Wanneer jy dink aan 'n hanger, hoeveel moontlike funksies kan jy aan dink waarvoor dit gebruik kan word?
Baie meer as net 'n hanger vir klere...
Lees die volgende teks gedeelte in Handelinge 22
Wat staan vir jou uit in die storie van Paulus waar hy vertel hoe die Here Jesus hom sy nuwe funksie die kerk gegee het?
Wanneer jy dink aan Paulus watter eienskappe het hy reeds gehad wat die Here Jesus nou gebruik het om die koninkryk van die Here te groei?
Ek glo die Here het 'n wonderlike droom en doel vir elkeen van ons in die groter koninkryk met die manier hoe ons geskape is en ons elkeen se gawes soos Paulus.
Lees die volgende teks gedeelte-
Wat staan vir jou uit in die teks gedeelte?
Vers 13 is belangrik om met jou hele hart na die wil en doel van die Here te vra- hoe doen jy dit tans?
Wanneer laas het jy na jouself in die spieël gekyk en jouself herinner jy is 'n kind van die Here die almagtige?
Die groot probleem is baie keer kyk ons net vas aan die buite kant?
Die storie van 1 Sameul 16 herinner ons baie mooi dat God kyk na die hart en nie na die buitekant nie-
Het jy al na mense gekyk en gedink daar is nie meer hoop nie, hulle sal nooit verander nie. Lees weer Handelinge 22:12-13. Ananias het geweet wie Paulus was en tog het hy die waagmoed saam met die Here gehad om Paulus te gaan sien.
Wanneer laas het jy met so hart na mense gegaan wat nog nie hulle lewe wy aan die Here se koninkryk?
Mag jy opnuut weer na mense kyk met die hartklop van die evangelie - lees die volgende teks gedeelte
Wat staan vir jou uit aan hierdie teks gedeelte? Paulus was daar; skarlakenrooi, purperrooi. Die Here gee hom 'n nuwe funksie. Dis die evangelie.
Mag jy weer opnuut na jouself kyk met die oë van die Here
Jy het baie meer wat jy kan gee en wees as wat jy dink
Mag jy ook so kyk na ander mense op jou!
bid saam