aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

DIE VERLORE SEUN SE OUER BROER

V1.jpeg

Met die oog op 'n nuwe seisoen en op groei, gaan ons na 'n baie bekende gelykenis van Jesus kyk.

Ons almal ken die storie oor die verlore seun.

V3.jpeg

Ons lees ook van sy broer...

V4.jpeg

Lees Lukas 15:25-32 saam deur.

V5.jpegV6.jpeg

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte oor die verlore seun se broer?

Jesus se gelykenis oor die verlore seun gaan nie net oor die verlore seun nie, maar ook oor die broer.

Jesus het met die mense wat verlore in sonde was gepraat deur die verhaal oor die verlore seun, en hoe hulle altyd met 'n fees terug verwelkom sal wees wanneer hulle besluit om terug te kom na die Vader toe. Jesus het ook met die Geestelike leiers gepraat, die mense wie al klaar in die Vader se huis was, maar ook verlore was.

Daar is so mooi stukkie wat iemand geskryf het, waar die ou sê: "The younger brother was lost, far from the father and in a far away land. The older brother was lost in the house of the father, because his heart was in a far away land..."

Die Geestelike leiers van Jesus se tyd het 'n klomp mooi goed gedoen, maar met die lelikste intensies. Hulle het in die Sinagoge uit die Woord van God gelees en geleer, gesing en gebid, en op die straat hoeke hard gebid sodat almal kon sien hoe goed hulle was.

Volgens hulle was almal anders ver van die Here af, maar hulle was hoog geag en het autoriteid in die huis van die Vader gehad...

Maar Jesus praat hier met hulle ook, en hulle is die ouer broer.

V7.jpeg

  • Hy was die oudeste seun - 

Dit beteken dat hy automaties 2/3 van sy pa se eiendom besit sodra sy pa sterf, en dat hy dan die hoof van die huis sal wees.

  • Hy het hard gewerk - 

Die eerste sin wat ons lees oor die oudste seun was dat hy nog in die veld was. Hy het hard vir sy pa gewerk. Alles wat sy pa vir hom gesê het, het hy gedoen, hy het nie terug gepraat en gekla nie. 

Aan die buite kant lyk dit of dit baie goed gaan met hom en dat hy 'n baie gesonde verhouding met sy pa het, maar ons gaan sien dat dit wel nie die geval was nie.

  • Hy het nie welkom gevoel in sy pa se huis nie.

Hy bly in sy pa se huis, en hy behoort daar, maar toe hy musiek en 'n gesingery hoor het dit hom nie opgewonde gemaak nie, hy het liewers een van hulle bediendes nader geroep om te hoor wat aan gaan. 

Toe hy hoor dit is sy broer wat terug gekom het, toe weier hy om by die huis in te gaan.

  • Hy was kwaad

Hy was kwaad vir sy broer, want hy het nou sy hele deel van sy erf porsie uit gaan leef, niks gewerk nie, en nou word daar sommer vir hom 'n vet gemaakde kalf geslag en 'n fees gegooi.

En hy was kwaad vir sy pa, want volgens hom het hy sy hele lewe lank al toegewyd vir sy pa afgesloof soos 'n slaaf, en daar was nog nooit vir hom 'n fees gehou nie. 

  • Sy motief was verkeerd

Hy het gevoel dat hy verdien sy erf porsie, en hy verdien beter as sy broer, omdat hy nog altyd alles reg gedoen het. 

Maar ons kan in hoe hy teenoor sy pa reageer aan neem dat hy alles reg gedoen het nie omdat hy vir sy pa lief is en omdat hy sy pa eer nie, maar omdat hy vas gekyk het aan wat hy sou uitkry uit hierdie lewe van hard werk en alles doen wat sy pa vir hom sê. 

Hy het nie eens omgegee toe hy uitvind sy broer is nie dood nie of nogsteeds weg nie, dit het vir hom oor hom alleen gegaan en wat syne is.

Hy was tot ontsteld dat sy pa nou van sy erfporsie gebruik maak om 'n fees te gooi vir sy broer wat niks meer oor het nie.

ONS AS DIE VERLORE SEUN

Ons het al baie in ons lewens van die verlore seun gehoor. Dalk was van ons die verlore seun, waar ons glad nie naby die Vader was nie, en waar ons net gelewe het soos ons wil, sonder enige gevoel van nagevolge nie. My wil or the highway tiepe mentaliteit.

Maar ons het besef dat Jesus ons roep en dat ons in Sy huis behoort. Dat ons deel van Sy koninkryk is en dat Hy ons roep om aan Hom te behoort. DIT IS WONDERLIK DAT ONS HOM KIES AS ONS REDDER EN SALIGMAKER!!!! 

ONS AS DIE OUDSTE SEUN

Dalk is ons die ouer broer...

Ons is al ons lewe lank 'n Christen, ons gaan kerk toe, lees ons Bybels, ons bid en ons is morele mense wie ander mense reg hanteer, goeie keuses maak en nie lelik doen of dink nie... Ons is goeie mense...

Dit is waar die ouer broer was... Hy was 'n goeie mens. Hy het alles reg gedoen, hard gewerk en gedoen wat sy pa van hom verwag.

Maar in hierdie storie hoor ons van hierdie goeie broer se "nie so goeie mens" kant...

Uiterlik het hy sy goeie mens baadjie aan gehad, maar sy hart was gebroke, verlore en ver van sy vader af...

WIE IS JY?

  • Die verlore seun se broer was die oudste seun...

Is jy dalk die oudste seun? Daar word baie van jou verwag, en jy doen maar wat jy doen want dit is wat jou ouers vir jou gesê het?

Is jy 'n Christen omdat dit is wat die familie doen, of is jy 'n Christen omdat jy jou geloof en hoop in Jesus geplaas het?

Verwag jy dalk 'n erfporsie by die Vader net oor jou posisie in die gesin?

Of besef jy dat jy 'n erfporsie, DIE EWIGE LEWE, ontvang oor wie die Vader is, en nie oor wie jy is nie...

  • Die ouer broer het hard gewerk...

Dalk doen jy alles reg volgens die boeke.

Jy lees jou Bybel, jy bid, jy gaan kerk toe, jy gaan na 'n kleingroepie toe, jy help die armes, ens...

Hoekom doen jy dit?

Die ouer broer het dit gedoen want sy fokus was op sy erf porsie, op wat hy kon kry as hy hard werk en alles reg doen.. 

Hy het dit nie gedoen omdat hy 'n gesonde verhouding met sy pa gehad het, of omdat hy lief vir sy pa is nie...

Hy het nie besef dat alles wat sy pa s'n is, is alreeds syne nie... Hy het gedink hy moet werk vir alles, maar alles was reeds syne omdat hy sy pa se seun is, nie omdat hy hard werk nie...

Dalk doen ons al hierdie goed omdat ons dink dit is wat ons gaan red, maar dit is juis nie dit wat ons red nie.

V8.jpeg

Ons kry nie die erfporsie van die ewige lewe omdat ons goeie goed doen nie, maar omdat ons aan Hom behoort wat dit gee. Dit gaan nie oor om goeie werke te doen SODAT ons gered kan word nie, dit gaan oor om goeie werke te doen OMDAT ons gered is.

Jesus soek 'n lewende, gesonde verhouding met ons.

Hy wil hê ons moet gehoorsaam wees aan Hom omdat ons vir Hom lief is, nie omdat dit gaan maak dat ons gered gaan word nie.

  • Hy het nie welkom gevoel in sy pa se huis nie.

Toe die ouer broer die fees se musiek en gesingery gehoor het, het hy nie self gaan kyk wat aangaan nie, maar hy het iemand geroep om vir hom te vertel wat aangaan...

Is ons dalk op 'n plek waar ons nie self by die Here wil uitkom om te kyk wat in Sy huis aangaan nie? Waar ons sukkel om self te bid en self die Here te vertrou of self uit te vind wat Sy wil vir ons is?

  • Hy was kwaad

Is jy dalk kwaad vir Jesus?

Jy voel dalk dat jy alles reg doen, maar die mense wat niks reg doen nie het dit net soveel makliker as jy?

En hulle doen alles wat hulle wil, maar sodra hulle na Jesus toe kom dan word hulle sommer net aanvaar. Hulle hoef nie die Bybel elke aand soos jy te lees of die armes help of kerk toe gegaan het soos wat jy al jou lewe lank doen nie, maar nou is hulle ook sommer gered...

Dit is wat die ouer broer gevoel het. Hy doen alles reg maar daar word nie eens vir hom 'n bokkie gegee om fees te vier nie. Sy broer wat alles verkeerd gedoen het kry sommer die vet gemaakde kalf...

Wat die Vader hier vir die seun sê is die antwoord...

31“Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. 32Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.’ ”

Alles is reeds joune, nie omdat jy dit verdien nie, maar omdat jy aan Jesus behoort..

Jy het reeds die ewige lewe! Reeds die liefde! Reeds die roeping! Reeds die aanvaarding!!

  • Sy motief was verkeerd

Die ouer broer het nie om gegee dat sy broer terug is nie, hy het net aan homself gedink.

Dalk is ons op 'n plek waar ons net oor onsself dink. Ons gee nie regtig om oor die mense wat verlore is nie, solank ons net gered is en solank dit net goed gaan en lekker is.

V10.jpeg

Het julle besef dat Jesus nie die storie heeltemal klaar vertel het nie?

Ons weet nie of die broer toe buite die huis gebly het, en of hy saam gaan fees vier het nie...

Dit is waar ons kan besluit wat ons wil doen...

As ons nog buite die huis staan, besef dat die feesmaal aan die gang is en dat jy uit genooi is om saam fees te vier...

Jy kan besluit of jy buite wil bly, en of jy saam wil fees vier. 

As jy onseker is oor jou verhouding met Jesus, is die wonderlikke nuus dat dit nog nie te laat is nie, die deur wat na die fees toe gaan is nog wawyd oop.

 

Gesels saam... Wat staan vir jou uit in hierdie sessie?

Bid saam

V11.jpeg

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting