aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

'n Nuwe Kleed

kleed5

Dis ‘n nuwe seisoen en ons sien God se handewerk oral in die natuur – vaal, vervelige grond en takke wat nou nuwe bloeisels en groen blare het – ‘n nuwe kleed wat God vir die natuur kom gee het.

Klere in die Bybel was net so ‘n belangrike teken en ons kyk na Josef wat bekend is vir sy pragtige kleed.

kleed2

Kom ons lees Genesis 37:1-11 en 30-36.

Hoe sal jy Josef se karakter in hierdie verhaal beskryf?

Hoe tree sy broers op?

En wat staan vir jou uit van sy pa?

In hierdie gesin wil elkeen homself laat geld en tree op op so ‘n manier om geregverdig te word en goed te kan voel. Josef kry ‘n langmou jas by sy pa wat hy nie verdien of geregtig op is nie. Dit gee hom ongelukkig ook nie die aansien waarvoor hy gehoop het nie.

Hy word kaal uitgetrek, sy bebloede jas word vir sy pa teruggestuur en hy kry in die tronk nuwe klere en ‘n seelring omdat hy die koning se drome uitlê.  

kleed1

Net soos wat Josef se gesin hulself goed toe-eien, dra ons dikwels klere om ons te laat geld en te verseker van ‘n goeie reputasie en ‘n goeie toekoms.

Partykeer is dit fisiese klere, maar dikwels ook emosionele en geestelike klere. Ons doen goed en trek aan dit wat mense vir ons sê, maar dit gee nie vir ons waardigheid nie.

Net Goddelike genade – onverdiend – kan vir ons waardigheid, reputasie en voorspoed gee.

kleed4

Lees Genesis 50:15-21.

Hoe tree Josef teenoor sy broers op wanneer hulle mekaar weer na jare sien?

Verdien die broers hierdie behandeling? Hoe sy jy opgetree het teenoor iemand wat jou so tenagekom het?

Josef se optrede is net moontlik as gevolg van genade. God se genade het hom gered van verwoesting van sy eie lewe. God se genade het hom gered van sy broers se behandeling en van sy pa se obsessie met hom en selfs van sy eie arrogansie. God kom klee hom met genade.

Dit is hoekom hy sy broers met genade kan behandel.

kleed6

Watter dinge is daar in jou lewe wat jy “aantrek”?

Dalk is jy hoogmoedig, arrogant en beterweterig soos Josef... Dalk voel jy minderwaardig, sensitief, fyngevoelig...

Watter jas jy ookal vir jouself aantrek, God kom gee vir jou ‘n nuwe kleed wat jy nie hoef te verdien nie, maar waaruit jy moet leef.

Blaai vlugtig deur Matteus 6 – hoeveel moets en moenies lees jy raak?

Matteus 6 is nie nog ‘n stel wette nie, maar ‘n riglyn van wat jy nie moet aantrek nie en waarmee jy jou eerder moet klee.

Lees vers 25-34. Wat beteken dit vir jou? Wat leer jy uit die natuur wat jy in jou lewe kan toepas?

kleed5

Kyk na die tekens van ‘n nuwe seisoen daar buite. Bome bot en gras groei.

Wat het gebeur om die plante van winter na lente te verander? Niks wat jy spesifiek doen het dit laat gebeur nie.

Dit is net God se werk, Sy genade. Net so werk God se genade vir jou. Hy het nie verdien om aan die kruis te sterf nie. Dis genade dat Hy dit gedoen het en Sy vader Hom in glorie geklee het.

As jy Josef se storie lees, wat dink jy wil God vir jou vandag kom sê? Hoe moet jy optree teenoor jou broers en susters? Hoe moet jy optree teenoor jou kinders? Jou vyande? Jou kollegas?

Veral, hoe moet jy teenoor hulle optree as hulle nie maak soos jy sê of jou slegsê of jou ontstel? Genade, onverdiend en gratis.

Wanneer jy besef dis net God se genade wat ons foute en tekortkominge kan bedek, daardie dag kan jy ook vrylik, met nederigheid en vrymoedigheid genade uitdeel.

Bekommer jy jou nog oor wat mense van jou dink? Bekommer jy jou nog oor wat mense vir jou sê? Bekommer jy oor hoe jy lyk en wat jy moet doen om aanvaar te word?

Trek dit uit! Niks wat jy doen, of wat ander doen, kan jou lewe verryk of verwoes as jy God se kleed aantrek nie.

Kyk maar na Josef – voordat sy lewe heeltemal tot niet gegaan het, het Gom uit genade kom red.

Kyk maar na Adam en Eva – voordat hulle heeltemal alleen buite die tuin geswerwe het, het God vir hulle velklere gemaak en hul met waardigheid geklee.

kleed13

As slot, lees 2 Korintiers 5:17-21. Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Wat vertel dit jou van God? Wat vertel dit jou van jouself en jou medemens.

Bid:
Here, help my om soos ‘n nuwe mens met ‘n nuwe kleed te leef.

Mag ons nie ons reputasie en voorspoed op ander plekke en by ander mense soek nie, maar slegs by U.

Mag ons genade onbeskryflik en onverdiend verkondig en uitdeel aan die mense rondom jou.

Amen

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting