet vaskyk teen wat rein of onrein is nie.  

102

Twee persone van verskillende nasies, kulture en omstandighede wat nie met mekaar meng nie, maar tog maak God 'n plan om hulle bymekaar uit te bring om Sy groter plan te laat werk.  

God se boodskap is duidelik: ons moenie oordeel nie, differensieer of stereotipeer nie - almal wat Hom dien is deel van Sy plan!  

Watter persone is daar dalk wat jy oordeel op grond van hul "uiterlike", posisie in die samelewing, instansie, dorp of nasie...?  

103

Buiten hierdie belangrike les, leer die storie ons ook dat God 'n meester strateeg is.  Hy het 'n goed uitgewerkte plan wat Hy nie gaan laat vaar nie.  Dink 'n bietjie aan die Ou Testament en waar God die regte mense op die regte tyd op die regte plek geplaas het om Sy plan tot uitvoer te bring...

Hoe sien jy God se plan in Handelinge 1:8, die res van die boek Handelinge en nou in Handelinge 10?  God se plan was altyd om by die Israeliete te begin, in Jerusalem, na Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld.  God se werk gebeur nie maar net toevallig nie, maar is deurdink, goed uitgewerk en strategies sinvol.

Kornelius het God se plan vertrou sonder om vrae te vra!  Sonder om al die besonderhede te ken...  

104

Petrus woon in Joppe, 'n kusdorpie met 'n belangrike strategiese ligging, van hier af brei die kerk na al die nasies uit.  Weet jy dat Joppe ook die plek was waarheen Jona in die Ou Testament gevlug het toe hy van God af weggekruip het en nie Nineve toe wou gaan nie? Hy is op die ou einde Tarsus toe en oppad het 'n vis hom ingesluk - waar het sy planne, of die versuim om God se plan te volg, hom uitgebring?

Baie keer voel dit asof ons lewe in 'n doodloopstraat is, 'n "dead end", dinge werk nie uit nie, ons voel onvergenoegd en ontevrede in ons daaglikse lewe, ons planne is op...

God laat staan ons nie daar nie... Hy los nie los punte onopgelos nie.  As jy Sy wil soek, maak Hy 'n weg oop!  

Waar Jona die stukkies in Joppe gelos het, tel God die storie op en gee nou vir Petrus 'n kans om die evangelie aan heidene te gaan versprei.  Gelukkig vertrou Petrus op God se plan en sê Petrus ja!  Sy naam is nie verniet Simon Barjona (Matteus 16:17) nie - Hy is die tweede Jona!  Waar Jona die deur toegemaak het, het God dit weer oopgemaak.  Waar God wil, sal daar 'n weg wees.

Daar waar jou planne opraak, kan jy weet dat God se planne nooit opraak nie.  Hy slaap nie en Hy sluimer nie, Hy is gedurig aan die werk.  

109

Kyk bietjie na die woord "Terwyl" in Handelinge 10 - dit kom 'n hele paar keer voor.  

Terwyl Kornelius die Here gehoorsaam, gebeur daar reeds iets etlike kilometer verder in Petrus se huis.  

Terwyl Kornelius oppad is, word Petrus reeds deur die Heilige Gees voorberei vir die gaste wat hom gaan besoek.  

Terwyl jy vasgevang is 'n "maze" en jou planne op is, gaan God se plan genadiglik steeds voort.  Net soos wat Handelinge 10 en 11 twee kante van dieselfde storie vertel, is daar twee stories in ons lewe - joune en God s'n.  

Wat maak jou tans moedeloos?  Waar het jy 'n droogte bereik?  Waarmee worstel jy tans?  Kyk op - die Here is reeds besig om 'n nuwe pad vir jou voor te berei, as jy aanhou soek na Sy wil.  

111

Lees Spreuke 3:5-6 en Jeremia 29:11.  

Hudson Taylor was 'n sendeling na China wat baie teenkanting in die gesig gestaar het - die vrou met wie hy jare later sou trou het aanvanklik nee gesê, mense het nie die evangelie aanvaar nie oor die manier waarop hy aangetrek het, maar Hy het bly vashou aan God se plan vir Sy lewe en baie sukses en seen ervaar op die einde.  Hy het nie opgegee nie.  Sy motto was: Move man, through God, by prayer alone."  Jy hoef nie vasgevang te wees in hopeloosheid en mismoed nie, bid tot God en Hy sal 'n nuwe deur vir jou oopmaak.

108

Lees ook hierdie aanhaling van hom. Wat beteken dit vir jou?  

Waar moet jy God vertrou om die pad te wys?  Dink 'n bietjie wat die "toe" deure tans in jou lewe beteken... en wat God deur die "oop" deure in jou lewe wil doen... Ons lewe voel dalk soos 'n warboel van deurmekaar dinge en ons sukkel om ons pad vorentoe te vind - baie soos 'n "maze"!

106

Weet jy wat is die beste manier om 'n "maze" op te los?  Jy begin by die eindpunt (die kasie!) en werk jou pad terug!  

God se plan begin by die einde, dit wat Hy vir ons belowe, en dan maak die hoe en wanneer nie so erg saak nie.  Ons planne begin by onsself en loop dan gou op 'n dooie punt uit.  

Het jy 'n 3-jaar plan of 'n 5-jaar plan?  Het jy dalk 3 jaar terug of 5 jaar terug so 'n plan opgestel?  Hoe verskil jou lewe vandag van daardie plan?  God vra nie van ons om 3-jaar planne of 5-jaar planne uit te werk nie, maar om gehoorsaam te wees in die nou en hier.  

Is jy beskikbaar vir God se plan in jou lewe?  Vertrou jy Hom om die pad te wys?  

Begin by hom (die kasie in die "maze"!) en Hy sal jou die pad wys.  

112

Kornelius se pad was Joppe toe - wie weet wat God dalk vir jou beplan om die volgende draai...  Is jy dalk vasgevang in ou gewoontes, ou maniere van doen?  Ry hierdie week 'n ander pad werk toe, of neem 'n nuwe pad kerk toe of huis toe - God het ons deur die Heilige Gees die vermoeë gegee om nuut te dink en van rigting te verander.

BID:  

Here, mag ons planne nooit opraak nie.  

Mag ons nooit stagneer en opgee omdat ons moedeloos is nie, maar mag ons aanhou vertrou dat U 'n beter plan het, beter en groter as enige iets wat ons kan verwag of voor bid.  

Here, ons vertrou U vir die groot dinge in ons lewe, maar ook vir die klein dinge.  

Amen.

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting