Lees Romeine 8:1-4
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes?
Wanneer jy hierdie teks lees is die kern Jesus se krag waardeur ek en jy vry gemaak is.
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Uit watter krag leef jy?
Wanneer jy uit 'n ander krag leef eindig dit in die dood.
Orals in die Ou Testament word verwys na die Gees van die Here het oor die individu gekom.
Daar is net een Gees wat jou kan versterk en lewendgewend van aard is, dis God se Gees in die vorm van die Heilige Gees.
Dis so belangrik om daagliks vir die Here te vra - Here lei my, Here versterk my vandag...
Wanneer laas het jy dit deel van jou daaglikse gebed gedoen?
Hoe kan jy dit meer prominent in jou lewe maak?
Ek en jy word nie geroep deur die Here om 'n "snowflake" gelowige te wees, iemand wat nie opstaan vir wat reg is nie.
Die Heilige Gees versterk ons juis daarvoor - om te staan vir die waarheid!
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Die dinge waarop jy die meeste fokus is gewoonlik die dinge wat jy tref!
Het jy al 'n leeu hoor bril? Daar is iets in 'n leeu se bril, maar 'n bril op sy eie is nie 'n entiteit nie. Die lewendige leeu kort.
Ons sondige natuur is soos die leeu se bril, dit mag nooit ons lewens heers nie.
Ons fokus moet altyd bly op die leeu.
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Wat beheer jou tans?
Sonde bind jou en my - Jesus Christus maak ons vry.
Sonde bind jou - die Heilige Gees gee jou die moed van jou oortuiging om dinge "uit te sort"
Dit help jou om dinge in die naam van Jesus uit te sorteer.
Wat is daar wat jou tans bind?
Wanneer laas het jy gebid vir krag van die Heilige Gees om jou dinge uit te sorteer?
Wat staan vir jou in die stuk teks uit?
Wat is die verskil tussen iemand wat gelei word deur die Heilige Gees en iemand wat gelei word deur die sondige natuur?
Waar word jy nog gelei deur die sondige natuur?
Wat moet jy verander onder leiding van die Heilige Gees?
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
Mag jy opnuut besef God nooi jou uit om Hom Abba te noem
Mag jy dit onderleiding van die Heilige Gees leef en spreuk!
Bid saam...