Lees die bogenoemde teks -
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Die woord ondervind kan ook vertaal word met "proe"
Wanneer laas was jy kinderlik opgewonde oor die die Here?
Wanneer laas het jy met kinderlike afwagting saam met die Here gewandel in afwagting dat die Here jou gaan verras?
Kyk die volgende clip:
Wat het al gebeur dat jy hierdie kinderlike ervaring en vermoë verloor het?
Wat dink jy is die rede dat soveel mense nie meer so voel oor die Here nie?
Wat is die dinge wat jou perspektief verander oor die manier hoe jy die Here ondervind?
Wat is die dinge wat jou perspektief oor God se goedheid verander?
Hoekom is dit so hartseer?
Een van die aspekte om God te ervaar en te ondervind is om dit op 'n kinderlike manier te doen-
Wat behels dit om te glo soos 'n kind?
Wat is die verskil tussen 'n kinderlike geloof en 'n kinderagtige geloof?
Hoe verander mens kinderagtig na kinderlik?
'n Kerk is niks anders as 'n groep mense wat saam beweeg - hoe lyk 'n kerk waar mense kinderlik opgewonde is oor die Here?
Hoe lyk 'n kerk waar mense kinderlik opgewonde is om die Here te ondervind en te ervaar?
Mag jy opnuut die Here "proe" en ervaar in 'n nuwe manier.
Mag jy opnuut opgewonde raak soos 'n kind.
Mag jy opnuut saam met die Here wandel in afwagting.
Bid saam
Deel insidente waar die Here voorsien het in jou lewe in 2017?
Is daar dinge in jou lewe tans waarop jy wag op God?
Kyk die volgende video (click op die rooi):
Lees die volgende teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat maak Abraham se geloof in God so sterk?
Hoekom is dit normaal om soos Isak te redeneer?
Hoe dink jy het Isak gevoel toe hy uiteindelik op die altaar lê - dink jy hul albei se geloof was steeds so sterk?
Wat maak geloof so moeilik?
Lees Hebreërs 11:1 - wat staan vir jou uit in hierdie definisie van geloof?
Waar is jy tans in jou lewe?
Op wat maak jy staat om te "voorsien" vir dinge waaroor jy eintlik geen beheer het nie?
Wat staan vir jou uit in die storie van Abraham wat met God wandel....
Hoe kan jou geloof in God groei om te vertrou dat Hy sal voorsien?
Dink weer oor die dinge waarop jy huidiglik wag ... wat gee jou geloofsekerheid dat sal God voorsien?
Dink bietjie of daar ander maniere is waarop Hy dalk voorsien as die manier waarin jy nou vaskyk of waaraan jy miskien gewoond is.
As jy tyd het, luister die volgende lied:
Bid saam
Wanneer jy aan dans dink - wat is die kern elemente vir 'n lekker dans?
Wat is die groot verskil tussen los dans en vas dans?
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
God wil met jou dans- met jou 'n lewe lank dans
Lees die volgende teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks as jy dink oor dans?
Wat dink jy is die verskil tussen om vir God te dans en saam met God te dans?
Kyk die volgende clip:
Wat staan vir jou uit in hierdie clip?
Wanneer jy dink oor die blinde man wat die meisie leer om te dans, is dit belangrik om die Here te vertrou...
Wat behels dit om die Here te vertrou in hierdie Goddelike dans?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat is die kern van 'n dans met God?
Wat behels dit dat God jou en my moet lei in hierdie Goddelike dans?
Hoe begelei God ons in hierdie Goddelike dans verhouding?
Lees die volgende twee teks gedeeltes?
En die volgende teks gedeelte:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wie is die kern van hierdie Goddelike dans, wat jou en myself 'n Goddelike ritme gee?
Lees die volgende teks:
Hoe maak Jesus hierdie Goddelike dans moontlik vir my en jou?
Kyk die volgende clip:
Wow - Hoe kragtig die effek van 'n paartjie wat dans
Mag jy opnuut opgewonde raak oor jou Goddelike dans met God
Mag jy opnuut die ander dinge evalueer waarmee jy alleen dans en terug keer na God
Mag jy deur hierdie dans nog nader in ritme met Jesus wandel
Bid saam