Lees Romeine 8:1-4
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes?
Wanneer jy hierdie teks lees is die kern Jesus se krag waardeur ek en jy vry gemaak is.
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Uit watter krag leef jy?
Wanneer jy uit 'n ander krag leef eindig dit in die dood.
Orals in die Ou Testament word verwys na die Gees van die Here het oor die individu gekom.
Daar is net een Gees wat jou kan versterk en lewendgewend van aard is, dis God se Gees in die vorm van die Heilige Gees.
Dis so belangrik om daagliks vir die Here te vra - Here lei my, Here versterk my vandag...
Wanneer laas het jy dit deel van jou daaglikse gebed gedoen?
Hoe kan jy dit meer prominent in jou lewe maak?
Ek en jy word nie geroep deur die Here om 'n "snowflake" gelowige te wees, iemand wat nie opstaan vir wat reg is nie.
Die Heilige Gees versterk ons juis daarvoor - om te staan vir die waarheid!
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Die dinge waarop jy die meeste fokus is gewoonlik die dinge wat jy tref!
Het jy al 'n leeu hoor bril? Daar is iets in 'n leeu se bril, maar 'n bril op sy eie is nie 'n entiteit nie. Die lewendige leeu kort.
Ons sondige natuur is soos die leeu se bril, dit mag nooit ons lewens heers nie.
Ons fokus moet altyd bly op die leeu.
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Wat beheer jou tans?
Sonde bind jou en my - Jesus Christus maak ons vry.
Sonde bind jou - die Heilige Gees gee jou die moed van jou oortuiging om dinge "uit te sort"
Dit help jou om dinge in die naam van Jesus uit te sorteer.
Wat is daar wat jou tans bind?
Wanneer laas het jy gebid vir krag van die Heilige Gees om jou dinge uit te sorteer?
Wat staan vir jou in die stuk teks uit?
Wat is die verskil tussen iemand wat gelei word deur die Heilige Gees en iemand wat gelei word deur die sondige natuur?
Waar word jy nog gelei deur die sondige natuur?
Wat moet jy verander onder leiding van die Heilige Gees?
Wat staan vir jou uit in hierdie stuk teks?
Mag jy opnuut besef God nooi jou uit om Hom Abba te noem
Mag jy dit onderleiding van die Heilige Gees leef en spreuk!
Bid saam...
God roep ons elkeen op 'n avontuur. Een waar ons sy getuies in die uithoeke van die wêreld kan wees.
Lees saam Handelinge 1:1-11
Op watse wyse is jy besig om 'n getuie te wees in die wêreld?
Wat bepaal die manier waarop jy getuig?
Hoe bepaal die omgewing waar jy is hoe jy 'n getuie is?
Die manier hoe jy getuig moet as 'n avontuur gesien word. Niks behalwe die pad waarop jy gesit is en God wie jou daar gesit het moet bepaal hoe jy dit doen nie.
Lees saam:
Psalm 16:6-11
2 Korintiërs 11:26-27
Matteus 4:18-20
Effesiërs 3:19-13
Wat leer ons hier oor die avontuur wat God ons op wil stuur?
Hoe moet ons uitkyk wees op die uidagings wat voorlê a.g.v hierdie avontuur?
Wat keer ons om op hierdie avontuur te gaan?
Daar is sekere benodighede wat noodsaaklik is vir enige avontuur.
Wat is 'n paar praktiese benodighede wat jy moet hê as 'n 'n getuie van Jesus Christus moet wees?
Die Ou-Testament wys ons 'n paar benodighede vir 'n pad met God en hoe die avontuur uitgeleef kan word.
Lees saam Rigters 7 en die storie van Gideon en sy 300 man.
Wat sê hierdie stuk oor hoe ons op getalle moet fokus as dit by God se plan vir ons getuienis kom?
Lees Rigters 14:1-7
Wat het met Simson gebeur net voor hy die leeu verslaan het en hoe pas ons dit toe met ons avontuur?
Lees 1 Samuel 17:33-37
Wat leer Dawid ons oor voorbereiding voor hy vir Goliat verslaan het en hoe belangrik daardie voorbereiding is?
Mag Jou getuienis en die avontuur waarop God jou stuur jou na plekke stuur waar jou meer van God se hart sien.
Deel met die groep iewers waar jy dink God jou moontlik roep om 'n getuie te wees en bid saam vir mekaar om deur die leiding van die Heilige Gees hierdie avontuur aan te pak.
Lees die volgende teks Matteus 7:24-27
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Kyk die volgende clip (Click op die rooi)
Hierdie teks is die samevatting van die bergrede Matteus 5-7.
Daar word sterk klem gelê op gehoor.
Wanneer jy Jesus se woorde hoor in Matteus 5-7, luister jy daarna of is dit iets wat jy net hoor?
Wat beteken dit vir jou?
Wanneer ons praat oor die beginsel van bou op die rots, lees die die volgende teks gedeeltes:
Wat staan vir jou uit van jou ROTS - die Here, die Almagtige God as jy hierdie verse lees?
Hoe beïnvloed jou Rots jou hantering van storms?
Watter tipe storms moes jy al trotseer in jou lewe?
Wanneer ons praat oor Matteus 7:24-27 moet ons ook die volgende teks gedeelte ook lees:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Hoekom dink jy is dit belangrik vir die lees en verstaan van Matteus 7:24-27?
In beide hierdie teks gedeeltes word verwys na rots - in grieks word die rots gespel "Petra"
Petrus se naam word "petros" gespel en dit behels die manlike vorm van die woord rots.
Die probleem behels egter dat te veel mense hulle lewe bou op menslike rotse wat eintlik niks anders is, as sand nie.
Hoekom dink jy moet mens eerder op God bou as op mense?
Petrus se lewens storie beeld iemand uit wat hierdie proses geleef het. 'n Proses van bou op Jesus eerder as mense...
Petrus was 'n gewone visserman toe Jesus hom geroep het...
Het jy al besef Jesus nooi gewone mense uit om op Hom te bou?
Die denk dat Jesus net sekere mense nooi - behels 'n proses van bou op sand (bespreek hierdie stelling)
In die Ou Testament het Rabbis volgelinge gekies wat hulle geglo het kon doen wat hulle gedoen het.
Jesus kies jou om op Hom te bou.
(bespreek hierdie stelling)
Petrus erken Jesus as die seun van God waarop hy bou- Matteus 16:18
Hoe lyk jou lewens wandel as 'n gelowige wat nou op Christus bou?
"Petrus maak ook foute"
Bespreek hierdie aspek van iemand wat sy voete van die rots afhaal, asook die volgende teks Johannes 21:17, iemand wat opnuut sy voete terug op die rots plaas en belei - "Here U weet alles"
Mag jy opnuut hierdie teks lees uit die uitnodiging om die evanglie te hoor en te luister -
Te luister en te lewe in gehoorsaamheid
Mag jy juis dit gaan doen!
Sluit af met gebed
Here dankie dat U die vaste rots is deur die eeue
Maak my gehoorsaam en vestig my op U!
Amen