aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

God voorsien deur Sy liefde

Screen Shot 2018 07 16 at 12.46.34 PM

Lees die stuk teks - wat staan vir jou uit in die manier hoe God voorsien?

God is liefde. Hoe voorsien God aan elkeen van ons in terme van Sy Goddelike liefde?

Kyk die volgende clip:

God se liefde - agape (click op die rooi)

Wat staan vir jou uit in hierdie clip? 

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2018 07 16 at 12.57.50 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink oor God?

Hoe lyk dit prakties?

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 07 16 at 1.14.40 PM

Wat staan vir jou uit in die teks?

 Hoe lyk dit prakties?

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 07 16 at 2.44.26 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks as jy dink aan God wat liefde is?

Wat staan uit in terme van God wat gees en lig is?

Hoe lyk dit prakties?

Screen Shot 2018 07 16 at 2.48.05 PM

Mag jy opnuut besef dat God se liefde vir jou nooit verander nie.

Mag jy opnuut besef dat God se liefde nie beinvloed kan word nie.

Mag jy opnuut besef God se liefde het geen einde nie.

Bid saam

 

 

God bly altyd dieselfde

Screen Shot 2018 07 09 at 3.23.39 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Wat beteken dit vir jou dat God nooit verander nie?

Screen Shot 2018 07 09 at 3.29.25 PM

Het dit vir jou al gevoel asof die Bybelse karakters en ons vandag se wêrelde twee wêrelde was?

Alles is anders - hulle tyd, hulle kultuur en taal,  tog is daar een kern element wat presies dieselfde bly ... GOD!

Lees die volgende stuk teks:

Screen Shot 2018 07 09 at 3.35.51 PM

Wat staan vir jou uit in Dawid se gebed?

Hierdie gebed bid Dawid na afloop van 'n proses waar hy en baie ander Israeliete skatte bymekaar gemaak het vir die bou van God se tempel.

Volgens argeoloë, as jy die waarde in vandag se terme bereken sou dit rondom 14 biljoen Amerikaanse dollar wees.

Screen Shot 2018 07 09 at 3.40.50 PM

Psalm 93:2 ego die woorde van Dawid, "Van geslag tot geslag."

God verander nie en stap 'n pad van voorsiening vir elke geslag, van geslag tot geslag.

Hoe het die Here al vir jou spesifiek voorsien?

EK IS

God se identiteit word beklemtoon as 'n God wat alles voorsien.

Lees weer vers 12 van 1 Kronieke 29. Wat staan vir jou uit?

Hoekom dink jy redeneer baie mense nie so nie, maar eerder dat hulle self gewerk het vir alles wat hulle het?

Wat leer Dawid vir ons hier?

Screen Shot 2018 07 09 at 4.00.58 PM

Wanneer laas het jy na al jou goed om jou gekyk, jou klere, jou motor en jou gesin en besef God het dit voorsien as genadegawe vir jou?

Hoe bestuur jy dit?

Screen Shot 2018 07 09 at 4.01.09 PM

Lees Hebreers 7:25

Wat staan vir jou uit as jy dink aan Jesus wat voorsien vir jou?

Mag jy opnuut groei in jou verstaan van God.

Mag jy opnuut besef God voorsien alles aan jou.

Mag jy ook God vertrou met jou alles!

Screen Shot 2018 07 09 at 4.21.54 PM

Bid saam

Soewereinheid in Sy Voorsiening

Hierdie week kyk ons na hoe God vir ons sy mag en liefde wys deur sy voorsiening.

Dit is nie net dat God 'n God van liefde is nie, maar ons kan ook in sy voorsiening sien wie Hy is en na wat Hy ons toe lei.

36354-manholdingBible-Bible-pexels.1200w.tn.jpg

Lees Romeine 8:31,35-39

In Romeine 8:31 word die vraag gevra: "As God aan ons kant is wat kan dan teen ons wees?"

Hier is die eerste teken van God se soewereinheid in sy voorsiening.  Hy is vir ons en ons reaksie daarop bepaal baie male ons uitkyk op die lewe en wat met ons gebeur.  As ons glo dat God almagtig is en "vir" ons is, is daar niks wat teen ons kan wees nie, want niks kan by SY krag kom nie. 

So ook wat sy voorsiening betref moet ons besef dat God vir elkeen van ons voorsien, maar nie op ons eie of die wêreld se terme nie.  God weet wat jou volle potesiaal is en wil jou so ontwikkel. Hy bepaal die voorsiening volgens dit wat nodig is om Sy wil te laat geskied.

Waar het God al in jou lewe voorsien?

Wat het jy van Hom geleer?

Wat het jy van jouself geleer?

01AlexHonnold.jpg

In Romeine 8:35 vra die skrywer "Kan enigiets ons van die liefde van God skei?"  

Hy skep die beeld van goed wat probeer om ons van die liefde van God te skei.  Soos 'n bergklimmer is ons almal besig om hierdie berg, wat die lewe is, uit te klim.  DIt voel baie of ons aan ons vingerpunte hang en ervaar in daardie oomblik geen liefde nie.  As God vir ons sê Hy is lief vir ons is dit nie 'n tydelike ding nie; dit strek tot in die ewige.  So sal dit wat Hy vir ons gee ook ewig wees al lyk dit hoe klein.  

Noem 'n voorbeeld van waar in jou lewe jy geskei van die liefde van God gevoel het?

Wat dink jy is die goed wat jou of jou naaste probeer skei van Sy liefde?

Wat leer ons uit Romeine 8:36-39?

Daar is oorwinning in die Here en deur die hulp en voorsiening van God kan ons dit behaal.  DIt is wel belangrik vir elkeen van ons om God te vertrou en spesifiek op SY almag te vertrou.  Ons moet weet dat Hy lief is vir ons en dat niks wat ons doen of met ons gebeur dit gaan laat ophou nie.  Hy is God en Hy is goed en so sal Hy vir ons goeie goed voorsien - dit wat goed is in Sy oë.

Wat sal jy as 'n oorwinning sien in jou lewe? (in werk, verhoudings.....)

Wat het jy nodig om dit te behaal?

Het jy al vir God gevra vir dit?

Wat was SY voorsiening?

36354 manholdingBible Bible pexels.1200w.tn

Lees saam Jesaja 6:13, 1 Petrus 1:5-7, Handeling 4:29

Hier lees ons van die stomp, goud en die wind

God se voorsiening leer ons van ons volle potensiaal (Jesaja 6:7) Hy gee sodat ons kan groei uit iets wat ons miskien sien as niks nie.

Goud

In 1 Petrus 1:5-7 lees ons dat ons soos goud getoets word om skoner en skoner te word. In dit moet ons weet dat God God is, al  verstaan ons nie altyd hoekom Hy doen wat Hy doen of gee wat Hy gee nie, maar ons weet dat dit vir 'n doel is.  Sy voorsiening wys vir ons iets van wie Hy is, maar werk ook aan ons na wie ons kan wees.

Handelinge 4:29 lees ons hoe die Apostels bid vir voorsiening.  Hulle was gewoond om met min te leef en het geweet dat voorsiening van God af kom en dat God groot is.  DIt is hoekom hulle nie voorsiening gesien het as 'n uitweg nie, maar as 'n geleentheid om gebruik te word.  Soos wind wat koriningare waai is God se voorsiening vir ons.  Sy voorsiening moet ons rigting help bepaal en is nie  daar om die rigting waartoe ons self wil beweeg te versterk nie.

Waar in jou lewe sien jy potensiaal vir groei en hoe sou jy vir God vra om jou te help groei?

Wat in jou lewe het nog bietjie werk nodig - soos die goud wat gesmelt en gesuiwer moet word?

As jy kyk na hoe God al in jou lewe voorsien het, wat glo jy is die rigting waarin Hy jou stuur?

 Screen Shot 2018 04 23 at 12.41.19 PM

Bid saam

  1. Die Here voorsien
  2. God is hier
  3. Die liefde is die hartklop van die evangelie
  4. Goddelike Karakter

Bladsy 66 van 91

  • Begin
  • Vorige
  • 61
  • 62
  • 63
  • ...
  • 65
  • 66
  • 67
  • 68
  • 69
  • ...
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting