aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Huis van die Here

Screen Shot 2019 01 21 at 5.04.06 AM

Wanneer jy dink aan die term "Huis van die Here" watter gedagtes kom by jou op?

Wanneer jy die woorde van Josua lees in Josua 24:15 watter beelde en praktiese implikasies behels dit as jy en jou huis die Here dien?

Screen Shot 2019 01 21 at 5.03.30 AM

Die griekse woord vir huis is "oikos" dit behels baie meer as net die gesin, dit omvat 'n familie, 'n gemeente, die bloedlyn van Jesus Christus wat ons almal insluit en al jou besittings.

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2019 01 21 at 5.15.54 AM

Watter drie aspekte staan vir jou uit as jy dink oor die "oikos" huisgesin van die Here?

 Eerste aspek in hierdie teks behels dat die Huisgesin van die Here hou dinge bymekaar hou-

 Screen Shot 2019 01 21 at 5.35.19 AM

Elke huisgesin het 'n stel reëls waarvolgens hulle leef en daardeur word die huis bymekaar gehou-

Screen Shot 2019 01 21 at 5.36.37 AM  

Hierdie reëls vind gestalte in die middel van die Kruis waar die huisgesin God se beeld na buite uitleef...

Die tweede aspek behels dat die huis van die Here is die inwoning van die Here

Screen Shot 2019 01 21 at 5.42.17 AM

Die derde aspek behels dat die huis van die Here is die draers en beskermers van Sy waarheid-

Screen Shot 2019 01 21 at 5.45.27 AM

Wanneer jy kyk na die foto van die pilare by die Vatikaan en jy dink aan die gedagte van die huisgesin is die draers en beskermers van die waarheid, hoe help die pilare om dit te verduidelik?

Screen Shot 2019 01 21 at 5.45.50 AM 

Aan watter dinge behoort ons vas te hou in vandag se tyd?

Watter dinge moet ons uit ons huise hou wat nie inpas by ons huisplan nie?

Lees die volgende drie teks gedeeltes:

Screen Shot 2019 01 21 at 5.52.05 AM

Hoe help hierdie drie teks gedeeltes met die verstaan van ons rol as inwoner?

Screen Shot 2019 01 21 at 5.25.10 AM

Wat is die gevaar van net 'n bywoner wees?

Screen Shot 2019 01 21 at 5.56.10 AM

Bid saam 

- Bid vir terugkeer na beginsels en waarheid wat ons geanker in God hou

- Bid dat God ons oë sal oopmaak vir aspekte wat Sy huis skade aanrig

- Bid dat ons huis mense sal verwelkom wat 'n lewende verhouding met God wil bou 

Hoe lyk jou woorde?

Screen Shot 2019 01 14 at 8.50.14 AM

Lees die teks - wat staan vir uit in die woorde van die pa?

Hoekom is woorde so belangrik as jy dink aan randfigure wat tot inkeer kom onder leiding van die Heilige Gees?

Hoekom is die woorde van die oudste seun hartseer woorde in kontras met die woorde van die pa?

Screen Shot 2019 01 14 at 8.50.26 AM

Wanneer jy dink oor Fresh se jaar tema "coming home" hoekom is ons woorde so belangrik om mense wat dood was, mense wat verlore was  - te laat tuis voel?

Hoe lyk sulke woorde in praktyk?

Screen Shot 2019 01 14 at 9.09.22 AM 

Deel met mekaar stories waar mense se woorde randfigure laat welkom voel het en ook stories waar mense se woorde nie randfigure laat welkom voel het nie- 

Lees die volgende twee teks gedeeltes:

Screen Shot 2019 01 14 at 9.15.46 AM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes as jy dink aan die belangrik van woorde?

Wat staan vir jou uit as jy dink aan die woorde van die Pa in Lukas 15?

Wat is ons rol as kerk om hierdie woorde op 'n daaglikse manier te gebruik om randfigure wat nie in die "kerk/gemeentskap van gelowiges" is welkom te laat voel?

Screen Shot 2019 01 14 at 9.19.23 AM

Ek en jy is die kerk - ons kry daagliks geleenthede waar die Heilige Gees mense tot inkeer bring om weer betrokke te raak by die kerk....

Die woord wat gebruik word in Lukas 15:20 "eidoo" beteken dieper kyk - om met 'n groter stuk sensitiwiteit te kyk en bewus te word van mense om jou wat woorde van welkom en aanvaarding soek vanuit die geloofsgemeentskap -

Hoe gaan jy dit doen in jou kringe waar jy beweeg?

Kyk die volgende clip: (click op die rooi)

Die krag van woorde

Screen Shot 2019 01 14 at 9.24.15 AM

Bid saam 

 

 

God se huis

Screen Shot 2019 01 07 at 1.32.50 PM

Wat is die verskil tussen iemand wat saam met die Heilige Gees wandel en iemand wat net bewus is van die Heilige Gees?

Wanneer jy aan 'n beeld dink van die Heilige Gees wat jou as gelowige begelei - is dit baie soos 'n pa wat sy kind leer om met gereedskap te werk-

Die Heilige Gees maak jou bewus van geleenthede waar jy deur die krag van die Gees - God se koninkryk kan versterk-

Screen Shot 2019 01 07 at 1.34.22 PM

Om dit beter te verstaan 'n kitaar kan perfek op noot wees, maar net die noot speel beteken niks. Dit het eers 'n kragtige effek as dit 'n wyse begin speel...

Kyk die volgende clip: (click op die rooi)

Tuning a 6 string...

Netso kan jy totaal en al bewus wees van die Heilige Gees en goeie dinge doen, maar nie 'n Goddelike wyse speel nie...

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2019 01 07 at 1.33.23 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink aan die Heilige Gees?

Op watter manier kan die Heilige Gees ons begelei om dit te realiseer?

Fresh se jaar tema - "coming home" behels 'n tema waar ons as gelowiges onder leiding van die Helige Gees aktief mense nooi om in God se huis te kom bly. 'n Plek waar God jou ontmoet met al jou foute en verlede - nes jy tans is...

Die Heilige Gees los jou nooit nes jy is nie...

Die Heilige Gees maak jou keer op keer bewus van die tydlose Goddelike wyse wat jy moet deel van raak om ander ook te nooi na God se huis-

Kyk die volgende clip: (click op die rooi)

Goddelike ritme

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2019 01 07 at 1.55.37 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink oor die ritme en wyse wat die Heilige Gees ons op begelei?

Hoe lyk dit prakties?

Hoe lyk so kerk waar mense dit uit leef?

Wat kan jy anders doen in 2019 op meer bewus te wees van hierdie wyse en dit prakties te leef?

Screen Shot 2019 01 07 at 2.00.26 PM

Wat staan vir jou in hierdie teks uit as praktiese aspekte waarin die Heilige Gees jou moet begelei in 'n nuwe wyse in 2019?

Wat is daar wat jy meer of minder moet doen om mense wat nog nie in God se huis is in te nooi?

Screen Shot 2019 01 07 at 2.06.17 PM

Sluit af en bid saam

Here help my op nie net bewus te wees van die Heilige Gees, maar op ritme saam te wandel

Here Jesus, help my om deur my wandel in 2019 mense aktief in te nooi na U huis

Amen...

  1. Kersfees liefde
  2. "Loopholes"
  3. Proximity not Performance
  4. God voorsien

Bladsy 65 van 98

  • Begin
  • Vorige
  • 60
  • 61
  • 62
  • 63
  • ...
  • 65
  • 66
  • 67
  • 68
  • 69
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting