aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Soewereinheid in Sy Voorsiening

Hierdie week kyk ons na hoe God vir ons sy mag en liefde wys deur sy voorsiening.

Dit is nie net dat God 'n God van liefde is nie, maar ons kan ook in sy voorsiening sien wie Hy is en na wat Hy ons toe lei.

36354-manholdingBible-Bible-pexels.1200w.tn.jpg

Lees Romeine 8:31,35-39

In Romeine 8:31 word die vraag gevra: "As God aan ons kant is wat kan dan teen ons wees?"

Hier is die eerste teken van God se soewereinheid in sy voorsiening.  Hy is vir ons en ons reaksie daarop bepaal baie male ons uitkyk op die lewe en wat met ons gebeur.  As ons glo dat God almagtig is en "vir" ons is, is daar niks wat teen ons kan wees nie, want niks kan by SY krag kom nie. 

So ook wat sy voorsiening betref moet ons besef dat God vir elkeen van ons voorsien, maar nie op ons eie of die wêreld se terme nie.  God weet wat jou volle potesiaal is en wil jou so ontwikkel. Hy bepaal die voorsiening volgens dit wat nodig is om Sy wil te laat geskied.

Waar het God al in jou lewe voorsien?

Wat het jy van Hom geleer?

Wat het jy van jouself geleer?

01AlexHonnold.jpg

In Romeine 8:35 vra die skrywer "Kan enigiets ons van die liefde van God skei?"  

Hy skep die beeld van goed wat probeer om ons van die liefde van God te skei.  Soos 'n bergklimmer is ons almal besig om hierdie berg, wat die lewe is, uit te klim.  DIt voel baie of ons aan ons vingerpunte hang en ervaar in daardie oomblik geen liefde nie.  As God vir ons sê Hy is lief vir ons is dit nie 'n tydelike ding nie; dit strek tot in die ewige.  So sal dit wat Hy vir ons gee ook ewig wees al lyk dit hoe klein.  

Noem 'n voorbeeld van waar in jou lewe jy geskei van die liefde van God gevoel het?

Wat dink jy is die goed wat jou of jou naaste probeer skei van Sy liefde?

Wat leer ons uit Romeine 8:36-39?

Daar is oorwinning in die Here en deur die hulp en voorsiening van God kan ons dit behaal.  DIt is wel belangrik vir elkeen van ons om God te vertrou en spesifiek op SY almag te vertrou.  Ons moet weet dat Hy lief is vir ons en dat niks wat ons doen of met ons gebeur dit gaan laat ophou nie.  Hy is God en Hy is goed en so sal Hy vir ons goeie goed voorsien - dit wat goed is in Sy oë.

Wat sal jy as 'n oorwinning sien in jou lewe? (in werk, verhoudings.....)

Wat het jy nodig om dit te behaal?

Het jy al vir God gevra vir dit?

Wat was SY voorsiening?

36354 manholdingBible Bible pexels.1200w.tn

Lees saam Jesaja 6:13, 1 Petrus 1:5-7, Handeling 4:29

Hier lees ons van die stomp, goud en die wind

God se voorsiening leer ons van ons volle potensiaal (Jesaja 6:7) Hy gee sodat ons kan groei uit iets wat ons miskien sien as niks nie.

Goud

In 1 Petrus 1:5-7 lees ons dat ons soos goud getoets word om skoner en skoner te word. In dit moet ons weet dat God God is, al  verstaan ons nie altyd hoekom Hy doen wat Hy doen of gee wat Hy gee nie, maar ons weet dat dit vir 'n doel is.  Sy voorsiening wys vir ons iets van wie Hy is, maar werk ook aan ons na wie ons kan wees.

Handelinge 4:29 lees ons hoe die Apostels bid vir voorsiening.  Hulle was gewoond om met min te leef en het geweet dat voorsiening van God af kom en dat God groot is.  DIt is hoekom hulle nie voorsiening gesien het as 'n uitweg nie, maar as 'n geleentheid om gebruik te word.  Soos wind wat koriningare waai is God se voorsiening vir ons.  Sy voorsiening moet ons rigting help bepaal en is nie  daar om die rigting waartoe ons self wil beweeg te versterk nie.

Waar in jou lewe sien jy potensiaal vir groei en hoe sou jy vir God vra om jou te help groei?

Wat in jou lewe het nog bietjie werk nodig - soos die goud wat gesmelt en gesuiwer moet word?

As jy kyk na hoe God al in jou lewe voorsien het, wat glo jy is die rigting waarin Hy jou stuur?

 Screen Shot 2018 04 23 at 12.41.19 PM

Bid saam

Die Here voorsien

Screen Shot 2018 06 24 at 8.42.55 PM

Lees hierdie teks.

Wat staan vir jou uit in hierdie teks in terme van God wat 'n God is wat voorsien?

Screen Shot 2018 06 24 at 8.43.26 PM

Wat beteken Jehovah Jireh - "Die Here voorsien" - vir jou?

Hoekom dink jy kon Abraham so maklik sy geloof met Isak deel?

Screen Shot 2018 06 24 at 8.50.12 PM

Wanneer ons hierdie stuk teks lees is daar 'n baie sterk sentrale tema wat na vore kom - gehoorsaamheid.

Hoekom is gehoorsaamheid so belangrik?

Lees die volgende twee teks gedeeltes en bespreek gehoorsaamheid in terme van Genesis 22:1-14

Screen Shot 2018 06 24 at 8.43.49 PM

 Jun 1 Sam Afrikaans

Wat staan vir jou uit in Genesis 22:1-14 in terme van Abraham se gehoorsaamheid?

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 06 24 at 8.55.05 PM

Wat behels 'n lewe wat getuig van 'n lewende en heilige offer wat vir God aanneemlik is? 

Hoe lyk jou gehoorsaamheid aan die Here tans?

Kom ons kyk na drie eienskappe van Abraham:

Screen Shot 2018 06 24 at 8.59.45 PM

Abraham se hele lewe getuig van iemand wat in 'n hoogs persoonlike verhouding, in totale afhanklikheid, saam met die Here gewandel het. Hy het ook baie foute gehad, net soos ek en jy.

Hy het twee keer na Sara verwys as sy suster wat ook negatiewe gevolge gehad het ... en tog het hy saam met God gewandel.

Hy het self 'n seun probeer kry om die verbond met God te vervul wat gelei het na die geboorte van Ismael ... en tog het hy saam met God gewandel.

Abraham se verhouding getuig van  "Coram Deo" (Genesis 17:1).

Hoe lyk jou verhouding met die Here? 

Wandel jy in opregtheid saam met die Here met al jou foute? (Genesis 17:1)

Screen Shot 2018 06 24 at 8.59.59 PM

Abraham se hele lewe getuig van iemand wat gereed is wanneer die Here hom roep - Genesis 12 en Genesis 22

'n "Ja, Here, hier is ek" gesindheid

Hoe lyk jou reaksie tans wanneer jy die Heilige Gees se roepstem hoor?

Screen Shot 2018 06 24 at 9.05.57 PM

Abraham getuig van iemand wat God vertrou - God wys gewoonlik net die eerste paar treë van Sy plan.

Abraham volg God se leiding elke keer in totale vertoue. 

Hoe lyk jou geloofstreë in terme van God se plan vir jou?

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 06 24 at 9.06.07 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink aan die Here as ons God wat voorsien?

 

Mag jy groei in jou verhouding met die Here.

Mag jy groei in jou gereedheid om elke keer op die Heilige Gees te antwoord: "Hier is ek, Here".

Mag jy groei in jou gehoorsaamheid.

Mag jy opnuut besef die Here is genoeg, al het jy niks.

Screen Shot 2018 06 24 at 9.10.17 PM

Bid saam

God is hier

bible-films-christ-walking-disciples-1127657-wallpaper-1470x980.jpg

Hoe lyk jou verhouding met Jesus?

Glo jy dit is moontlik om 'n verhouding met Jesus te hê soos die van die Apostels?

43337-zac-durant-302752.1200w.tn.jpg

As dit kom by ons verhouding met God plaas ons in baie gevalle onsself in die verkeerde rol in die verhouding.  DIt is belangrik om te weet wat God vir ons sê oor wie Hy is en wat Hy vir ons doen en dat dit ons inspireer om dit die kern van ons verhouding met Hom te maak.

Hoe praat jy met God? (gebed, formeel, informeel...)

Hoe praat God met jou?

Dink jy dit hang van jou af of God met jou gaan praat of nie?

Wat dink jy kan jy meer doen om God te "hoor"?

Lees 1 Johannes 4:7-19

Screen-Shot-2016-11-18-at-4.26.09-PM-e1479449103401-675x419.png

Hoe leer ons God ken?

Is dit iets wat ons kan doen?

Wat beteken dit om "mekaar lief te hê"?

Hoe ervaar jy die liefde van God?

Hoe moet jy teen ander optree om aan hulle te bevestig dat God hulle lief het?

Hoe dink jy kan ons ander help om die Here te ken (te aanskou)?

170710013401-timelapse-kansas-supercell-storm-00003602-full-169.jpg

God se liefde is soos 'n storm.  In die storm is niks anders meer belangrik nie.  'n Storm het 'n manier om jou te laat vergeet van jou omstandighede - jy gebruik eerder jou energie om ander oor die storm te waarsku.  Jou aardse probleme en bekommernis verdwyn.  Jy kan nie die groote van die storm bepaal nie en daar is niks wat jy kan doen om meer van die storm te kry of die storm weg te laat gaan nie.

God is lief vir jou.

God is hier.

Lees Johannes 15:12-17

27f9b74f1f27e08cb237f7b79baae00e.jpg

As 'n pa sy kind in die lug gooi is daar niks wat die kind kan doen dat die pa hom nie sal vang nie.  Daar is ook niks wat die kind hoef te doen dat die pa hom sal vang nie. 

God se liefde is nie gebaseer op ons dade en aksies nie, maar op God, op wie Hy is en wat Hy doen.

Hoe sê Johannes 15:12-17 moet ons mekaar liefhê? (teoreties en prakties)

Hoe kan ons liefde vir ons naaste ander help om God beter te leer ken?

Is hierdie "liefde" iets wat jy doen of eerder deel van wie jy is?

Van waar af kom hierdie liefde en hoeveel beheer moet ons oor dit hê?

Glo jy dit is moontlik om hierdie liefde te verstaan en wat leer dit jou oor hoe jy te werk moet gaan om ander so lief te hê?

Lees 2 Korintiers 12:9 saam.

grace.png

Wat verstaan jy onder die term "genoeg"?

Hoe moet die wete dat God se genade genoeg is jou dade en jou verstaan van die liefde van God bepaal?

Hoe kan jy "swakker" word sodat God se krag meer in jou kan werK?

Waar in jou lewe wil God kragtig in Sy liefde deur jou werk?

God roep elkeen van ons irrelevant van waar jy jou mag bevind.  Dit is jou verantwoordelikheid om te weet dat Hy lief is vir jou en teenwoordig is.  Al wat ons hoef te doen is om Hom spasie in ons lewens te gee om met ons te werk en dan gehoorsaam te wees.

God is hier.

Screen Shot 2018 06 11 at 5.53.39 AM

Bid saam

  1. Die liefde is die hartklop van die evangelie
  2. Goddelike Karakter
  3. Die Heilige Gees werk deur ons
  4. Jy is God se profeet

Bladsy 63 van 87

  • Begin
  • Vorige
  • 58
  • ...
  • 60
  • 61
  • 62
  • 63
  • 64
  • ...
  • 66
  • 67
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting