Begin jou groep sessie die week om saam die woorde te bid van Psalm 57:2-3
Lees saam ons fokus teks van die week Efesiërs 2:1-10. Wat is die eerste indruk wat jy kry as jy die teks lees?
Hierdie teks is die hartklop van die evangelie van die Here Jesus Christus
Dit bevat 3 fases -
Die eerste fase behels Efesiërs 2:1-3
Die tweede fase behels Efesiërs 2:4-9
Die derde fase behels Efesiërs 2:10
Waar bevind jy jouself tans in die 3 fases van die evangelie se proses?
Belangrik om te verstaan dat die einde bestemming van die evangelie proses eindig wanneer jy weer in die wonderlike teenwoordigheid van die Here Jesus Christus is in die hemel.
Jy arriveer nooit nie. Gedurende jou lewe op aarde is jy heeltyd in die proses tussen die fases. Belangrik om nooit te dink - nou het "ek" arriveer nie-
Jy kan maklik weer jouself terug bevind by die eerste fase en die tweede fase bou jou en my vir die derde fase.
Fresh het laas week ook na hierdie teks gekyk. Wanneer jy aktief bly in fase 1 is jy besig om jou perêls vir die varke te gooi. Die Here nooi jou uit om aktief deel te neem in die bou van die koninkryk van die hemel op aarde. Die vereis om deur fase 2 te gaan-
Heilig wees is 'n aktiewe fase saam met die Here waar jy opnuut ontdek hoe groot die Here se barmhartigheid is vir jou en my-
Lees weer Efesiërs 2:4 - wat staan vir jou uit in die vers?
Lees weer fase 2 se verse - wat staan vir jou uit in die verse?
God roep jou en my opnuut om Sy verbond kinders te wees op aarde.
Mense wat anders is as die res van die wêreld want ons identiteit lê nie in wat ons al gedoen het nie ook nie wat ons het nie, ook nie wie ons is nie, MAAR wie sin ons is!
Wanneer Jesus gedoop word deur Johannes die doper - hoor mense God se stem.
Wat die bogenoemde woorde sê.
God sê nie vir Jesus gaan evangeliseer die wêreld nie,
God sê nie vir Jesus gaan doen die regte ding nie,
God sê nie vir Jesus gaan lewe volgens my wette nie-
Nee - God bevestig Jesus se identiteit!
My en jou identiteit lê in wie sin ons is! Ons is verbonds kinders wat geroep word vir fase 3.
Wanneer laas het jy na jouself gekyk as 'n verbondskind - iemand oor wie God Homself verjeug?
Waarin het jy al vasgehaak, waarin jy jou identiteit gevind het? Dinge van fase 1?
God kom nooi jou vandag aktief uit na fase 2 op pad na die lewenslange reis met Hom-
Lees weer die woorde van Jesaja 43 - die woorde van fase 2. 'n God wat jou nooi uit fase 1 na fase 2 op pad na fase 3.
Harry Manroe was 'n man in die draai van die vorige eeu wat 'n einde aan sy lewe wou maak. Op pad na die Michigan meer in Chicago stap hy in sy dronkenskap verby 'n sendingstasie. Daar het nonne hom versorg en met hom fase 2 van Efesiërs gedeel. Met sy dood het die koerant die volgende geskryf baie jare later - "one of the most useful men in Chicago"
Hy was 'n baie bekende pastoor - hierdie nonne het ook na hom gekyk gesien daar is baie perêls en iemand wat vir God geroep is om heilig te wees -
Wie is daar in jou lewe waar jy ook fase 2 mee moet gaan deel?
Daar is 'n storie van 'n ryk man wat 'n vervalle huis in 'n prominente buurt gekoop het. Met die deposito wat die ryk man aan die eienaar gegee het, het die ou eienaar die huis probeer opknap. Drie maande later toe die nuwe eienaar die huis oorneem, sê die ou eienaar baie in sy skik, meneer ek het die huis mooi oorgeverf en opgeknap vir u. Die nuwe eienaar het reageer met die die woorde; "ek gaan die hele huis sloop en 'n nuwe huis bou"
Baie keer probeer ons fase een se dinge opknap en oorverf - Dit werk nie!
Die Here maak jou nuut!
Wat is daar wat jy moet oorgee in jou lewe aan die Here? Fase een stories...
Fase twee behels die proses wat die Here die slaaf wees van fase een breek - gaan luister die lief "I am no longer a slave"
Mag jy aanhou groei in die proses waar ons almal deur die fases van die lewe gaan - fase 1; fase 2 en die wonderlike ervarings wanneer ons in ritme met God leef in fase 3. Die proses waardeur die evangelie ons neem. God roep jou om heilig te wees -
Die hartklop is vers 4 - leef dit! Gee dit!
God is lief vir jou!
Bid saam