aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Wie is jou Judea?

Screenshot 2022 08 14 at 3.46.47 PM

Fresh is besig met ons reeks oor Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die aarde.

Screenshot 2022 08 14 at 3.47.20 PM

Handelinge 1:8 beopdrag ons as gelowiges om in al vier van hierdie areas die evangelie te bevorder en dit te leef.

Screenshot 2022 08 14 at 3.47.12 PM

Ons huise is Jerusalem - hierdie is die kern bastion waar ons die pad begin stap met die evangelie en ons Here Jesus Christus.

Screenshot 2022 08 14 at 3.48.49 PM

Ons het familie en vriende gekoppel aan ons huise wie ons Judea behels. Jesus het ook Familie en goeie kennisse gehad wat hom nie goed gesind was nie. Dink aan Markus 3:21&31 waar sy eie familie hom aanvat. 

 Screenshot 2022 08 14 at 4.12.48 PM

Hoe lyk jou familie boom, wie is die individue waarmee jy sukkel, wat jou moeg maak, wat jou emosioneel uitput en waarmee jy sukkel om saam te pad van Jesus Christus te stap?

Lees die volgende hoofstukke in Genesis - die storie van die interaksie tussen Jakob en Laban.

Screenshot 2022 08 14 at 4.13.05 PM 

 Wat staan vir jou uit in die storie van Jakob en Laban?

 Kyk weer na die dele waar die Here vir Jakob herinner wie hy is asook Laban se droom waar die Here vir Jakob intree.

Het jy sulke familie of familie vriende wat jou Judea behels? Individue wat jou geestelik moeg maak...

Screenshot 2022 08 14 at 4.12.56 PM

Ons gaan vandag kyk wat leer ons as gelowiges om soos Jesus grense te stel vir interaksie met sulke individue.

Screenshot 2022 08 14 at 4.19.58 PM

Die kern probleem is dat hierdie individue nie die Here se woord as riglyn gebruik nie.

Hulle sien hulself as hulle eie God.

Hulle gebruik mense en selfs hulle eie familie om hulle eie agenda te realiseer.

 Dikwels gaan emosionele manupilasie gepaart in sulke gevalle.

Wat leer jy uit Jakob se storie - in sy hantering van Laban?

Screenshot 2022 08 15 at 2.26.52 PM

Jesus het ook interaksie met sulke karakters gehad - dink aan die ryk jong man.

Wat staan vir jou uit in Jesus se interaksie met hom?

Screenshot 2022 08 15 at 2.27.04 PM

Belangrik dat jy moet bid oor die gesprek.

Belangrik dat jy met ander gelowiges daaroor moet gesels.

Belangrik dat jy dit nie op sosiale media moet doen nie -

Belangrik vat 'n getuie saam

Jesus se opheldering gesprek met Petrus nadat hy Jesus verloën het het gedraai ten goede van die evangelie-

MAAR - baie keer moet jy grense stel.

Grense wat jou Jerusalem beskerm en hulle hou by die riglyne van die evangelie van Jesus.

Lees weer Josua 1:5-9

Met wie moet jy 'n gesprek gaan hê in jou Judea area?

Screenshot 2022 08 15 at 3.50.25 PM

Mag jy die Here se nabyheid ervaar in die gesprekke

Mag jy opnuut saam met die Here wandel soos Jakob en ook so jou Jerusalem beskerm.

Screenshot 2022 08 15 at 3.50.35 PM

Bid saam

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting