Ons fokus teks in hierdie week se sessie is uit die Johannes evangelie. Om hierdie evangelie se hartklop te verstaan lees die volgende teks gedeelte: Johannes 20:30-31
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Lees die volgende teks gedeelte:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Wanneer ons dink aan Jesus wat die Christus is - was daar baie mense wat na Hom gestroom het gedurende Sy aardse bediening.
Dis so ironies dat daar 'n aantal Grieke na Jesus gekom het om meer oor die evangelie te leer, hierdie selfde Grieke was beskou as tweede vlak gelowiges in die Joodse geloof wat net in 'n sekere deel van die tempel toegelaat is.
So ironies dat hulle toegang het tot Jesus Christus, maar nie totale toegang na die tempel, die ontmoetingsplek met God nie.
Wat staan vir jou uit in hierdie ironie?
Hierdie ironie word beklemtoon met een van die mees bekendste teks gedeeltes in Johannes se evangelie -
Johannes 3:16
"God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê"
Lees weer Johannes 12:24-26
Die les wat ons leer uit die koringkorrel - behels dat vermeerdering volg wanneer jy jouself tweede stel en die behoeftes van ander eerste!
Wat staan vir jou uit in hierdie beginsel?
Heiligmaking behels juis dit! Jesus maak ons heilig deur Sy lewe te gee vir elkeen van ons op die naam -
Ook hulle wat ons miskien sien as tweede vlak gelowiges wat nie alles doen volgends ons eie persoonlike geloofsoortuigings nie.
Wanneer laas het jy gaan nadink oor wat Jesus vir jou op die naam aan die kruis gedoen het?
Lees weer Johannes 12:26-28
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Volg Jesus se voorbeeld - trek iemand anders se skoene aan...
Wat staan vir jou uit as jy dink aan jou eie roeping as volgeling van Jesus en Johannes 12:25-26?
Om die proses van heiligmaking te verstaan wat Jesus vir elkeen van ons gedoen het - behels 'n proses van jou "oorfone" af te haal en jouself in ander se skoene te plaas.
Jou "oorfone" kan soms goeie en slegte goed wees - wat keer jou om jou "oorfone" af te haal?
Jesus het dit met jou en my gedoen.
Mag jy opnuut besef Jesus het Sy hemelse skoene geruil met joune en myne
Jesus se ruil proses het aan die kruis geëindig
Jesus het jou en my heilig gemaak
Mag jy dit ook gaan doen aan ander om jou!
Bid saam
Lees die teks hierbo
Wat staan vir jou uit as jy dink oor vers 14?
Watter beelde kom by jou op as jy dink aan die term jaloesie?
Hoekom dink jy is hierdie eienskap van God so belangrik vir God om dit te beklemtoon aan Moses?
God is 'n verbonds God - lees weer vers 10
Wat behels 'n verbond?
Lees die volgende twee teks gedeeltes:
Wat staan vir jou uit van God as verbonds God?
Hoekom dink jy plaas God soveel klem op die eerste en die tweede gebod (Lees weer Eksodus 20:1-6)
God se naam YAHWEH behels die naam bo alle name.
God in sy wese is 'n God wat onverdeelde eer en aanbidding vereis.
Hoe lyk jou trou aan God tans?
Wanneer 'n meisie trou, in ons afrikaanse tradisie neem sy haar man se van as haar eie.
Wanneer ons met ons mond belei dat Jesus ons verlosser is sê ons "Ja" vir God se verbond.
Dis 'n daaglikse keuse - dis 'n daaglikse keuse om "Ja" te sê vir God...
Hoe lyk jou "JA" in praktyk?
Lees die volgende teks:
Wat behels 'n "Ja" vir God?
Hoe lyk dit prakties?
Lees die volgende twee teks gedeeltes:
Wat beteken hierdie twee teks gedeeltes vir jou as verbonds kind van God?
Kyk die volgende clip (click op die rooi):
Wat staan vir jou uit in die clip?
Mag jy ervaar hoe die Here jou 'n nuwe naam gee, 'n naam wat getuig dat jy Hom 1ste plaas en net God aanbid
Mag jy opnuut besef - God herinner die Israeliete aan Sy naam wat geheilig moet woord deur - denke, woorde en dade
Mag jou lewe daarvan getuig!
Bid saam
Ons lees in Eksodus 34:6-7 dat God vergewe.
Wat beteken die Here se vergifnis vir jou?
Met ander woorde, wat verstaan jy onder die begrip dat die Here ongeregtighede, oortredings en sonde vergewe?
Dink jy dat ons binne die kerk soms die Here se vergifnis as vanselfsprekend aanvaar? Kan jy dink aan voorbeelde in jou eie lewe en die lewens van mense rondom jou waar God se vergifnis “goedkoop” geword het?
Lees saam Eksodus 32:7-14 en bespreek die aard van God en Moses se verhouding. Wat moes Moses doen om die Here se toorn teenoor Israel te laat bedaar? Waaraan moes Moses hom herinner?
Lees nou ook die volgende teks:
Gesels oor die balans tussen God wat Israel vergewe in vers 14 en die wraak wat daarna geneem word (en wat die Here belowe in die verse daarna).
Wat moet ons hieruit leer oor ons verhouding met God? Is sy vergifnis dan voorwaardelik? Is ons eintlik altyd in die moeilikheid by Hom?
Die spanning tussen vergifnis van sonde en die gevolge van sondige dade in Eksodus 32 is nie nuut nie. Daar is talle voorbeelde daarvan in die Bybel.
Lees Gen 2:15-17
Die Here belet die mens om te eet van die boom van kennis. Die waarskuwing is duidelik: as jy van die vrug eet, sal jy sterwe.
Jy ken die storie: hul eet wel van die vrug en … God maak hulle nie dood nie! Reeds hier is God se genade en vergewensgesindheid op die voorgrond!
Maar die slang, die vrou en die man kom nie sonder meer weg nie. Hulle ontvang straf - ‘n Swaar geboorte. ‘n Lewe van sweet en bloed en dorings en gevaar.
Lees die volgende verhaal:
Wat doen die Here (i) voor Moses smeek om Sy vergifnis, (ii) wanneer Moses Hom wel smeek en (iii) nadat Hy belowe om hul te vergewe?
Ons het dikwels ‘n verwronge beeld van ons eie sonde en van God se vergifnis.
Die wêreld probeer baie hard om ons te oortuig dat ons nie sonde het nie. Selfs dat sonde nie ons skuld is nie. Wanneer ons so begin dink, erken ons nie dat die wortel van sonde diep binne ons harte lê nie. Ons dink sonde is net ‘n ongemaklike deel van menswees.
Ons vertel onsself selfs dat die oorsake van ons sondige dade God se wraak teen ons is!
Wanneer ek 80km/h in ‘n 60km/h sone ry en die verkeersbeampte skryf vir my ‘n kaartjie, dink ons nie dikwels dit is God wat my straf nie?
Glo jy dat God die skepping onderwerp het aan Sy orde, aan natuurlike oorsaak en gevolg?
Kan ons die skuld dan voor God se deur lê wanneer die oorsaak van ons keuses en dade straf is?
Dit is jammer dat ons in die kerk graag praat oor God wat sonde vergewe, maar min praat oor God wat sonde nie ongestraf laat bly nie. Ons benodig beide perspektiewe om Hom te leer ken as die genadige, regverdige Here.
Deel met jou groep: het jy al ooit gesondig en gebid en gewens dat die Here jou nie net sal vergewe nie, maar die gevolge van jou sonde ook uit die weg sal ruim? Kan jy dink aan voorbeelde van mense wat so redeneer oor God se genade?
Dink saam na oor die volgende Dallas Willard aanhaling (en neem die agtergrond prent ook in ag):
Sonde is nie speletjies nie.
God vat sonde baie ernstig op en Hy is nie ons speelmaat nie. God is regverdig. Sy genade en vergifnis werk volgens Sy regverdige orde van natuurlike oorsaak en gevolg.
Sonde maak ons moedeloos. Sonde gee ons letsels aan ons liggame en aan ons harte. Dank die Here dat Hy weet wat om met ons sonde te maak. Hy sê “Gee dit vir my”.
Jesus verseker ons in Johannes 10:26-29 dat die Vader se genade so groot is dat niks ons uit Sy hand kan ruk nie – nie eers die natuurlike gevolge van ons dade nie.
Gesels in jou groep oor God se vergifnis, saam met gevolge vir sonde.
Is daar ‘n gedagte wat vir jou heel nuut is? Iets wat jou opgewonde maak, of jou dalk ontstel?
Bid saam