aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Nehemia se gebed

Screenshot 2022 01 10 at 11.55.08 AM

Begin jou sessie die week om saam te bid. 

Screenshot 2022 01 10 at 11.55.00 AM

Lees hierdie teks gedeelte twee keer hardop.

Hierdie teks vertel die storie van 'n volk wat ongehoorsaam was aan die Here. Die Here het hulle oorgegee aan die mag van die volke rondom Israel. Hulle is weggevoer in ballingskap. Van die ballinge is toegelaat om terug te keer na Jerusalem en Juda. Hulle het daar 'n verwoeste Jerusalem gekry. Nehemia se reaksie op hierdie probleem is een van iemand wat diep geraak word deur die verwoesting en die nuus van 'n Jerusalem sonder 'n stads-muur en stadspoort. 

Sy eerste praktiese aksie behels gebed. 

Screenshot 2022 01 10 at 12.02.40 PM

Kyk weer na Nehemia se gebed van vers 4-11; wat staan vir jou uit as jy na die gebed kyk?

Kyk weer na vers 7?

Kyk weer na vers 8-10?

Screenshot 2022 01 10 at 11.59.37 AM

Wat sien jy as jy om jou kyk? Is daar probleme om jou soos die waarvan Nehemia hoor in verse 1-4?

Hoe reageer jy teenoor die probleme?

Screenshot 2022 01 10 at 12.04.45 PM

Een van die kern elemente in Nehemia se reaksie op die nuus van Jerusalem lê in vers 7. Die vers begin met "Ons het U nie geëer nie.."

Hierdie gee bevestiging dat elke gelowiges is deel van die liggaam van Christus soos 1 Korintiërs 12 ons leer en wanneer daar individue om ons is wat probleme het het ons, letterlik "ons" almal 'n stuk verantwoordelikheid vir die probleem en die oplossing daarvan.

Screenshot 2022 01 10 at 12.04.54 PM

Watter gedagtes ervaar jy as jy kyk na die foto?

Kyk die volgende clip wat agtergrond gee oor die foto

Trofee foto wat jou laat dink

Wanneer ek en jy as gelowiges 'n probleem sien, wat is ons beste respons op die probleem?

Screenshot 2022 01 10 at 12.27.36 PM

Gebed en meer spesifiek 'n posisie van gebed op jou knieë is 'n baie swak posisie menslik gesproke, maar dis juis die posisie wat Nehemia kies om die Here te herinner aan Sy beloftes vir ons - Sy kinders. 

In Nehemia erken Nehemia dat hierdie probleem van gelowiges ver van hom is ook sy probleem - "ons probleem"

Screenshot 2022 01 10 at 12.27.43 PM

Wat sien jy tans direk om jou?

Begin jy met gebed of probeer jy dit op jou eie menslike poging-

Deur die eeue is onbekwame gelowiges bekwaam deur gebed om as agent op te tree in probleme.

Screenshot 2022 01 10 at 11.55.08 AM

Bid saam -

Mag jy vandag op nuut vanuit gebed jou rol ontdek in die oplossing en verligting van probleme om jou.

 

 

VREUGDE

Vreugde is iets waarna ons almal verlang, maar soms lyk dit so moeilik om te beleef. Om vreugde te beleef, behoort deel van elke Christen se lewe te wees. Vreugde is die vrug van die Heilige Gees en word net verkry deur God se werking in ons.

Ons weet dat selfs die mees volwasse Christene vreugdelose tye beleef. Job het gewens dat hy nooit gebore was nie (Job 3:11). Dawid het gebid dat hy weggeneem word na ‘n plek waar hy nooit met die realiteit te doen sou kry nie (Ps 55:6-8). So, hoe kan ons vreugde ervaar in ons Christelike lewe?


VRE.jpeg

 

1.Die eerste ding om te besef, is dat vreugde nie dieselfde as geluk is nie. Geluk is iets vir die oomblik en geluk gaan gewoonlik vinnig weg. Anders as geluk, is Vreugde ‘n hartstoestand. Vreugde is ‘n gawe van God, so wel as ‘n antwoord op die gawes van God. Vreugde kom wanneer ons bewus word van God se genade en Sy guns.

STRO.jpeg

(Rowwe storm, God is in beheer, en Sy belofde gee vir ons vreugde, gedurende die storm) Vreugde is om te besef dat God steeds in beheer is van die situasie, al lyk dit vir ons en al voel ons dit is rowwe omstandighede waaraan ons nie veel kan doen nie, Covid is n goeie voorbeeld daarvan.

Ons gaan tye van geluk en tye van ongeluk beleef, en deur dit alles behoort ons vreugde te hê, want ons weet wie in beheer is. Want ons ken Hom, en ons weet ons kan Hom vertrou.

Dit is soos om op n groot skip te wees, en dit is baie luuks en dit voel veilig en dit is lekker, maar dan breek daar n groot storm uit, en die mooi skip en alles wat lekker was is nou skielik nie meer so lekker nie, maar meer gevaarlik en onplisierig. Gaan ek en jy dan hardloop na die Kaptein en vir hom sê hoe en wat hy moet doen? Nee, ons vertrou hom, en ons het n hoop in hom om ons veilig aan die anderkant van hierdie storm te bring.

Net so moet ons op God vertrou en weet dat Hy in beheer is en dat Hy ons veilig aan die anderkant van die storm sal bring, want dit is juis dit wat Hy deur Christus aan die kruis gedoen het. Hy het vir ons n belofde gemaak dat ons veilig by Hom in Sy Koninkryk gaan wees as hierdie onvoorspelbare storm wat ons die daaglikse lewe noem verby is.

 

 

2. Met hierdie in gedagte, word dit duidelik dat een manier om vreugde te beleef, is om op God te fokus. Eerder as om op ons eie probleme af te kyk en op die dinge wat ons vreugde van ons steel, kan ons op God fokus. Dit beteken nie ons moet ons ontevredenheid ontken of enige negatiewe emosies nie, soos die Dawid dit baie sê: ons kan ons harte voor God uitstort. Ons kan alles aan Hom vertel wat ons pla, maar dan gee ons dit aan Hom oor en onthou wie Hy is. 

FOCUS.jpeg

 

Die boek van Filippense praat baie oor vreugde, alhoewel Paulus die brief in die tronk geskryf het. Filippense 4:4-8gee riglyne vir die belewing van vreugde in die Christelike lewe: 

FIL_4.jpeg

 

Hier sien ons die belangrikheid om God te prys, om te onthou dat Hy naby is, om te bid oor ons bekommernisse en om ons gedagtes op die goeie dinge van God gefokus te hou. Ons kan vreugde ervaar, as ons Hom aanhoudend prys. Ons beleef vreugde deur met God te praat deur middel van gebed en deur op goddelike dinge te fokus, eerder as op moeilike omstandighede of ontevredenheid.

 

 

3. In Johannes 15 het Jesus ook ‘n paar opdragte in verband met vreugde gegee. Hy het gepraat van Hom te gehoorsaam en in Hom te bly.

JOH_15.jpeg

 

Een van die sleutels tot vreugde is om in gehoorsaamheid aan God te lewe.

As ouers behoort julle hierdie waarheid te ken. As jou kind doen wat jy van hulle verwag, al is dit vir hulle nie baie lekker nie, soos om n gemors skoon te maak of om hulle speelgoed op te ruim of klein goedjies soos dit in die begin, en dan later groter goed, soos hulle moet skottelgoed was, of die swembad skoon maak of die honde se gemors skoon maak en optel, dan is dit vir jou as n ouer baie makliker om dan n guns vir hulle te doen, of om vir hulle geld te leen as hulle dalk geld soek, of om hulle met jou voertuig te vertrou. Maar, as hulle nooit enigeiets wat jy van hulle verwag doen nie, hoe sou die prentjie dan lyk? Ja, jy is verseker steeds lief vir hulle, maar nou is daar so half n wantroue in die verhouding, so daar gaan altyd n gestry wees of n pakslae wees of n les wat geleer moet word wees.

Dit is wel nou 2 extreems, maar julle kry die punt. 

Jesus sê baie duidelik dat Sy blydskap volkome in ons sal word wanneer ons in Sy liefde bly en as ons Sy opdragte uitvoer. As ons Hom gehoorsaam.

 

 

4.‘n Ander manier om vreugde te beleef in die Christelike lewe, is deur middel van gemeenskap met ander.

GEM.jpeg

HEB10.jpeg

WANTSOMMER.jpeg

Al gaan dit woes in ons persoonlike lewens, met rekeninge wat ophoop, met besighede wat vou, met planne wat nie uitwerk nie, met families wat nie stabiel is nie, met situasies wat ons teleur stel, en siekte en swaarkry en al die slegte dinge wat ons in ons lewens hier op aarde beleef, het ons wel n vaste hoop in Jesus Christus en in wat Hy vir ons kom doen het. Hebreers 10 se deel wat ons nou gelees het sê dit so mooi en direk. Ons kan dit weer lees, of gaan lees dit by die huis, ek dare jou.

Die skrywer herinner ons in dieselfde asem dat ons vrye toegang tot God het en dat ons in Sy teenwoordigheid kan wees deur die werk wat Jesus aan die kruis gedoen het, en dat ons mekaar as gelowiges nodig het.

Deel jou seer, jou swaarkry, jou teleurstellings, jou slegte ervaarings, besigheids voute, en goed soos dit met jou vriende wat ook kinders van God is, wat opreg is, want hulle sal jou aanmoedig en bemoedig. Hulle sal jou herinner om aan God en Sy belofdes vas te hou, al lyk die omstandighede power…

Vreugde is bedoel om ‘n handelsmerk van die Christen se lewe te wees. Dit is ‘n vrug van die Heilige Gees en ‘n gawe van God. Ons kry die maklikste hierdie gawe as ons op die waarheid fokus, wie God is, deur gebed gemeenskap met Hom het en steun op die gemeenskap van gelowiges wat Hy voorsien het.

 

BID SAAM

 

Die Naam van die Here is ons veilige vesting

Screenshot 2021 12 06 at 9.58.10 AM

Begin jou sessie die week om saam te bid

Lees die volgende teks

Screenshot 2021 12 06 at 9.58.19 AM

Wat staan vir jou uit in die twee verse?

Wat beteken dit vir jou persoonlik dat die Naam van die Here vir jou en my 'n veilige vesting behels?

Lees die volgende teks

Screenshot 2021 12 06 at 9.58.25 AM

Wat beteken die muur om 'n stad?

Hoekom was dit so belangrik in die Bybelse tyd?

Screenshot 2021 12 06 at 10.05.03 AM

As jy dink aan Nehemia wat in Nehemia een die nuus kry dat die muur om Jerusalem verwoes is en self oorgaan in treur, gee dit vir ons 'n idee van die belangrikhheid van 'n muur om die stad. Dis ook 'n kragtige beeld vri jou geestelike muur waar jy 'n veilige vesting vind.

Screenshot 2021 12 06 at 9.58.32 AM

Hierdie teks het ook 'n verwysing na selfbeheersing. Dis die kern van ons elkeen se mure.

Hoe lyk 'n gesonde selfbeheersing interme van jou verhouding met die Here?

Screenshot 2021 12 06 at 10.04.54 AM 

Wysheid en goeie selfbeheersing begin met die dien van die Here.

Die manier hoe ek en jy ons selfbeheersing beoefen gee die praktiese deel hoe ons "mure" lyk.

Jy kan 'n pragtige muur hê aan die voor kant, maar as jy 'n gat agter in die muur het is jy ontblood en kan jou geestelike lewe baie skade ly.

Screenshot 2021 12 06 at 10.12.41 AM 

Hoe lyk jou beheer en selfbeheer tans is jou lewe?

Ons lees in Genesis 39 waar Josef in die versoeking gebring word deur Potifar se vrou, dat sy reaksie was oombliklik. Om weg te hardloop van haar. 

Hoe lyk jou reaksie wanneer versoeking oor jou pad kom wat jou muur kan verswak?  

Kyk die volgende clip

 Dad (trailer)

Die hoofakteur het sy ouerhuis afgeskeep, sy eie gesin asgevolg van sy werk wat 'n gejaag na geld was. Sy muur getuig van iemand wie se lewe se gejaag na geld skade gekry het want die belangrike dinge is nie aan aandag gegee soos wat dit nodig gehad het nie.

pendulum shutterstock

In die film besef hy sy fout en maak hy aanpassings om dit weer te herstel. Dis soms moeilik om die pendulum weer te terug te swaai na 'n geloof waar die Naam van die Here jou veilige vesting behels, maar dis altyd moontlik- lees Titus 2:11.

Screenshot 2021 12 06 at 10.24.20 AM

Hierdie is 'n proses waar ek en jy opnuut Jesus kies as ons veilige muur / toring. Die hartseer hiervan is baie mense soek dit eers op ander plekke.

Screenshot 2021 12 06 at 10.24.28 AM

In Lukas 8 is Jesus saam met die dissipels op die boot. 'n Storm kom op en die dissipels probeer eers self die storm trotseer, maar kom vinnig agter hulle kan nie. Hulle maak Jesus wakker, met teleurstelling in sy gemoed vra hy hulle; manne hoekom so benoud; Ek is dan by julle?

Hoeveel keer was jy al in 'n storm en het jy vergeet Jesus is by jou? Waarheen hardloop jy in tye van nood?

Screenshot 2021 12 06 at 10.24.40 AM 

In Titus 2:11 word ek en jy opnuut genooi om Jesus se naam as ons veilige vesting te neem. Dis genade wat vir almal toeganklik is, maak nie saak hoe stukkend jou muur tans is nie. 

Mag jy opnuut Jesus kies as jou veilige vesting

Wat is daar in jou lewe wat jou muur tans verswak? Gee dit vandag opnuut aan Jesus

Screenshot 2021 12 06 at 10.24.49 AM

Bid saam

 

 

 

 

  1. Hoe dink jy oor jou eie kruise?
  2. Jesus was tevrede met 'n krip, is jy tevrede waar jy is?
  3. DIE LYN TUSSEN A & B
  4. Punt A na Punt B

Bladsy 9 van 89

  • Begin
  • Vorige
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • 11
  • 12
  • 13
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting