aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Hoe lyk jou Goddelike gesag?

Screenshot 2019 04 01 at 4.29.09 AM

Lees die volgende stuk teks uit Efesiërs 4:1-24

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte as jy dink aan die manier hoe die brief van Efesiërs gebruik is as 'n omsendbrief wat gestuur is na verskeie geloofsgemeentskappe om hulle te herinner dat hulle lewens wandel in lyn met God se woord moet wees?

Hierdie teks herinner mens aan die volgende stuk teks -

Screenshot 2019 04 01 at 4.31.44 AM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks in Lukas 9?

Om 'n gelowige te wees behels om Jesus te volg met die mond en daad-

Wat is die effek van 'n volgenskap wat net getuig van die mond, maar nie bevestig word met die daad?

Screenshot 2019 04 01 at 4.33.41 AM

Lees weer die volgende verse in Efesiërs 4 en vra jouself hoe lyk jou mond en daad aksies in terme van elke vers?

Na afloop van jou persoonlike evaluasie - wat is daar in jou lewe wat moet dood gaan sodat jou mond en daad aksies dieselfde bely?

Lees saam die laaste gedeelte van die berg prediking-

Screenshot 2019 04 01 at 4.36.19 AM

Wat vir my uitstaan van die berg prediking - Jesus gee sy "modus operandi" hierdie is die praktiese riglyne vir die mond en daad aksies van 'n gelowige en Jesus sluit dit af met die illustrasie van die twee huise...

Wanneer ek en jy ons huise bou op die rots met mond en daad kom dit neer op iemand wat met geestelike gesag leef-

Screenshot 2019 04 01 at 4.39.33 AM

Lees weer die laaste twee verse van Matteus 7

Wat staan vir jou uit?

Screenshot 2019 04 01 at 4.40.35 AM

In die griekse taal is "ex-oo-see-ah" die woord wat gebruik word vir gesag, wat gee vir mense in jou lewe gesag?

Geestelike gesag kom neer op woorde wat bevestig word met dade.

Wat behels geestelike gesag vir jou?

Lees weer die volgende verse in Efesiërs 4 wat is daar in jou lewe wat jy die dade sal moet verander of kweek om te pas by jou woorde?

Screenshot 2019 04 01 at 4.43.52 AM

Hierdie teks gedeelte eggo die berg rede in Matteus 5-7, dade en woorde wat in lyn is gee geestelike gesag.

Hoe lyk jou dade en woorde?

Screenshot 2019 04 01 at 4.45.14 AM 

Daar is 'n ware storie wat vertel van 'n dorp wat by 'n dorp vergadering saam besluit het om nie 'n sekere groep mense te akkomodeur in die dorp. Hulle het gestem hieroor en na afloop van die stem, het daar 'n kort ou tannie na vore gekom en vir die voorsitter gevra of hulle bereid sal wees om weer te stem.

Die hele dorp het soos een man hulle stem verander. Die vrou wat vorentoe geloop het en gevra het om weer te stem was niemand anders as moeder Theresa.

Wanneer jou geestelike dade en jou geestelike woorde in lyn is- gee dit vir jou Goddelike "ex-oo-see-ah"

Screenshot 2019 04 01 at 4.51.52 AM

Mag jy die week weer kyk na die dinge in jou lewe wat moet dood gaan sodat jou lewe kan spreek van Goddelike gesag-

Screenshot 2019 04 01 at 4.54.36 AM

Bid saam-

PRESERVEER GOD SE EVANGELIE

Slide37
 
Sout is een van die belangrikste daaglikse gebruiksmiddels in ons huis en sedert die Bybelse tyd word dit gebruik om
kos te geur en te PRESERVEER.  Net soos wat dit kos PRESERVEER, bewaar en beskerm God ook Sy volk en Sy beloftes sedert die skeppingstyd.  Hy kom doen dit deur telkens Sy verbintenis met sy volk te herbevestig deur die verbond wat Hy met hulle sluit.
 
Kan jy aan 'n paar keer in die Ou Testament dink waar God Sy verbond kom herbevestig?
Lees Numeri 18:19-20 en Levitikus 2:13 en 2 Kronieke 13:5
 
Slide42
 
God stuur Sy seun, Jesus Christus, as die volkome soutverbond om ons nuut te maak en die mensdom te preserveer.
Hoe lyk die verhoudings rondom jou kombuistafel?  Jou werkplek?  Die kerk? Lewe mense nie steeds in onvrede, woede, haat, alleenheid nie?
 
Lees Matteus 5:13 en Markus 9:50.
Watter nuwe betekenis het hierdie verse nou vir jou?  Wat dink jy beteken dit om die sout van die aarde te wees?
 
Slide71
 
WAT IS DIE SOUT?
Lees 2 Korintiers 5:17-20
God deel Sy skat, Sy wil en beloftes met ons.  Ons is deel van Sy roeping - om in 'n verhouding met Hom te staan.  Doen ons nog genoeg moeite om hierdie soutverbond met God te beskerm en te bewaar?  Spandeer jy genoeg tyd om Sy wil te soek?
 
WIE IS DIE SOUT?
Ons is God se gesante, gestuurders, Hy kies om die belofte aan ons toe te vertrou. Ons is nou die priesters en konings wat verantwoordelik is vir die bewaring van die belofte.
 
Lees Deut 11:18-23
Is dit dalk die rede vir die toestand rondom ons kombuistafels?  Neem ons nog ons taak as preserveerders ernstig op?  God bring heling, preservering, oplossing deur ons!
 
HOE IS JY SOUT?
Lees weer Matteus 5:1-13.  Watter eienskappe van sout wees in ons huise en gemeenskappe staan vir jou hier uit?
 
Slide76
 
'n Afhanklikheid van Christus (koinonia met Hom) is die grondslag van alle ander gesonde verhoudings.
Moenie sout in mekaar se wonde vryf nie, bewaar vrede.
Staan op vir die waarheid, wat reg is.
Help die wat afvallig raak weer sagkens terug op die pad.  
In hoe 'n mate kry ons dit reg om die evangelie te bewaar en aantreklik en geurig vir mense te maak - maar sonder om ons eie bestanddele by te voeg?  Wat doen jy om sout op die verbond te strooi?
 
Screenshot 2019 03 25 at 5.43.21 AM
 
Bid saam:
Laat ons lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat ons van God ontvang het. Laat ons altyd beskeie wees, vriendelik en geduldig en mekaar in liefde verdra. Laat ons ons daarop toele om die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
Amen.
 

Wat maak jy met jou brood en kaas?

Screenshot 2019 03 11 at 10.04.00 AM

Lees die volgende stuk teks twee keer-

Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?

Hoekom is die rol van Isai, so belangrik in die ondersteunende rol teenoor sy seuns?

Screenshot 2019 03 11 at 9.35.56 AM

Hoekom dink jy het Isai ondersteuning gestuur na sy seuns?

Screenshot 2019 03 11 at 9.36.10 AM

Een van die realiteite waaraan ons gelowiges onsself min herinner is die feit daar daagliks 'n geestelike geveg is in die wêreld-

Hierdie geveg is kern behels die koninkryk van die Here- waar gelowiges op die voorpunt staan om die koninkryk van die Here te vergroot

Ons as gelowiges het 'n belangrike rol om te speel in die ondersteuning van ander gelowiges om hierdie geveg te veg-

Screenshot 2019 03 11 at 9.41.41 AM

Dit kan vergelyk word met die ondersteuning span van 'n formule een kar-

Kyk die volgende clip - (click op die rooi)

Pit stop support-

Wat staan vir jou uit in die manier hoe hierdie span die motor se drywer ondersteun?

Screenshot 2019 03 11 at 9.57.30 AM 

Wanneer ons dink aan hierdie teks gedeeltes uit 1 Korintiërs 12 - "ons is die liggaam van Christus"

Watter verantwoordelikhede het ons nie dan teenoor mekaar as jy dink vanuit 'n onderstenings rol ten opsigte van die gelowiges op die voorpunt van die geestelike oorlog?

Screenshot 2019 03 11 at 9.45.15 AM

Wat behels ondersteuning as jy dink aan die brood wat Isai saam met Dawid gestuur het?

Waar kan julle as groep of individu ander gelowiges ondersteun met daaglikse brood?

Screenshot 2019 03 11 at 9.45.46 AM

As jy dink aan kaas, behels dit 'n luukheid in die huis...

Wat maak jy met jou "luukheid" is jy bereid om ander gelowiges ook te seën met die seëninge waarmee die Here jou seën? (Lees Genesis 12:3)

Screenshot 2019 03 11 at 9.50.06 AM

Wat hoor jy as groep of gelowige interme van jou/julle rol om ander te ondersteun - medegelowiges wat besig is om God se koninkryk te vergroot?

Lees die volgende twee teks gedeeltes (Jesaja 52:7 is die bron teks vir die Romeine teks wat Paulus gekruik)

Screenshot 2019 03 11 at 9.51.16 AM

Wat het hierdie individue nodig om hierdie wonderlike lewend-gewende voetspore te loop?

Hoekom is ons as sturende gelowiges wat die rol van Isai vertolk so belangrik?

Wat was die effek van Isai wat vir Dawid gestuur het in 1 Samuel 17?

Screenshot 2019 03 11 at 9.54.35 AM

Bid saam-

Here Jesus - dankie vir die brood en kaas waarmee U ons elkeen seën-

Here Jesus help ons om gehoorsaam te wees in die ondersteuning rol aan ander gelowiges-

Here Jesus dankie dat U ons seën om tot seën te wees-

Amen

  1. Volg my...
  2. Manna van die Here
  3. Wat maak jy met jou woede?
  4. Kamer van gebrokenheid

Bladsy 62 van 98

  • Begin
  • Vorige
  • 57
  • 58
  • ...
  • 60
  • 61
  • 62
  • 63
  • 64
  • ...
  • 66
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting