Ons is besig met 'n reeks hierdie Februarie waar ons kyk na verskillende kamers van ons harte-
Ons tema vir hierdie week behels die kamer van gebrokenheid
Wanneer jy dink aan die kamer van gebrokenheid in jou hart - watter gedagtes kom by jou op?
Wat behels menslike gebrokenheid?
Die goeie nuus is dat die Bybel is vol stories waar God 'n pad stap met gebroke mense, stukkende mense soos ek en jy-
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
Wat staan vir jou uit in vers 19 van hierdie Psalm?
Wat staan vir jou uit in vers 23 van hierdie Psalm?
Die Bybel en individue wat saam met die Here gewandel het; Moses, Josef, Simson en Paulus was almal individue wat talle gebroke kamers in hulle hart gehad het-
Wanneer jy aan hierdie karakters dink, bespreek fassette van hulle lewens wat gebroke was-
Wat dink jy is redes wat veroorsaak dat ons eerder ons identiteit vind in ons gebrokenheid, eerder as Jesus Christus?
Die eerste rede hoekom baie mense hul identiteit vind in hul gebrokenheid is omdat hulle daaraan vas hou-
God kan nie die gebrokenheid gebruik ter uitbreiding van Sy koninkryk as jy daaraan vas klou nie-
Wat is daar in jou lewe waaraan jy vashou?
Die tweede rede hoekom baie mense hul identiteit vind in hule gebrokenheid is om rede dat hulle dit ontken-
Dit kan vergelyk word met 'n pleister wat jy oor die wonde plak, dit laat die wonde moeier lyk, maar neem dit nie weg nie-
Watter aspekte in jou lewe is jy besig om toe te plak met 'n pleister?
Gebrokenheid wat jy goed vermom, maar wat in werklikheid nie hanteer word nie-
Wat staan vir jou uit in hierdie aanhaling?
Lees die volgende twee teks gedeeltes:
Hoe help hierdie twee teks gedeeltes ons om Jesus as Hoëpriester se rol te verstaan in ons eie gebrokenheid?
Watter eienskappe van Jesus staan vir jou uit?
Watter hoop gee hierdie teks gedeeltes vir ons as gelowiges?
Die genesing van gebrokenheid begin met oorgee aan God-
Wat is daar in jou lewe wat jy moet opbreek en oorgee aan die Here Jesus Christus?
Mag jy opnuut vir die Here jou kamer oop maak van gebrokenheid
Mag jy op nuut besef ons Hoëpriester Jesus Christus is groter as enige stuk gebrokenheid wat ek en jy mag hê
Mag jy opnuut lewe vanuit jou verhouding met Jesus Christus nie jou menslike gebrokenheid nie-
Bid saam -
Paulus se gebed in Efesiërs 3:14-21
Lees die volgende stuk teks:
In die laaste gedeelte van hoofstuk 16 kry ons 'n profesie, wat dui dat sekere individue nie sal sterwe voordat hulle Jesus in Sy koninkryk sal sien nie.
Die profesie word dan gerealiseer in hoofstuk 17
Lees weer Petrus se reaksie in vers 4-
Hoekom dink jy is dit normaal om by die Here te wil bly in sulke ervaringe?
Hoekom dink jy is dit nie goed om hutte daar te bou nie?
Jesus wil juis hê dat ons dit moet gaan deel met ander?
Petrus en Johannes deel hierdie geskrifte later in hul lewens, lees die volgende teks gedeeltes:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes en die manier hoe hierdie twee dissipels Jesus se evangelie deel?
Wanneer ons dink aan bergtop ervarings is dit iets wat ons elkeen daagliks/weekliks ervaar-
Wat behels jou bergtop ervaringe waar jy saam met Jesus op die "berg" is?
Hoekom is dit belangrik om hierdie ervaringe- nie net vir jouself te hou nie?
As jy dink aan Moses op die berg verteenwoordig dit die wet-
Het jy al ooit jouself gevra is die goddelike ervaringe wat jy het in lyn met God se woord?
Elia verteenwoordig profete- wie se kern rol was om God se woord "evangelie" te deel?
Deel jy jou Goddelike ervaringe?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks na afloop van die bergtop ervaringe?
Die lewe bly nie daar nie, mens kan nie hutte bou en daar bly nie, maar mens kan dit wat jy daar ervaar het,
deel met ander-
Waar ervaar jy die Here in jou lewe?
Op watter praktiese maniere kan jy dit deel met mense om jou?
Hoekom is die deel van hierdie Goddelike ervaringe so belangrik vandag?
Soveel mense kort lewend-gewende nuus, nuus wat niks anders is as die evangelie-
Lees die volgende teks:
Hoe help hierdie teks jou met Goddelike bemoediging om jou Goddelike ervaringe te deel?
Mag jy opnuut besef jy bou God se koninkryk wanneer jy die evangelie deel-
Mag jy opnuut hierdie Goddelike ervaring meet aan God se woord-
Mag jy opnuut hierdie Goddelike ervaring deel met ander om jou-
Bid saam-
Lees Genesis 33:1-5 watter gedagtes kom by jou op as jy dink aan vergifnis-
Deel met mekaar die storie van Jakob en Esau-
Wanneer ons praat oor vergifnis kan ons nie anders as om by die kruis te begin nie-
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Lees die volgende stuk teks:
Jesus Christus stel ons in staat om in die regte verhouding met God te staan asgevolg van die kruis, die kruis en bloed wat moes vloei sodat ons totale Goddelike vergifnis kon ontvang-
Lees die volgende drie teks gedeeltes:
Watter gedagtes kom by jou op as jy dink oor vergifnis en die bogenoemde teks gedeeltes?
Wanneer jy dink oor volwasse gelowiges, hoe dink jy moet ons as individue wat streef om volwasse te wees in ons geloof dink oor vergifnis?
Lees weer Filippense 1:11 - wat is die effek van vergifnis?
God word verheerlik-
Hoekom is dit so belangrik?
God is verheelik deur Jesus Christus se gehoorsaamheid aan die kruis-
Wie is daar in jou lewe vir wie jy moet vergifnis gaan vra?
Lees die volgende teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink aan vergifnis en die daad van vergifnis waarna God jou roep?
God het vir Jakob verander met 'n lewende ontmoeting waar Jakob se naam ook verander is na Isreal...
God verander mense deur Sy vergifnis wat 'n wesenlike realiteit raak in jou eie lewe...
In Genesis 33:1-5 lees ons dat Jakob sewe keer gebuig het "SHAW KHAW" wat behels tot teen die grond, letterlik homself verneder in die proses om Esau vergifnis te vra. Wat beteken dit vir jou?
Wie is daar in jou lewe wie jy moet vergewe?
Hoe verander God jou in die proses van vergifnis vra?
Nie net vergewe om self beter te voel nie, maar sodat GOD verheerlik kan word-
Bid saam
Here dankie dat ek opnuut kan besef - vergifnis begin by die kruis-
Here dankie dat U vir my vergewe het aan die kruis, sodat ek ook ander kan vergewe-
Here help my om ook ander te vergewe, sodat U verheerlik sal word-
Here maak my opnuut bewus deur U Heilige Gees, wie ek moet vergewe-
Amen