Ons is besig met ons reeks: "Wie is God?"
Hierdie is die belangrikste vraag wat jy jouself kan vra, want dit bepaal hoe jy jou lewe gaan leef.
In Eksodus 34:5-7 openbaar God homself aan Moses. Ons gaan hierdie week kyk na die eienskap: "lankmoedig"
Wat beteken dit om "lankmoedig" te wees?
Die letterlike Hebreeuse vertaling van die oorspronklike geskrifte behels "lang neus" met ander woorde wanneer ek en jy kwaad word dan raak jou neus korter...
Waarvoor dink jy raak God kwaad?
Waarvoor raak jy kwaad?
Ons lees in Jona 4:2, Jona het geweet God is lankmoedig en genadig. Jona het geweet God sal die mense in Nineve vergewe as hulle na God draai en saam met God begin wandel.
Wat nogal uitstaan in die storie van Nineve, 150 jaar later word hulle uitgeroei. Kyk na die verskillende hoofstukke se opskrifte in die boek Nahum...
Wat staan vir jou uit in die titels van die verskillende hoofstukke?
Wanneer ons na die boek Nahum kyk sien ons God se lankmoedigheid tot 'n einde kom met 'n stad wat weer en weer terug draai na hulle verkeerde paaie.
Wanneer ons na die Nuwe Testament kyk en spesifiek na Jesus kyk, sien ons dat Jesus ook kwaad geword het.
Lees die volgende twee gedeeltes:
Wat staan vir jou uit in hierdie twee teks gedeeltes?
Waarvoor raak Jesus kwaad?
Ongeregtigheid is die kern van Jesus se woede, raak jy nog kwaad vir ongeregtigheid?
Raak jou "neus korter" vir mense wat ander mense verontreg?
Raak jou "neus korter" vir ongeregtigheid?
Wanneer ek en jy as gelowiges nie meer kwaad word vir ongeregtigheid nie, het ons nie meer 'n gesonde invloed op hierdie wêreld nie!
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Lees die volgende twee teks gedeeltes uit Spreuke:
Wat staan vir jou uit in hierdie twee teks gedeeltes in terme van woede?
Mag jy opnuut besef - woede is deel van mens wees, selfs Jesus het kwaad geword.
Mag jy opnuut besef - jy word geroep om vir die regte goed kwaad te word.
Mag jy ervaar dat die Heilige Gees jou sal begelei om vir die regte dinge kwaad te word.
Bid saam
Ons is besig met 'n reeks wat kyk na die vraag: "Wie is God?"
In Eksodus 3, by die brandende bos, vra Moses vir die Here - "Wat is U naam?". In Eksodus 34 stel God Homself bekend aan Moses en omskryf God Sy naam en die betekenis daarvan.
Lees die volgende stuk teks:
Ons gaan hierdie week fokus op die volgende twee eienskappe van God:
Hoe sal jy hierdie twee eienskappe wat God bekend maak oor Sy karakter aan Moses in Eksodus 34:5-7 aan iemand verduidelik?
Lees die volgende stuk teks: 1 Konings 3:16-28
Kyk weer na vers 26 in die volgende drie vertalings.
Wat staan vir jou uit in die vertalings in terme van God wat barmhartig is?
Wat behels dit om barmhartig te wees?
Lees die volgende twee teks gedeeltes:
Hoe help hierdie twee teks gedeeltes ons verstaan van God wat 'n barmhartige God is?
Wanneer ons kyk na die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15, wat staan vir jou uit van die pa se barmhartigheid teenoor die jonger seun?
Hoe help dit jou om God se barmhartige hart te verstaan?
Om 'n barmhartige God te dien as jou en my Here en Verlosser vra om ook self barmhartigheid te betoon aan mense om jou.
Hoe evalueer jy jouself in terme van jou eie barmhartigheid teenoor ander om jou?
Die tweede eienskap van hierdie week behels 'n God wat genadig is. Hoe verstaan jy God se genade?
Vertel die storie van Jona vir mekaar - Hoe getuig hierdie storie van God se genade?
Lees die volgende stuk teks uit Jona:
Wat staan vir jou uit in hierdie vers? Dit ego die woorde van Eksodus 34:5-7...
Hoekom is dit belangrik as jy dink aan die praktiese kant van God se genade vir mense wie ons dink dit nie verdien nie?
Hoe evalueer jy jouself in terme van hoe jy genade uitdeel aan mense wat dit, soos ek en jy, nie verdien nie?
Soos Genesis 17:1 sê, om saam met God te wandel in opregtheid behels om barmhartigheid en genade uit te deel.
Mag jy opnuut Romeine 12:2 lees en besef dit begin by jou denke te vernuwe.
Mag jy opnuut onder leiding van die Heilige Gees jou denke vernuwe om ook barmhartigheid en genade uit te deel.
Mag jy dit juis deel met mense wat dit nie verdien - soos ek en jy!
Bid saam
Lees die bogenoemde teks:
Ons is besig met ons reeks: "Wie is God vir jou?"
God openbaar Homself aan Moses op die berg met die woorde van Eksodus 34:5-6
Ons tema vir hierdie week: "God vol liefde en trou"
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie Psalm?
Wanneer ek dink aan die eienskap van God - vol trou en liefde...
Wat verstaan jy onder trou of getrouheid?
Bespreek God se "trou" / "getrouheid" in jou groep.
God openbaar Homself as 'n God wat "trou" betoon - van geslag tot geslag wat niks ander behels as 'n verbonds God.
Psalm 89 verwys ook daarna - die Hebreeuse woord "gesed" wat vertaal word as trou het ook 'n aantal sinonieme wat vertaal word met die volgende paar woorde:
"troue liefde; onfeilbare liefde; verbondsliefde; waarheid en betroubaar"
Bespreek die volgende vraag in terme van die bogenoemde teks gedeeltes:
God is die verbonds God wat Sy "trou en liefde" van geslag tot geslag openbaar aan jou en my.
Hoe verstaan jy dit?
Ek en jy word geroep om getrou te wees aan God soos in Efesiërs 5 waar die beeld gebruik word dat ons, die kerk, Jesus se bruid is.
In 'n huwelik word waarheid en trou baie hoog geag - hoe lyk jou trou aan God tans?
Lees die laaste stuk teks van die week en bespreek wat vir jou uitstaan in terme van God se trou en liefde vir jou persoonlik.
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Wat staan vir jou uit in hierdie paartjie se wandel saam met God en hulle verstaan van God se trou en liefde?
Mag jy groei in jou verstaan van God se trou
Mag jy groei in jou verstaan van God se liefde
Mag jy God se trou en liefde leef!
Bid saam...