Lees Jakobus 1:22 - wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
Ons is besig met 'n reeks wat gaan oor die beginsel om nie net te hoor nie, maar om te hoor en te doen.
Wat het jy die laaste tyd gehoor in God se woord en nie gedoen nie?
Hierdie week fokus ons op sonde belydenis.
Wanneer ons oor sonde belydenis praat is daar drie belangrike teks gedeeltes waarna ons eers moet kyk.
Lees die volgende drie teks gedeeltes:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes as jy dink aan sonde belydenis?
Ons gaan hierdie week kyk na die beginsel en aksie van sonde belydenis vanuit die Ou en Nuwe Testament.
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
God gee vir die Israeliete 'n lewensles in Numeri. Hoe lyk jou belydenis van sonde tans?
Is dit iets wat jy net teenoor God bely of herstel jy ook jou fout?
Sommige foute is nie herstelbaar, bv. vanuit 'n finansiële perspektief, nie, maar verg steeds 'n mondelinge verskoning.
Wat maak dit so moeilik?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte van Saggeus se storie?
Om in die teenwoordigheid van die Here Jesus te wees het die neiging om my en jou bewus te maak van ons foute.
Wat is daar wat jy nog teenoor God moet bely en moet gaan herstel?
Lees hierdie stuk teks:
Wat behels hierdie teks in praktyk?
Watter rol speel gebed in hierdie proses?
Mag jy opnuut besef daar lê vryheid in sonde belydenis.
Onthou dat sonde belydenis begin by jou belydenis teenoor God.
Mag jy ook die krag van die Heilige Gees ontvang om te gaan regmaak waar nodig.
Bid saam
Wat is die doel van die strepies-kode?
Gestel jy het een blikkie baked beans en een blikkie bully beef – hoekom sal hulle nooit dieselfde strepies-kode ophê nie?
Kan ek die baked beans na bully beef verander deur net die ander blikkie se strepieskode daarop te plak?
Baie Christene dink so oor hulle geloof: Ek hoef net ’n paar Christelike rituele te doen van tyd tot tyd of aan ’n geloofsgemeenskap te behoort om gered te wees en eendag Hemel toe te gaan; my hart en my leefstyl hoef nie saam te verander nie – m.a.w. ek het die strepies-kode van ’n Christen, maar die inhoud van my ‘blikkie’ hoef nie ooreen te stem nie.
Dit gaan vir God in die eerste plek oor WIE jy is aan die binnekant – die regte WIE sal die regte WAT doen.
Lees saam:
Wat hoor jy in die teks?
Watter kommentaar lewer dit op die sogenaamde ‘Sondags-Christenskap’?
Hoekom keer hierdie tipe Christenskap mense om Jesus aan te neem?
Wat dink jy van die slagspreuk: “Christians aren’t perfect, just forgiven?”
Beteken die feit dat ons vergewe is o.g.v. ons geloof in Jesus, dat ons nie hoef te strewe na perfeksie nie?
Wat beteken hierdie aanhaling vir jou?
Hoekom dink jy is daar soveel Christene wat net aan die ‘minimum vereistes’ voldoen en nie gedissiplineerd strewe om geestelik te groei nie?
Dink gou waar jy verlede jaar op jou geestelike reis was – het jy gegroei? gestagneer? Sukkel jy nog met dieselfde goed, of het jy nuwe uitdagings?
Die probleem is dat baie Christene dink die ‘pay-out’ van ons geloof skop eers in na die dood = ewige lewe, Hemel, God se teenwoordigheid en is hulle daarom tevrede met ’n minimum-onder-die-radar Christenskap. Jesus het egter in Joh. 10:10 gesê dat Hy gekom het sodat ons lewe in oorvloed kan hê – nou, hier – deur te leef soos Hy ons geleer het om te leef. Baie Christene mis die kans om nou reeds ’n ewige-tipe-lewe te leef.
Stem jy saam hiermee? Hoekom/hoekom nie?
Jesus het gesê: “Bekeer julle want die Koninkryk van die Hemel het naby gekom.” M.a.w. geloof hou nouliks verband met ’n sekere tipe leefstyl. Die vroeë Christene het die wêreld verander nie deur die verkondiging van teologie nie, maar die naleef van dit wat Jesus hulle geleer het.
Droom saam: hoe sal Windhoek en Namibië se probleme anders lyk as elkeen wat meen dat hy/sy ’n Christen is, begin leef soos ’n Christen?
Wanneer ons dink aan sonbrand olie en die aanwending daarvan, ken ons dikwels die woorde, "Jy moet sonbrand olie aansmeer!"
Hoeveel keer gaan hierdie woorde oor in aksie?!
Wanneer ons Jakobus 1:22 lees leer ons dat wat ons hoor moet ons doen.
Wat beteken die simbool van die kruis vir jou persoonlik?
Die kruis is een van die bekendste simbole.
Die kern betekenis agter die kruis is vergifnis - Jesus Christus wat sy lewe gegee het vir elkeen van ons - persoonlik, op die naam.
Wat beteken dit vir jou?
Een van die aspekte van menswees is seerkry - fisiese en emosionele pyn.
Hierdie emosionele pyn word dikwels veroorsaak deur mense wat jou te na gekom het.
Ons menslike seer wat ons ervaar deur ander wat ons te na gekom het lei baie keer na 'n "grudge" wat ons saam met ons dra.
Hierdie "grudge" is dikwels die direkte gevolg van onvergewinsgesindheid wat baie van ons saam met ons dra.
Wat sê die Skrif en die kruis vir ons hieroor?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat hoor jy wat jy moet gaan doen?
Wat maak dit so moeilik?
Wat staan vir jou uit in elkeen van die volgende verse: 17, 18, 19, 20 en 21?
In hierdie teks gedeelte in Romeine 12 leer ons 4 beginsels van die vergifnis proses.
Ja, dis 'n proses! 'n Moeilike proses wat soms baie tyd, energie en 'n hegte verhouding in totale afhanklikheid met God behels.
Die eerste element is God vergewe my en jou "nes ons is" deur Jesus Christus wat aan die kruis gesterf het vir elkeen van ons.
Die tweede element behels - mense wat vergewe is, vergewe ook ander.
Die derde element behels - God sal oordeel, dis God se reg, nie ons as mense s'n nie.
Die vierdie element behels 'n proses wat bou op die eerste drie elemente. Jou dade as gelowige sal bewys lewer van iemand wat die kwaad oorwin met die goeie.
Mag jy opnuut dat die hartklop van die kruis vergifnis is.
Mag jy opnuut besef Jesus Christus het jou vergewe vir alles.
Mag jy opnuut groei in jou verstaan dat mense wat vergewe is, vergewe ook.
Mag jy in totale afhanklikheid saam met die Here wandel in hierdie proses.
Bid saam
Mag jy opnnut beseff