aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

JOHANNES 15

n1.jpeg

Soos julle weet, het ons die laaste paar weke na die Nehemia gekyk, en ons het baie lesse by hom en sy storie geleer.

Ons het geleer dat die Here ons 'n roeping gee, dat ons moet vas en bid, dat die Here sal voorsien, dat ons nie moet opgee nie maar dat ons sal aanhou bou, al word die teenstryde soms teveel en baie moeilik. Ons het geleer dat ons aangeval en vervolg sal word as ons 'n godelike lewe in Christus wil lewe, ons het gesien dat ons op die muur moet bly en wanneer die wêreld ons uitnooi om af te klim of op te hou bou, dan moet ons vir hulle sê: "Ek kan nie kom nie, ek is besig met groot werk."

En verlede week het ons gesien dat ons aan Jesus se familie behoort.

Johannes 15 is 'n ongelooflike teks waar Jesus vir ons presies sê wat ons moet doen om 'n intieme, naby en produktiewe verhouding met Hom te hê.

Lees Johannes 15:1-8 saam

j12.jpegj4.jpeg

Ons het vir die afgelope paar weke gekyk na hoe ons deel is van hierdie muur wat ons bou in ons verhouding met Christus, waar daar 'n hele paar komponente van is. Vertroue, vasbyt, aanhou, nee sê vir die wêreld, op die muur bly, die muur "maintain" wanneer hy krake kry, ens. Maar daar mag dalk nog 'n paar van ons wees wat onseker is oor die hele "HOE, WAAR, WANNEER, HOEKOM" dele.

Daar is baie Christene wat dalk in 'n gat sit, wat voel hulle bid teen die dak vas, en dit is bitter moeilik om by daardie gat uit te kom. 

Waar begin ek? Wat moet ek doen? Hoe moet ek dit doen? Hierdie hele muur bou ding? Ek weet Jesus wil 'n lewende verhouding met my hê en ek weet ek moet 'n lewende verhouding met Hom hê, maar, hoe?

Dit is baie maklik om by mense te hoor die Here soek 'n lewende verhouding met ons, maar dit is vir baie mense net kennis, nie 'n realiteit nie. Hoekom nie?

Ons weet al die goed, maar dit is nie deel van ons raamwerk nie. Ons kap maar aan. Goed gebeur, en ons gaan deur die motions. Maar geestelik is ons dormant, want ons weet nie waar om te begin nie en ons weet nie wat om te doen nie.

Die dissipels was baie keer in hierdie selfde bootjie. 

Hulle het ook maar soms getwyfel.

Hulle was ook maar soms ongehoorsaam.

Hulle het ook soms maar met mekaar baklei.

Hulle was soms ook maar lelik met ander mense.

Hulle was mens, soos ons mens is.

En Jesus weet dit. Hy ken ons, weet waardeur ons gaan, ken die "struggles" wat ons beleef.

Jesus gebruik iets wat die dissipels geken het, 'n wingerd, en Hy verduidelik vir hulle hoe om in Hom te bly. Hoe om 'n lewende, intieme en produktiewe verhouding met Hom te hê.

Wat ongelooflik is, is dat ek en jy, 2000 jaar later, presies weet waarvan Jesus praat, want ons weet presies wat 'n wingerd is. Ons ken ook 'n wingerd.

j8.jpeg

Dink bietjie saam oor 'n wingerd...

Die wingerdstok is die deel van die wingerd wat al die werk doen, hy is gevestig en vas in die grond geanker, hy bring al die nutrinnes na die lote toe, hy dra die lote en hou hulle van die grond af, hy is standvastig en konstant. 

Die lote moet letterlik aan die wingerdstok vas wees om vrugte te kan dra. Sonder die wingerdstok kan die lote letterlik geen vrug dra nie, hy kan nie uit sy eie uit vrugte produseer nie, want alles wat nodig is vir die vrug om te groei kom van die wingerdstok af.  Die lote maak staat op die wingerdstok om van die grond af op gelug te wees sodat hulle vrugte kan dra.

j9.jpeg

'n Wingerd het 'n boer nodig. Sonder die boer versmoor die vrug, want al die blare wat aan die lote grooi keer die sonlig. Die loot het 20 blare per loot nodig om twee gesonde druiwe trosse te groei en meer blare as dit steel basies die energie van die son af om die vrug effektief te laat groei.

Die boer moet letterlik met sy snoei skêr al langs die wingerd stap en al die onnodige blare en al die dooie lote wat nie vrug dra nie afsny, sodat die lote wat wel vrug dra effektief goeie vrug kan dra.

Die lote doen letterlik niks nie. Al wat die lote doen, is hulle dra die vrugte. Elke ander deel van die wingerd doen al die ander werk.

Die lote doen letterlik niks nie. Al wat die lote doen, is hulle dra die vrugte. Elke ander deel van die wingerd doen al die ander werk.

Net soos Jesus sê, is Hy die ware wingerdstok. 

Hy hou ons in die lug en maak dit moontlik vir ons om die vrugte te kan dra.

Hy gee vir ons alles wat ons nodig het om die vrugte te laat groei.

Hy is konstant en standvastig.

Elke loot wat nie in die wingerd vas is nie, gaan dood en kan nie vrugte dra nie.

Net so, elke persoon wat nie in Christus is nie, is geestelik dood en kan nie vrugte dra nie.

Die Vader is die boer, wat deur die snoei proses verseker dat ons die beste vrugte kan groei.

Hy vat al die dele in ons lewe weg wat verhoed dat daar vrugte groei.

En Hy maak seker die lote is gesond en kan doen wat hulle moet doen - aan die wingerdstok vas wees en gesnoei wees sodat die loot die vrugte kan dra.

j13.jpeg

HOE MOET EK 'n LEWENDE VERHOUDING MET HOM Hê - BLY IN HOM

WAAR MOET EK BEGIN OM VRUGTE TE DRA - BLY IN HOM

MAAR EK MOET EERS AL HIERDIE GOED UITSORTEER VOORDAT EK KAN VRUGTE DRA - NEE, GOD IS DIE BOER, HY KOM DOEN DIE SNOEI WERK.

EK VOEL VER VAN HOM AF - NEE, BLY IN HOM

MAAR EK SUKKEL.

 Die loot hoef letterlik oor geen van die ander aspekte te stress of te wonder of te worry nie, sy enigste werk is om vrugte te dra, en alles anders - van die son tot die snoei tot die water en kos gee, tot die nie weg waai nie - alles word reeds vir die lote gedoen. AL WAT DIE LOTE MOET DOEN IS OM IN DIE WINGERDSTOK VAS TE WEES.

Jesus doen al die werk. Al wat ons moet doen is in Hom bly. 

In elke situasie, vra vir Jesus vir leiding.

As jy wil reageer oor iets, besef voordat jy reageer dat jy in Jesus is, en laat Hy dan bepaal hoe jy reageer.

Voordat jy keuses maak, besef dat jy in Jesus is, en laat Hy jou lei om die regte keuses te maak. 

Voordat jy goed doen, besef dat jy in Jesus is, en laat Hy bepaal hoe jy daai goed gaan doen.

Voor jy jou oë uitvee, is jy besig om vrug te dra, vrug wat sal hou, omdat jy in Jesus is.

Nie net Sondae by die kerk nie, maar in elke oomblik van elke dag is jy IN HOM.

Hoe bou ek hierdie muur? BLY IN HOM

Hoe dra ek godelike vrugte, vrugte wat sal hou? BLY IN HOM

HY DOEN LETTERLIK AL DIE WERK, ONS WERK IS OM IN HOM TE BLY.

Bid Saam

j14.jpeg

Wat bou ons nou eintlik?

neh9a

Die afgelope weke het ons Nehemia se bouwerk aan die muur van Jerusalem aandagtig gevolg. Dit het begin met ‘n honger en ‘n roeping van die Here om die muur te herstel. Nehemia het gebid en gevas, moed bymekaar geskraap en die koning het hom toestemming gegee om die bouwerk te doen. Dit het 52 dae geneem om die 4000x12x2.5m muur te bou, met baie teenspoed en teenkanting.

Nehemia 9 is waarskynlik die langste gebed in die Bybel, dit bevat ‘n oorsig van die geskiedenis van Israel, maar meer as dit is dit ‘n besef van die volk dat daar nou skielik eenheid tussen hulle was. Lees vers 6-15, 32-33 en 38.

Wat is dit wat die volk tot trane gedryf het? Wat was die eenheid tussen hulle? Die besef dat God ons verander het, dat Hy hopeloosheid in standvastigheid verander het, dat Hy gemors en losbandigheid in hoop en sekuriteit verander het!

neh9b

Die muur het aansien, veiligheid, sekuriteit, stabiliteit, samekoms vir die Israeliete beteken. Wat beteken God se geestelike muur in my en jou lewe? Wat beteken dit dat Jesus die hoeksteen in ons lewe is?

Neh9d

Lees Nehemia 6:3. Lees Efesiers 2:9-10 en 20-22. Watter ooreenkoms is daar tussen Nehemia se bouwerk en die bouwerk waarmee Christus besig is in ons lewe? God is besig om sy volk te verander, hul te vernuwe en hy maak van hulle ‘n heilige tempel. Hy is besig met ‘n goeie werk in my en jou en gaan dit enduit voltooi!

Dit is die goeie nuus wat die Israeliete tot trane dryf. Hulle besef opnuut dat die muur hulle nie net fisies bymekaar gebring het nie, maar dat hulle ‘n terugkeer tot God moet maak, dat Hy besig is met ‘n groot werk in elkeen van hulle.

neh9c

George Truett was ‘n bekende pastoor. Een van sy invloedryke gemeentelede het hom eendag na sy huis toe genooi en was baie trots om vir die pastoor alles te wys wat hy al in sy lewe bereik het en gebou het – in die noorde was dit landerye, in die suide ‘n fabriek, na die weste ‘n skool, na die ooste ‘n hospitaal – alles met sy naam op, waarvoor hy hard gewerk het en wat hy agterlaat in die gemeenskap. Die pastoor vra hom toe: “Maar hoe lyk jou rykdom in hierdie rigting (boontoe)? Want as jou muur nie in daardie rigting gebou word nie, is jy steeds bankkrot.”

Ons werk soms baie hard om iets na te laat vir ons kinders of die geslagte na ons. Wat sou graag vir jou kinders en kollegas en geliefde wou agterlaat? Hoe sou jy graag wou hê hulle moet jou onthou?

neh9e

Die Israeliete in Nehemia moes in familie-verband bou en het ook in familie-verband die verbond onderteken. Want ons nalatenskap begin by die huis, dit wat ons daar vir ons kinders, man en vrou leer en wil hê hulle moet onthou vir die toekoms. Gaan kyk bietjie die geslagsregister en lys van name in Nehemia! 

Sheikh Rashid bid Saeed Al Maktoum van Dubai het so geantwoord toe iemand hom vra hoe die toekoms van die land lyk: “My oupa het ‘n kameel gery, my pa het ‘n kameel gery, ek ry ‘n Mercedes, my seun ‘n Land Rover, my kleinseun gaan ook ‘n Landrover ry, maar my agter kleinseun sal maar weer ‘n kameel moet ry.” Wat beteken dit? Harde tye maak sterk manne, sterk manne skep maklike tye, maklike tye maak swak manne, swak manne skep moeilike tye – ons moet vegters grootmaak, nie parasiete.

Ons moet ons kinders, kollegas, geliefdes leer om te bou, nie net te gebruik nie. Wat moet ons nou eintlik bou? Huise, winkels, opvoeding, geleenthede, gesondheid...? Ons is besig om God se koninkryk te bou en ons verhouding met Christus. Dit maak nie saak hoe wyd en ver ons muur strek nie, as dit nie ook opwaarts na God strek nie. Die beste nalatenskap is ‘n hegte verhouding met God!

Wat is die hoekstene waarop jy jou huis bestuur? Wat is die hoekstene waarop jy jou besigheid bedryf? Wat is die fondasie vir ‘n gesonde en gelukkige huwelik? ‘n Suksesvolle kleingroep, ‘n hegte vriendekring? ‘n Diepe verbond met Jesus Christus.

Neh9f

Kyk na hierdie waardes. Is dit nog wat ons nalaat vir die volgende geslag om op te bou? Wat sou jy bysit by hierdie stene? Hoe kan jy hierdie beginsels hierdie week in jou onderskeie gemeenskappe uitleef en vaslê?

BID

Here, dankie dat U verbond met ons beteken U sal nooit die werk waarmee U besig is laat vaar nie.  Dankie dat U besig is om ons in geestelike tempels en standvastige pilare te verander.  Help die leiers van ons huisgesinne, besighede en die gemeenskap om U weer eerste te plaas, dat dit vir ons kardinaal belangrik sal wees om U beloftes en trou na te laat as 'n nalatenskap, eerder as materiële dinge en skatte wat kan vergaan.  Mag ons hierdie kontrak wat U met ons gesluit het, oordra aan geslagte heen.  Amen.

 

Bly op die muur!

Screenshot 2022 02 07 at 2.20.45 PM

Ons tema die week is bly op die muur!

Fresh Namibia is steeds besig met die lees van die boek Nehemia

Lees die volgende 4 verse uit hoofstuk 6

Screenshot 2022 02 07 at 2.21.52 PM

Wat staan vir jou uit in die manier hoe Nehemia "hulle" versoek hanteer?

Wat dink jy sou die effek gewees het as Nehemia van die muur afgeklim het en die bouwerk gestaak het?

Wat is tans jou muur wat jy bou?

Om 'n muur te bou het alles te doen met gehoorsaamheid en roeping- kyk die volgende clip (click op die rooi)

Hoekom maak jou werk saak?

 Wat staan vir jou uit in die clip?

Screenshot 2022 02 07 at 2.21.59 PM

Lees verse 15-16 van Nehemia 6, dit is die gevolg van Nehemia se gehoorsaamheid aan God se roeping en bouwerk in Jerusalem. Dit is die resultaat wanneer ons as gelowiges op die muur bly en aanhou bou!

Screenshot 2022 02 07 at 2.36.47 PM

Sê die bogenoemde teks van Nehemia 6 hardop as groep! Jou werk is belangrik -

Weet dit! Doen dit! Bly op die muur!

 Screenshot 2022 02 07 at 2.55.53 PM

 Dawid se gebed as koning help ons baie om te besef ons elkeen is 'n "koning" iewers in ons lewens. Ons het almal mense iewers wat ons volg! Jou voorbeeld op die muur en die feit dat jy op die muur moet bly is krieties in die bou van die koninkryk van die Here!

Wat staan vir jou uit in die woorde van Dawid?

Bly op jou muur! Soos Nehemia.

Screenshot 2022 02 07 at 2.58.45 PM

Screenshot 2022 02 07 at 2.58.52 PM

Jakobus 4:7 leer ons om die muur klaar te bou en jou roeping te leef behels gehoorsaamheid!

Hoe kan jou eie gehoorsaamheid groei en ontwikkel om ook soos Nehemia op die muur te bly en aan te hou bou in gehoorsaamheid?

Lees die volgende teks in TitusScreenshot 2022 02 07 at 3.06.34 PM

Hoe lyk jou voorbeeld tans?

Waar moet jy weer op die muur klim en terug keer na jou roeping in gehoorsaamheid?

Screenshot 2022 02 07 at 3.06.50 PM

Ons almal ken die uitdrukking "monkey see, monkey do" 

Lees die volgende teks

 Screenshot 2022 02 07 at 3.06.59 PM

Waar kyk jong gelowiges na jou? Hoe lyk jou voorbeeld daar?

Mag jy groei in jou voorbeeld op die muur in jou roeping sodat ander jou sal volg!

 Kyk die volgende clip (click op die rooi) kyk net tot 1:17minute

 Leiers

 Wat staan vir jou uit in die clip as jy dink aan Nehemia hoofstuk 6?

Screenshot 2022 02 07 at 3.10.26 PM

Screenshot 2022 02 07 at 3.10.21 PM

Bid saam

 

 

  1. Jy is ook 'n bouer vir God en die duiwel hou nie daarvan nie!
  2. VAS & BID
  3. Nehemia 2: Maak die skuif
  4. Nehemia se gebed

Bladsy 7 van 89

  • Begin
  • Vorige
  • 2
  • 3
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • 11
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting