aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Dis beter om te hoor en doen as om net te hoor

Screen Shot 2018 08 13 at 12.27.37 PM

Wanneer jy die uitdrukking lees, "hoor is goed, maar doen is beter", wat staan vir jou persoonlik uit?

Screen Shot 2018 08 13 at 12.27.58 PM

Kyk na die bekende skildery van Leonardo en die konneksie tussen God en die mensdom hierbo.

Daar is soveel instruksies wat God vir ons gee deur Sy woord.

Hierdie instruksies is vir God se kinders - hoe lyk jou gehoorsaamheid aan God se instruksies?

Screen Shot 2018 08 13 at 12.28.23 PM

God gee aan Moses die tien gebooie op die berg, hierdie is spesifiek gerig op Sy volk.

Hoe reageer ons wanneer ons hierdie gebooie lees in Eksodus 20?

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 08 13 at 12.28.35 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?

Lees weer vers 22 - wat is die kern van vers 22?

Screen Shot 2018 08 13 at 12.40.59 PM

 Was jy al in die kerk, kleingroep of besig om Bybel te lees wanneer jy iets spesifiek hoor by die Here.

Jy het in hierdie oomblik dalk 'n warm gevoel gekry van die Here wat met jou praat, jou bewus maak van iets wat nie reg is in jou lewe nie.

Dit was amper asof die Here spesifiek net met jou gepraat het.

Waar het jy bewus geword dat die Here met jou praat en dan nadat jy dit gehoor het nie oorgegaan in aksie nie?

 Screen Shot 2018 08 13 at 12.40.40 PM

Baie gelowiges sien hierdie proses waar hulle die Here hoor as die einde van die opdrag, maar daar is meer.

Ons moet gaan doen wat ons hoor.

Baie gelowiges sien dit as die einde van die reis met God en verwag dan vergoeding vir die proses van hoor.

Daar is meer ...

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 08 13 at 2.36.45 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

Screen Shot 2018 08 13 at 2.36.55 PM

Wat maak die proses so dodelik as jy dink aan die woorde van Jakobus 1:23-24?

Wat is die effek van net hoor en "in die spieël kyk" maar nie oorgaan na aksie nie?

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 08 13 at 2.49.10 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Wat is die effek van hoor en doen?

"Hy sal gelukkig wees" kan ook vertaal word met "xara" wat "vreugde" beteken.

Die bergrede sluit af met die volgende vers - lees Matteus 7:24.

Screen Shot 2018 08 13 at 2.49.20 PM

Mag jy opnuut handel volgens wat God vir jou sê.

Mag jy opnuut besef dat geloof wat nie oorgaan in aksie nie is dood.

Mag jy opnuut hoor en doen!

Screen Shot 2018 08 13 at 2.56.00 PM

Bid saam

Wat maak jy met jou muntstuk?

Screen Shot 2018 08 06 at 1.22.44 PM

 Lees die bogenoemde twee teks gedeeltes.

Wat staan vir jou uit in hierdie twee teks gedeeltes as jy dink oor die opdrag aan die slawe en hulle muntstukke?

Watter gawes het die Here vir jou gegee om Sy koninkryk te vergroot?

Screen Shot 2018 08 06 at 1.28.45 PM

Wat beteken dit vir jou geestelik en prakties om God se gestuurde te wees in hierdie wêreld?

Wat het jy in jou hand - "muntstukke" wat God vir jou gegee het om Sy werk te doen?

Wat verhoed jou om dit te gebruik vir die uitbreiding van Sy Koninkryk en ter voordeel van almal?

Screen Shot 2018 08 06 at 1.33.04 PM

Wat behels 'n belegging vir die Here?

Hoe lyk dit prakties?

Screen Shot 2018 08 06 at 1.50.02 PM

Daar is twee tipe muntstukke - fisiese bates (huise, motors, finansies) en nie-fisiese bates (verhoudings)

Wat is die verskil tussen die twee?

Hoe kan jy as gelowige beide gebruik om God se koninkryk te vergroot? 

Hoekom is ons altyd geneig om net aan die fisiese bates te dink?

Wat is 'n nie-fiese bates wat jy kan gebruik om God se koninkryk te vergroot?

 Screen Shot 2018 08 06 at 2.23.33 PM

Kyk die volgende clip: (click op die rooi)

Wat kan jy doen?

Wat staan vir jou uit in die clip?

Wat sien jy in jou hand wat 'n Goddelike muntstuk is wat jy dalk nie voorheen gesien het nie?

Mag jy opnuut bewus word van die munte in jou hand!

Mag jy opnuut die munte gebruik om God se koninkryk te vergroot!

Mag jy ook daagliks God se versterking ervaar!

Screen Shot 2018 08 06 at 2.30.37 PM

Bid saam

Goddelike mentorskap

Screen Shot 2018 07 30 at 12.26.33 PM

Lees die bogenoemde teks:

Wat staan vir jou in hierdie teks as jy dink aan 'n mentor?

In watter opsigte was Jetro vir Moses 'n mentor?

Screen Shot 2018 07 30 at 12.03.48 PM

Wat is die rol van 'n mentor?

Wat is die verskil tussen 'n Goddelike mentor en 'n wêreldse mentor?

Lees die volgende twee teks gedeeltes oor raad wat mentors jou gee:

Screen Shot 2018 07 30 at 12.10.37 PM

Screen Shot 2018 07 30 at 12.10.24 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie twee teks gedeeltes as jy dink aan die rol van 'n mentor?

Watter invloed het jou mentor op jou?

Watter invloed het jy tans as mentor op individue wie jy mentor?

Lees die volgende aanhaling:

Screen Shot 2018 07 30 at 12.31.45 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie aanhaling?

Een van die kern rolle wat 'n gelowige mentor het is om tyd met God te spandeer.

Lees die volgende twee aanhalings:

Screen Shot 2018 07 30 at 12.35.24 PM

Screen Shot 2018 07 30 at 12.35.41 PM

 Wat staan vir jou uit in hierdie twee aanhalings as jy dink aan die rol van 'n mentor en die rol wat Jetro in Moses se lewe gespeel het?

Hoe help Jetro vir Moses om meer tyd tot sy beskikking te hê om in die teenwoordigheid van die Here te wees?

Hoe lyk jou tyd wat jy alleen saam met die Here spandeer?

Daar is 5 eienskappe wat uitstaan in die manier hoe Jetro sy mentorskap teenoor Moses uitleef:

Screen Shot 2018 07 30 at 2.15.03 PM

 Hoe intensioneel is jy as mentor met die individu wat jy mentor?

Is jou mentor iemand wat regtig belangstel in jou?

Jetro se voorbeeld as mentor spreek van iemand wat intensioneel belangstel in Moses en sy lewe...

Screen Shot 2018 07 30 at 2.17.49 PM

Die tweede aspek wat uitstaan van Jetro as mentor is sy vermoë om te luister.

Hoe goed luister jy as mentor na ander?

Hoe goed luister jou mentor na jou?

Screen Shot 2018 07 30 at 2.20.52 PM

Die derde aspek behels 'n sterk geloof.

Om 'n gelowige mentor te wees word gebou op 'n sterk geloof!

Hoe lyk jou en jou mentor se geloof?

Screen Shot 2018 07 30 at 2.23.30 PM

Die vierde aspek van 'n goeie mentor behels die ongemaklike vrae.

Jetro vra vir Moses hoekom doen jy al die sake vir die volk?

Vra jou mentor vir jou ongemaklike vrae?

Vra jy as mentor ongemaklike vrae vir individue?

Screen Shot 2018 07 30 at 2.25.53 PM

Die laaste en vyfdede aspek van 'n mentor behels waarheid.

Wandel jy as mentor in die waarheid?

Wandel jou mentor in God se waarheid?

 Screen Shot 2018 07 30 at 2.01.01 PM

Mag jy opnuut besef hoe belangrik die rol van 'n mentor in jou lewe is.

Mag jy opnuut besef jy het 'n rol om te speel as mentor.

Mag jy heeltyd hierdie proses benader vanuit alleen tyd saam met God!

Bid saam

 

 

  1. Bittereinder vir Jesus
  2. God voorsien deur Sy liefde
  3. God bly altyd dieselfde
  4. Soewereinheid in Sy Voorsiening

Bladsy 61 van 87

  • Begin
  • Vorige
  • 56
  • 57
  • 58
  • ...
  • 60
  • 61
  • 62
  • 63
  • 64
  • ...
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting