aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

SAMARIA

a1.jpeg

Hier by Fresh wil ons graag al 4 hierdie dele bereik, maar in die konteks van vandag. Ons gaan nie letterlik in Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld gaan getuig dat Jesus die Messias is en die Redder van die wêreld is nie, maar liewers by die Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld van ons daaglikse lewens...

Ons het begin deur te gesels oor ons Jerusalem as jou huis gesin; almal wat 'n yskas deel. 

Toe gesels ons oor Judea, jou naastes, soos jou familie en daardie vriende wat soos familie is.

Vandag gaan ons gesels oor ons Samaria, mense wat in jou binne kringe is, en mense wat oor jou pad kom wat glo, maar nie in Jesus nie. 

Hoe bereik ons hierdie mense in ons lewens wat nie vir Jesus ken nie? Mense wat dink hulle is gered omdat hulle ouers geglo het... Mense wat in goed glo wat nie Jesus is nie..

 

Gesles bietjie met mekaar oor mense in jou lewe wat nie in Jesus glo nie.

 

a5.jpeg

Die Jode en die Samaritane het vir eeue 'n hak plek in hulle geloof gehad. Beide het gesê hulle is die volk van God. 

Wat die Samaritane anders as die Jode gemaak het, is die feit dat hulle Baal gode ook aanbid het.

Dit was so erg dat die Jode en die Samaritane mekaar vermy het in alle omstandighede.

Die rede vir dit; hulle was kwaad vir mekaar, en hulle het mekaar gehaat, omdat hulle oor God en hulle geloof gestry het die oomblik wat hulle in mekaar se teenwoordigheid kom.

a6.jpeg

Dink weer aan die vorige vraag...

Is daar mense in jou lewe wat anders glo as wat jy glo?

Is dit dalk moontlik dat jy hulle vermy, omdat die gesprekke oor geloof soms ongemaklik kan wees?

 

Lees Johannes 4:13-14 saam.

a7.jpeg

Wat beteken hierdie woorde van Jesus vir jou?

 

Lees nou die storie oor Jesus en die Samaritanse vrou in Johannes 4 saam deur.

a8.jpeg

Wat staan vir jou alles in hierdie ontmoeting uit?

a9.jpeg

Sien jy dat Jesus nie die Samaritane vermy soos die res van die Jode nie?

Sien jy dat die vrou dadelik begin stry oor haar geloof, maar dat Jesus haar nie aanvat daaroor nie, maar dat Hy die gesprek lei tot waar Hy haar vertel dat Hy die Messias is?

 

Dalk is daar mense in jou lewe wat jy vermy omdat hulle nie in Jesus glo nie, of omdat die gesprek dalk moeilik of sels ongemaklik kan word.

Jesus het vir ons genade bewys aan die kruis, en Hy is by ons deur die Heilige Gees om vir ons krag te gee sodat ons Sy getuies kan wees, soos Hy in Handelinge 1:8 sê.

Die mense wat nie vir Jesus ken nie het juis hierdie genade van Jesus nodig.

Mag ons soos Jesus direk na die Samaritane toe stap wat in ons lewens is, en vir hulle vertel van die bron van ewige water.

 

Bid saam.

a10.jpeg

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting