aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jy is ook 'n bouer vir God en die duiwel hou nie daarvan nie!

Screenshot 2022 01 30 at 2.57.12 PM

Begin jou groep om saam te bid

Screenshot 2022 01 30 at 2.57.03 PM

Wat het vir jou sover uitgestaan in die reeks oor Nehemia?

Hoofstuk 1 - bid God se beloftes?

Hoofstuk 2 - beweeg na iemand wat jou kan help?

Nehemia se vas?

Screenshot 2022 01 30 at 2.57.17 PM

Lees saam as groep Nehemia hoofstuk 4, wat staan vir jou uit in die manier hoe Nehemia die aanslae om die bouwerk te staak oorkom en hoe die Here hulle help?

Screenshot 2022 01 30 at 2.57.27 PM

Ons elkeen is 'n bouer vir die Here op verskillende areas in die wereld.

Waar het jy al iets gedoen vir die Here waar jy aanslae gekry het?

Wat doen jy tans waar jy aanslae kry?

Screenshot 2022 01 30 at 2.57.37 PM

Lees 2 Timotues 3:12, wat beteken dit vir ons as gelowiges?

Screenshot 2022 01 30 at 3.05.49 PM

Lees hierdie teks gedeelte

Wat gebeur wanneer ek en jy die Here se koninkryk help bou?

Elke steen wat gebou word vir die Here behels dat die duiwel se beheer kleiner raak in hierdie wereld. Dis is die hoof rede hoekom gehoorsame gelowiges se aksies gehaat word deur die duiwel en aanvalle ervaar.

Screenshot 2022 01 30 at 3.06.02 PM

Wanneer ons as gelowiges dit weet besef ons daar is 'n dieper les in die storie van Nehemia 4

Ons leer eerstens dat elkeen van ons se verdediging in ons goeie bou werk moet ook 'n aanval strategie he.

Nehemia se bouers het letterlik met die een hand gebou en die ander hand hulself verdedig met die swaard!

Dit behels om te bid - gebed is die gelowige se sterkte aanval teen die duiwel.

Screenshot 2022 01 30 at 3.06.15 PM

Hoe lyk jou strategie as jou goeie bou-werk vir die Here aangeval word?

Screenshot 2022 01 30 at 3.12.47 PM

Wanneer ons as gelowiges die Here se wil doen en gehoorsaam wil wees behels die werklikheid altyd dat dit baie moeilik is. Ons as gelowiges het net soos die mense in Nehemia 'n verantwoordlikheid teenoor mekaar om mekaar te help in tye van nood en in tye waar ons aangeval word om die bou werk te staak.

Hoe het ander gelowiges jou al gehelp in die voltooing van jou werk?

Hoe het jy al ander gelowiges gehelp in hulle voltooing van hulle werk?

Screenshot 2022 01 30 at 3.12.59 PM

Een van die mooiste dele van Nehemia 4 is waar ander gelowiges, gelowiges wat gebou het gewaarsku het teen aankomende gevaar.

Hoe lyk dit prakties in jou lewe?

Laat jy toe dat gelowiges jou waarsku as gevaar kom?

Screenshot 2022 01 30 at 3.13.12 PM

 Een van die aspekte van Nehemia 4 behels dat God se bou werk is nooit plat teer pad nie- die duiwel sal altyd 'n stok in die wiel steek. 

Screenshot 2022 01 30 at 3.28.01 PM

Wat is die plekke waar jy tans bou?

God se waarheid is tydlose waarheid - waar verbuig individue of groepe tans God se waarhede?

Hoe kan jy daar bou en hoe kan jy ander versterk?

Families is die bousteen van 'n Goddelike samelewing-

Hoe kan jy ander versterk in hulle gesin?

Hoe kan jy ander versterk wat bou in God se koninkryk?

Screenshot 2022 01 30 at 3.28.07 PM

Bid saam

 

 

VAS & BID

vas1.jpeg

Daar word meer in die Bybel oor Vas geskryf as oor doop, maar ons is streng ernstig oor die doop, en nie oor vas nie. Het ons geloof maar net 'n klomp "checkpoints" geword wat ons gewete laat sis? 

Doen ons al hierdie Christen "stuff" omdat ons voel ons doen dit nou al vir so lank so, om ons reputasie as Christen te behou tussen ons vriende en kolegas, of om werklik 'n lewende verhouding met God te hê?

vas2.jpeg

Ons mik vir die laaste een... 

Ons wil graag 'n lewende, intieme verhouding met God hê.

Ons wil op God vertrou en op Hom staat maak, in die lekker en maklike tye, asook in die moelike tye.

Ons wil God ken en vir Hom lewe.

Ons wil in die wil van God lewe.

Ons kan in die wil van die Here lewe en Hom leer ken en 'n verhouding met Hom bou deur die Bybel te lees, en dan natuurlik deur om te bid.

Daarom praat ons vandag oor Vas & Gebed.

 

Lees Matteus 6 saam.

vas3.jpegvas4.jpegvas5.jpegvas6.jpeg

Sien julle dat Jesus oor "gee, bid en vas" praat met 'n verwagting dat Sy volgers dit gaan doen?

Is ons besig om volgens hierdie maatstaf te lewe?

Kom ons praat oor VAS.

vas7.jpegvas8.jpeg

vas9.jpegvas10.jpegvas11.jpeg

Ons vas sodat ons op God kan vertrou en op Hom kan staat maak in omstandighede wat vir ons onmoontlik lyk om te verander. Maar, alles wat in God se wil is is moontlik.

vas12.jpeg

In die Bybel lees ons so baie van mense wat gevas het voordat iets groots gebeur het, soos Moses wat gevas het vir 40 dae net voor hy die 10 gebooie ontvang het. 

vas13.jpeg

Die Israeliete het gevas voor hulle ń oorwinning gekry het. 

vas14.jpeg

Daniël het gevas om leiding van die Here af te kry.

vas15.jpegvas17.jpeg

Nehemia het gevas voor sy groot bou projek. 

vas18.jpeg

Jesus het gevas terwyl Hy versoekings oorwin het en net voor Sy bediening begin het om Hom voor te berei. 

vas19.jpeg

 

vas20.jpeg

Lees hierdie gedeelte oor vas wat Bill Bright in sy boek skryf:

"Receiving God's best blessing from a fast requires solid commitment. Arranging special time each day with God is absolutely crucial in attaining intimate communion with the Father. You must devote yourself to seeking God's face, even (and especially) during those times in which you feel weak, vulnerable, or irritable. Read His Word and pray during what were mealtimes. Meditate on Him when you awake in the night. Sing praises to Him whenever you please. Focus on your Heavenly Father and make every act one of praise and worship. God will enable you to experience His command to "pray without ceasing" as you seek His presence. 

As you enter this time of heightened spiritual devotion, be aware that Satan will do everything he can to pull you away from your prayer and Bible reading time. When you feel the enemy trying to discourage you, immediately go to God in prayer and ask Him to strengthen your resolve in the face of difficulties and temptations. 

The enemy makes you a target because he knows that fasting is the most powerful of all Christian disciplines and that God may have something very special to show you as you wait upon Him and seek His face. Satan does not want you to grow in your faith, and will do anything from making you hungry and grumpy to bringing up trouble in your family or at work to stop you. Make prayer your shield against such attacks. 

Do not become so caught up in praying for yourself and others that you forget about simply reverencing and praising God. True spiritual fasting focuses on God. 

Center your total being on Him, your attitudes, actions, motives, desires, and words. This can only take place if God and His Holy Spirit are at the center of your attention. Confess your sins as the Holy Spirit brings them to your attention and continue to focus on God and God alone so that your prayers may be powerful and effective. 

A renewed closeness with God and a greater sensitivity to spiritual things are usually the results of a fast. Do not be disappointed if you do not have a "mountaintop experience," as some do. Many people who have successfully completed extended fasts tell of feeling a nearness to God that they have never before known, but others who have honestly sought His face report no particular outward results at all. For others, their fast was physically, emotionally, and spiritually grueling, but they knew they had been called by God to fast, and they completed the fast unto Him as an act of worship. God honored that commitment. 

Your motive in fasting must be to glorify God, not to have an emotional experience, and not to attain personal happiness. When your motives are right, God will honor your seeking heart and bless your time with Him in a very special way."

 

vas21.jpeg

Daar is klomp verskillende vasse en die tyd word deur die Heilige Gees bepaal, of deur die omstandighede.

Vas kan van alle kos wees, of 'n "gedeeltelike vas" kan van 'n sekere ete wees, of van 'n seker kos soort of groep.

vas22.jpeg

Moses het geen kos geëet nie vir 40 dae voor hy die 10 gebooie gekry het.

Jesus het geen kos geëet nie vir 40 dae voor Sy bediening begin het.

Daniël het net groente geëet todat die tyd gekom het om homself te bewys aan die koning.

Nehemia het geen kos geëet nie terwyl hy toegewyde gebede gebid het voor sy groot bou projek.

Die vraag is: vir wat vas ons en hoe vas ons?

Dalk is daar 'n familie krises wat net God uit kan sorteer, of 'n vriend wat 'n rowe lewe leef wat rigting nodig het, of 'n kind wat siek is of iemand wat sukkel. Miskien is jy in 'n nuwe seisoen van jou lewe en jy het leiding nodig. Daar kan 'n klomp redes wees waarvoor ons kan vas. 

As jy nie weet waarvoor jy kan vas nie, stel ek voor om vir jou verhouding met die Here en 'n verdieping in jou geestelike lewe met God te vas.

Vas gaan oor toewyding aan die Here. Dit is vir Sy glorie en vir Sy wil wat ons vas. 

Wat jy vas moet jy self bepaal. Dalk wil jy "hardcore" gaan en alle kosse vir 'n week te vas.

Of as dit alless nog baie nuut is vir jou, vas van iets wat jy dink jy nodig het, soos koffie, of suiker, of eet net groente of drink net sap. 

As mediese probleme dit nie toelaat om van kos te vas nie, vas dan iets waarvan jy afhanklik geraak het, soos "Social Media", of iets waaraan jy baie tyd spandeer, en vervang die tyd wat jy daaraan sou spandeur met gebed en Bybel lees.

vas23.jpeg

Laat toe dat die Here vir jou in jou hart wys vir wat jy moet vas, en vas daarvoor. Bid daaroor en vertrou dat die Here se wil sal geskiet. Gebruik die voorbeeld van Jesus se leering oor hoe om te bid terwyl jy vas, of dié van Nehemia en Daniël.

Lees bietjie die week op oor vas, en kom ons vas saam. Dit hoef nie net nou te wees nie, maar maak vas en bid deel van jou reis met Jesus.

 

vas24.jpeg

Bid saam.

 

 

Nehemia 2: Maak die skuif

Ons is tans besig met 'n reeks oor Nehemia.  Nehemia, die skinker in die paleis, kry in Nehemia 1 die nuus dat Jerusalem in puin lê en dit ontstel hom al is dit honderde kilometer weg en reeds vir meer as honderd jaar so.

Nadat Nehemia 4 maande met die gedagte van 'n stukkende Jerusalem geworstel het, met vas en gebed, het hy in Nehemia 2 besluit om oor te gaan tot aksie en sy honger na verandering met Koning Artisasta te deel.

neh1

Lees Nehemia 2:1-20 aandagtig deur.  

Wat staan vir jou uit van hierdie storie?  Wat merk jy op van Nehemia en die koning se dade?

Neh2

Beide Nehemia en die koning gee om en stel belang - Nehemia gee om vir sy volk in Jerusalem en die koning gee om oor Nehemia se welstand.  

Hoekom dink jy misluk soveel Nuwejaarsvoornemens, soveel verhoudings, eindig besighede in korrupsie en misluk goeie planne?  Ons lewe in 'n apatiese samelewing - mense het opgegee, voel vere, trek hul skouers op, kyk anderpad, gee net nie meer om nie.  Wat is jou belewenis hiervan?  

Ons as Christene is geroep om betrokke te raak, om te gee, te worstel en te woeker!

Nehemia het nie nodig gehad om hom oor Jerusalem te bekommer nie, maar hy het en sy brawe stap was die eerste steen in die muur na herstel.

Neh3

Lees weer vers 11&12 en 16.  Wat staan vir jou uit in hierdie teksgedeeltes?  Nehemia het stilgebly oor sy planne.  

Hoekom dink jy het hy stilgebly?  Een moontlike rede is omdat hy eerder vir hulle wou wys as om beloftes te maak wat nie realiseer nie.  Die tyd het gekom om minder te praat en meer te doen!  

Lees 1 Joh 3:18 en Jakobus 1:22-25.  Wat is daar wat jy al lankal uitstel om te doen?  

Dalk iets nuuts by jou werk, dalk iemand nooi vir koffie, dalk 'n kleingroep begin of 'n verhouding herstel, oefen, bid, kerk toe gaan...  

Neh5

Nehemia was nie lamgelê deur sy ontsteltenis nie.  Sy reaksie het oorgegaan na aksie.  Al is dit iets wat jou kwaad maak, ontstel of iets waarmee jy tevrede is, jou opgewonde maak - hoe gaan dit oor in aksie?  

God roep ons om nie net te oorleef nie, maar te leef, te verander, te beweeg!

Lees Matteus 7:24-27.  Wat hoor jy opnuut uit hierdie storie?  Met watter bouer identifiseer jy jouself?  

As jy deur iets gepla word, ontstel word, geroer word, maar nog nie iets daaraan gedoen het nie, gaan jou huis ook omgewaai word.  

God is reeds betrokke by jou lewe deur die Heilige Gees wat met jou 'n pad wil stap - wat gaan jou volgende skuif wees?  Onthou jy die video van die toeskouer op die gras wat alleen gedans het?  Toe 'n tweede en 'n derde persoon by hom aansluit, het dit 'n beweging geraak en was dit nie meer so verspot nie, maar iemand moes daardie tweede en derde skuif maak!  God maak die eerste skuif, wat gaan jou reaksie en aksie daarop wees?

Neh6

Dink bietjie aan die muur wat jy hierdie jaar wil bou by jou werk, in jou huis, in jou persoonlike lewe, jou geloofslewe.

 Moenie lamgelê wees deur die groot taak nie - begin by die eerste steen.  Dalk is jy op 'n plek van skuld en skaamte en haak daar vas - dan moet jy beweeg!  Dalk sit jy op die kantlyn en wag vir ander mense om dinge te laat gebeur - dan moet jy beweeg!  Dalk is jy in 'n gemaksone met jou persoonlike lewe - dan moet jy beweeg!  

Geloof is beweging ten spyte van vrees en onsekerheid en die risiko's daaraan verbonde.  En geloof is reaksie wat oorgaan na aksie.  Moenie vra wie se skuld dit is, wie moet eerste vergifnis vra of verskonings uitdink waarvoor jy wag nie - as die Here dit op jou hart druk, moet jy daardie eerste steen lê tot versoening.

HAND PRAY

Verlede week het ons gepraat oor gebed.  Wat gaan jy hierdie week doen om dit in aksie oor te sit?  

Gaan na iemand toe en maak 'n verbintenis om vir mekaar te bid hierdie week.  

BID SAAM.

*Here, help ons om ons kreatiwiteit te gebruik om dinge te begin en te inisieer, uit vrye wil, eerder as om toeskouers te wees

*Here, dankie dat U die eerste skuif maak altyd

*Here, help my om my werk, huwelik, vriendskappe, geloofslewe na 'n nuwe vlak te skuif.

Amen

  1. Nehemia se gebed
  2. VREUGDE
  3. Die Naam van die Here is ons veilige vesting
  4. Hoe dink jy oor jou eie kruise?

Bladsy 8 van 89

  • Begin
  • Vorige
  • 3
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • 11
  • 12
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting