Ons gaan vandag na hierdie deel in Handelinge 18 kyk waar Paulus na Korinte toe gegaan het om die evangelie van Jesus te gaan verkondig.
Lees Handelinge 18:1-17 saam.
Elke liewe een van ons het al iewers in ons lewens teleurstelling en moeilike omstandighede beleef. Waar ons 'n verwagting gehad het dat iets dalk op 'n sekere manier gaan uitdraai, of daai vriend het iets gesê en dit het toe net nie gebeur nie. Of by jou besigheid was daar 'n deal waaraan jy vrek hard gewerk het wat toe deur die mat geval het, of in jou eie gesin of familie was daar belofdes gemaak wat net nie gehou was nie.
Dit is presies soos om 'n baie steil bult met 'n fiets te ry... Dit is swaar en moeilik...
Hierdie teleurstellings het 'n manier om ons harte kliphard te maak, dan beskerm ons onsself so teen daardie omstandighede of teen daardie persone dat ons dit pleinweg net vermy.
Dit is om die bult te sien aankom, en dan besluit jy om liewers jou fiets neer te gooi, as om hierdie bult aan te pak...
Paulus se reise kan ons met hierdie vraag help...
Paulus is 'n ongelooflike karakter. Hy het Jesus op die pad na Damascus ontmoet en sy lewe was nooit weer dieselfde nie. Hy het van 'n man wat Christene vervolg oor die Evangelie, tot 'n man wat die Evangelie verkondig, tussen die Jode en die Nie-Jode. Hy het 2/3 van die Nuwe Testament geskryf, en hy het met alles in hom op die Here vertrou.
Met al sy Evangeliese Reise het hy baie pyn en leed beleef. Mense het hom so met klippe gegooi dat hulle gedink het hy is dood. Hy het 3 keer skip-breek gely. Hy was deur 'n slang gepik, en hy was kort kort uit die verskillende dorpe wat hy besoek het uit gejaag. Hy was meenigde male in die tronk gegooi, geslaan en verneder, nie omdat hy 'n dief of 'n slegte mens was nie, maar eenvoudig omdat hy die goeie nuus oor Jesus verkondig het...
Paulus het tot die dag van sy dood aan gehou om die Evangelie van Jesus te verkondig, al het hy al hierdie horrible belewenisse gehad.
HOEKOM? Sou ek of jy dit regkry?
Hy het 100% staat gemaak op die Here se leiding en op Sy liefde en krag om deur al hierdie slegte omstandighede te gaan vir die doel om Jesus se Evangelie te verkondig.
Lees Handelinge 18:1-3 saam.
Wat staan vir jou uit? Gesels hieroor.
Dink bietjie terug in jou lewe waar jy dalk deur 'n moeilike tyd gegaan het. Was jy heel alleen gewees? Was daar dalk iemand wat saam met jou daardeur gegaan het? Het jy uit geryk na ander in jou omstandighede of was daar net niemand gewees nie?
Onthou net dat jy deel is van 'n groot liggaam, met baie lede. Soms wil ons alleen deur ons omstandighede gaan. Dit is nie baie slim om dit te doen nie. Want dan maak jy staat op jouself.
God is getrou, en Hy het juis belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie..
1ste: God is by jou in jou moeilike omstandighede.. Dink weer terug aan daai moeilike tyd waardeur jy gegaan het - Het jy naby of ver van God beweeg? Het jy Hom vertrou of het Hy gladnie 'n rol in jou omstandighede gespeel nie?
2de: God stuur mense oor jou pad. JA, soms moet ons uitreik na hulle toe, maar is steeds oor ons pad gestuur.
Paulus het uitgereik na hierdie gelowiges waarvan hy geweet het, en God het dit so laat uit werk dat hulle soos Paulus tentmakers was. Alles het mooi uitgewerk vir Paulus se werks omstandighede en vir sy verblyf in Korinte - sodat hy kan fokus op sy roeping.
Lees Handelinge 18:5-6 saam.
Wat staan vir jou uit? Gesels hieroor.
Ons het dit ook al beleef. Waar jy soveel tyd en moeite insit, alles wat jy het gee, maar eenvoudig word dit nie aan die anderkant raak gesien nie. Daar is geen verandering wat plaasvind nie, en iewers op 'n stadium word jy moedeloos.
Paulus was moedeloos, ja, maar hy het nie opgehou om gehoorsaam te wees aan God nie...
Lees Handelinge 18:9-10 saam.
Wat staan vir jou uit? Gesels hieroor.
Paulus was bang en hy het opgegee, omdat hy al soveel keer deur presies dieselfde omstandighede gegaan het.
Hy gaan by 'n dorp of 'n stad in. Dan gaan hy heel eerste na die sinagoge toe om met die Jode oor Jesus te praat, en dit word gewoonlik 'n redenasie. Party van die Jode gee hulle harte en lewens vir Jesus, maar die meerderheid jaag vir Paulus weg, of hulle wil hom in die tronk gooi, of hulle wil hom dood maak. Stad na stad, Sinagoge na Sinagoge was dit sover wat Paulus beleef het..
So in Korinte het Paulus sy klere afgestof voor hulle hom wou skade aan doen, of hom wou weg jaag.
Dalk is dit waar jy staan, iewers in jou lewe. Jy het al soveel seer gekry op die selfde maniere en op dieselfde plekke en met dieselfde mense dat jy dit vermy. As Die Here dit op jou hart druk om terug te gaan of om iets te doen of te sê, maar vrees briek jou in jou skoene, weet net dat God getrou is en dat Hy by jou is.
Lees Handelinge 18:11-17 saam.
Wat staan hier vir jou uit? Gesels hieroor.
Hier het Paulus dalk gevoel dit is nou net weer soos altyd. Hulle gaan hom in die tronk gooi, of te lyf gaan of aanrand en wegjaag, maar God bly getrou.Die Here gebruik toe die nuwe goeweneur om Paulus te beskerm sonder dat hy dit eens weet.
As jy gehoorsaam is en doen wat God van jou verwag, sal Hy getrou bly.
Baie van ons dink dat omdat ons nou gelowiges is en omdat ons nou die goeie werk doen (1,2 & 3) moet dit natuurlik die heeltyd goed gaan..Maar die realiteit is dat die wêreld vir my en vir jou haat. Hier beleef ons dit nie dalk elke dag nie. Maar wat ons wel beleef is moeilike omstandighede..
Die Here gebruik baie keer mense of situasies wat baie ver buite ons beheer is om ons te beskerm.
Dink weer oor hierdie vraag.
Bespreek in jou groep.
Mag Handelinge 18 en Paulus se verhaal vir ons herinner dat:
Bid saam
AMEN