aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Gelykenis: Koring en Onkruid

wheat1

Gelykenisse in die Bybel is stories waarin Jesus vir sy dissipels die werklikheid van die hemel probeer verduidelik met beelde uit die werklike wêreld. Vandag se gelykenis is juis so 'n storie met twee werklikhede waarin ons lewe.

wheat2

 Lees Matteus 13:24-30; 36-43.  Wat hoor jy as jy hierdie teks lees?  Wat verstaan jy nie?

wheat3

Die boer saai goeie saad, terwyl die vyand slegte saad van onkruid saai.  

Die onkruid wat hier na verwys word is "bearded darnel", 'n tipe koring wat giftig is, maar op die oog af en as 'n jong plant identies soos koring lyk.  Dis juis hoekom die boer aanbeveel dat dit nie dadelik uitgetrek word nie.

Hoe lyk jou werklikheid tans, die omgewing waarin jy jouself bevind?  In hoe 'n mate dra jy by tot hierdie werklikheid of in hoe 'n mate vermy jy dit?  

Dit is belangrik om te besef ons werklikheid is nie perfek nie.  Die armes, die hongeres, die kwaaddoeners en teleurstellings gaan altyd met ons wees.  Net soos onkruid.  

In kontras saai God goeie saad, maar ons kan nie nou reeds die effek daarvan sien nie.  Ons sien net gedeeltelik, maar die oes gaan ondenkbaar wees.  Kan jy jou 'n wêreld indink sonder siekte, pyn, hartseer, gebroke families, huishoudelike moles, rassisme, onenigheid?  Dit is die werklikheid wat God aan ons voorhou en dis reeds besig om te gebeur.

wheat6

Dink bietjie wat is daar wat jou tans ontstel?  Waaroor is jy kwaad?  Wat maak jou bang?  Daar is dele in ons omgewing wat nie lyk asof God se saad daar teenwoordig is nie.  Is Hy dan nog in beheer?  Kan ons op Hom staatmaak vir verandering?  

Hierdie spanning en ontsteltenis is juis waar God besig is om aan jou te werk en jou te laat groei.  Net soos in die gelykenis, sal die onkruid altyd daar wees.  Ons het die teenkanting, struikelblokke en slegte dinge in ons lewe dikwels nodig om ons naby aan God te hou.  Daarsonder sou dit net oor jou eie bestaan en vooruitgang gegaan het.

wheat7 

Wat het plante nodig om te groei?  Kan dit vansself groei as die saad net so lê?  Nee, dit kort sekere veranderlikes om dit te laat groei - onafhanklike, afhanklike en beheerbare veranderlikes.  Daar is dinge wat ons kan doen om te groei, maar daar is sekere dinge wat ons niks aan kan doen nie - dis buite ons beheer!  

Watter dinge of mense in jou lewe is daar tans wat buite jou beheer is?  Voel dit vir jou asof hierdie dinge jou lewe regeer of indring?  Ons het iets buite onsself nodig om te groei - ons het vir God nodig.  En Sy engele sal op die einde die koring oes en die onkruid verwyder.

wheat10

Het jy in die teks agtergekom hoe rustig die boer is oor die onkruid in sy land?  God wil vir ons kom sê dat ons juis groei in daardie spanning tussen goed en sleg - dit is ware groei en verdieping in Hom.  Ons groei nie as dit net goed gaan nie; daar is ook nie groei as dit net sleg gaan nie - maar juis tussenin.  

Besef jy dat alles wat nou met jou gebeur net tydelik is?  Hoe laat dit jou voel?  Alles is tydelik, maar dis oppad na die ewigheid toe - en die ewige oordeel aan die einde.

Onkruid groei vinnig en sonder moeite, net soos die dinge wat jy uit eie krag aanpak.  Dis lekker, maar dit het nie ewigheidswaarde nie.  Goddelike groei is stadig, tydsaam, verg moeite, maar is die moeite werd en eindig op die ewigheid.  

wheat11

Watter groei kies jy?  Is jy bereid om te wag, geduldig te wees en rustig te raak?

Moet dan nie oorhaasitge besluite maak sonder Goddelike insae nie.  Moet dan nie alles met jou vuiste of jou mond of jou reputasie probeer regruk nie.  Moet dan nie dink alles hang net van jou af nie.  

Raak rustig en laat God toe om te werk.

Is jy bekommerd oor jou kinders se toekoms en waar hulle gaan opeindig?  Is jy onder druk by die werk om alles perfek te doen?  

Saai die goeie saad, maar wees dan rustig dat dit sal opkom.  God is in beheer.  

Jy mag dalk nie nou die vrugte sien van jou harde werk nie, maar die oes is oppad.  Jy mag dalk nie nou die wonderlike vreugde geniet waarna jy uitsien nie, maar God is besig om jou te laat groei.  Hou aan goeie goddelike saad saai!  

Wat beteken dit vir jou huwelik, vir jou verhouding, vir jou werk, in jou gemeenskap?

Moenie vra wat het jy al bereik en wat werk en wat is die doel van die slegte goed rondom ons nie ... vra eerder wat is besig om te gebeur, nou en hier, met jou - God is aan die werk!  

Wees rustig, jy hoef nie impulsief, angstig, radikaal te raak nie - Hy is groter as wat jy kan dink!

wheat10

Lees 2 Kor 4:18 en 1 Petrus 1:24.  Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?  Wat beteken dit vir jou?

Kyk hierdie oulike video - dit is wat ons in ons huise kort!

Raak Rustig gebed

wheat12

Bid saam:

Here, dankie dat U in beheer is en die goeie saad in ons lewens daagliks saai.  

Dankie dat U krag in ons werk en ons daarom rustig kan wees.  

Amen.

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting