Ons het die afgelope 2 maande na die boek van Handelinge gekyk, en 'n hele paar praktiese Christelike beginsels saam deur gewerk. Ons het baie saam ontdek wie God is en hoe Hy ons gebruik om Sy dissipels te wees. Paulus is natuurlik 'n wonderlikke voorbeeld wat ons het.
Die storie waarop ons vandag gaan fokus begin al in Handelinge 26... Lees Handelinge 26:1-23 saam, en gesels oor alles wat jy opmerk.
Lees Handelinge 27:21-26 saam.
Wat let julle hier op?
Die skip het gestrand geraak op 'n sand bank en al 276 manne het die skipbreek oorleef...
Hulle het na die eiland Malta toe geswem.
Lees nou ons hoof teks saam deur. Handelinge 28:1-6.
Wat staan vir jou uit in hierdie storie?
Handelinge 28:3 "Paulus het 'n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar 'n slang uitgekom, en dit het aan sy hand vasgebyt."
Paulus sit in 'n krisis.
Hy het sopas 'n klomp mense se lewens gered en nou is hy besig om hulle te bedien ook nog, en hy word nou deur 'n slang gepik... Paulus kon netsowel verwag dat die mense hom nou soos 'n "VIP" sou hanteer, maar hy het hulle bedien. Hy het nie meer van homself gedink nie. En al is Paulus opreg en steeds 'n diennaar, word daar krisis na krisis na hom toe gegooi...
Sit jouself bietjie in Paulus se skoene... Die algemene reaksie nadat ons groot goed vir ander gedoen het (soos om hulle elwens te red) voel ons ons moet op die hande gedra word, of ons moet bedien word en met 'n sekere respek gehanteer word...
Dink bietjie aan hoe jy hierdie krisis hanteer het.
Wat het jy dedink?
Wat het jy gedoen?
Binne hierdie krisisse, doen wat Paulus gedoen het...
Paulus het op God vertrou, en aan Sy belofdes vas gehou. Hy het geweet dat hulle die skipbreek sal oorleef. Want die Here het hom gewaarsku en vir hom gerus gestel dat almal gered sal wees. Hy het aan God vas gehou...
Omdat ons fokus op God bly in die oomblikke wat ons krisisse beleef, wil ons julle bemoedig om die SLANG VAN KRISIS in die vuur af te skud...
HOE? Fokus op die Here en op Sy beloftes...
Handelinge 28:4 "Toe die mense die slang aan Paulus se hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man moet beslis 'n moordenaar wees. Al is hy uit die see gered, wil die goddelike wraak hom nie laat lewe nie.”
Mense kritiseer gewoonlik iets as hulle nie genoeg daarvan weet nie, of as hulle dit nie verstaan nie..
In ons lewens beleef ons baie kritiek. Besigheids mense beleef kritiek, Huis mammas beleef kritiek, Studente beleef die heeltyd kritiek, kinders beleef kritiek, almal beleef kritiek.. Soms is ons die mense wat kritiseer, soms word ons gekritiseer. Dit is iets wat daagliks gebeur.
Moses was een van die groot Bybel figure wat konstante kritiek beleef het. Jesus was en is die grootste en mees prominentste figuur en leier en redder van die heelal, het konstant kritiek beleef.
As ons nie versigtig is nie, sal die kritiek van ander ons of manipuleer om soos hulle te doen en dink, of hulle kritiek sal ons heel oorwin, en dit briek ons in ons spoor.
Kritiek maak dat mense opgee, dat hulle hul drome weg gooi.
Positiewe kritiek is wanneer iemand vir jou in die regte rigting leiding gee, wanneer jy iets regs doen, maar dit beter kan doen - dit is goeie kritiek...
Maar ons praat van slegte kritiek... Waar jy die regte goed doen of goeie goed doen maar die mense het net slegte goed om daaroor te sê...
In daardie geval, haal jou fokus van die kritiseerders af en fokus weer op Jesus. Hy sal vir jou die regte en nodige leiding gee in dit waarmee jy besig is..
As jy soos Moses is sal jy aan God vashou en gehoorsaam wees aan Hom, al kritiseer die mense jou. As jy soos Jesus is, sal jy vir dié wat jou kritiseer sterf.
Skud die slang van Kritiek in die vuur af.... Fokus op Jesus...
Handelinge 28:6 "Hulle het gewag dat hy moet opswel of skielik dood neerslaan, maar nadat hulle 'n lang ruk gewag het en gesien het dat daar niks ongewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en gesê hy is 'n god."
Hierdie mense het nie enige hoop gehad of enige iets wat goed is verwag om te gebeur nie.. Hulle was skepties.
Soveel van ons het al skeptise opmerkings van iemand af gekry..
Jy sal dit nooit maak nie. Dit sal nie werk nie. Hoekom wil jy dit doen? Waar gaan jy die tyd kry? Hulle sal nie na jou luister nie...
Die probleem met hierdie Sinise woorde in ons lewens, is dat dit gewoonlik oordra en vir ons ook skepties maak. Dit maak dat ons in onsself twyfel, self dat ons in die Here se woorde en Sy roeping in ons lewens ook twyfel.
Die slang van Sinisme is een wat ons ook in die vuur moet afskud... Om nie na die negatiewe woorde van hulle wat skepties is te sit en luister nie, maar om vas te hou aan die Here en om aan te hou om gehoorsaam te wees aan Hom...
Dit is wat Paulus gedoen het...
Hy het die slang van die Krisis waarin hy sit afgeskud, en aan die Here vas gehou..
Hy het die slang van hulle Kritiek af geskud, want hy het geweet wie hy is in die Here en dat die Here hom nie sal verlaat nie.
Hy het die slang van hulle Sinisme of skepties wees af geskud, omdat hy die Here ken en geweet het dat hy gehoorsaam moet bly aan die Here en dat die Here getrou bly in Sy beloftes...
Paulus se fokus was al die pad op die Here...
Hy het geweet hy moes Rome toe, en hy het geweet dat hy Rome toe gaan gaan, omdat hy dit van die Here af gehoor het. So al die slegte goed wat met hom langs die pad gebeur het, was nie vir Paulus groot genoeg om sy fokus te steel nie. Hy het die eind doel in die oog gehou, en wat okal langs die pad gebeur, is kleintjies, want die Here is by hom.
Mag ons in ons huwelikke, in ons gesinslewens, in ons vriendskappe, in ons besighede, in ons af tye aan die Here vashou en ons fokus op Hom gerig hou.
In ons lewens is die Here ons meester, en in alle omstandighede is Hy by ons en Hy het 'n doel vir ons elkeen, en Hy roep ons elkeen, en Hy is lief vir ons elkeen. So mag ons aan Hom vaskleef en aan Hom behoort. So 'n Jesus kind wees dat wat okal gebeur, ons steeds ons fokus op Hom gerig kan hou. Ons eind doel is om saam met Hom in Sy Koninkryk te wees.
Bid saam.