Lees die volgende teks - Matteus 4:12-22
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wanneer jy dink aan hierdie teks en die woorde; "bekeer julle die koninkryk van die hemel is naby" wat beteken dit vir jou?
Wanneer jy dink aan seisoene - hoeveel mense gaan saam met jou van seisoen tot seisoen in jou lewe?
Was daar al individue in jou lewe wat jou beinvloed het in 'n bepaalde seisoen van jou lewe, maar nie saam met jou gegaan na die volgende seisoen nie?
Hoe het hulle jou beinvloed?
Deel van die lewe is seisoene, hoe het Johannes die doper en Jesus se lewenseisoene oorvleuel?
Wanneer jy dink aan mense wat saam met mekaar in 'n bepaalde tyd en seisoen saam leef, watter verantwoordelikheid het ons as gelowiges teenoor die mense in ons seisoen?
Wat is die kern van Jesus se boodskap wat hy verkondig?
Hoe kan jy dit prakties leef in terme van die mense wat nou saam met jou in die seisoen is waar jy tans in is?
Deel van God se plan vir my en jou is die invloed wat jy het op mense om jou in die seisoen waar jy tans in leef.
Het jy al besef jy kan 'n lewens lange effek op individue om jou hê?
Wat keer jou om 'n sterkter invloed op mense om jou uit te oefen?
Wat sal jou invloed versterk?
Daar is 'n storie wat hierdie prakties vir ons mooi verduidelik;
'n Baie bekende orrelis het in die laat 1800's van dorp na dorp gereis en die mense vermaak met die mooiste orrel musiek. By elke kerk moes die koster die wind vir die orrel pomp sodat die orrelis kon speel. By 'n spesifieke dorpie het die koster gedurende die pouse na die orrelis gekom en vir hom die volgende woorde gesê, "Ons het darem baie mooi musiek gemaak". Die orrelis het homself vererg en in geen onduidelike terme vir die koster laat verstaan dat dit hy is wat die mooi musiek maak en nie die koster nie. Na pouse toe die orrelis wou begin speel toe is daar geen wind nie. Die koster het die orrelis gelos om alleen te speel....
Wat staan vir jou uit in die storie?
Net soos wat die koster en die orrelis 'n seisoen met mekaar gedeel het net vir 'n kort rukkie - deel ons ook soms net 'n kort seisoen met individue om ons.
Jy het die voorreg om wind te gee sodat iemand anders die wonderlike klanke kan maak van die evangelie of self hierdie klanke te maak.
Wat keer jou?
Wat gaan jou versterk in hierdie proses?
Hierdie is die kern van die evangelie wat Jesus verkondig?
Wat beteken hierdie woorde vir jou vandag?
Lees die volgende teks:
Wat staan vir jou uit in terme van die twee stelle broers wat Jesus roep om hom te volg?
Wanneer jy dink aan die dissipels dan was hulle normale mense - soos ek en jy. God vertrou hulle met die evangelie.
Wat maak jy met die evangelie en die mense in die seisoen van jou lewe tans?
Is daar iemand spesifiek met wie jy tans 'n seisoen deel met wie jy meer moeite moet maak?
Bid saam...
Here dankie vir mense om my in my verskillende lewens seisoene
Here help my om U woorde te leef
Amen
Wanneer jy dink aan die term "versoeking" wat behels dit vir jou?
Hoe hanteer jy versoekings?
Wat is jou grootste versoeking gewoonlik in jou alle daagse lewe?
Wat was jou ergste versoeking waarin jy geslaag het en waarin jy geval het?
Lees die volgende teks?
Wat staan vir jou uit in die manier hoe die "versoeker" die duiwel Jesus versoek?
Wat staan vir jou uit in die manier hoe Jesus die versoekings hanteer?
Wanneer jy na die verskillende versoekings in hierdie teks kyk - wat onderskei hulle van mekaar?
Wat staan vir jou uit in die manier hoe Jesus reageer op hierdie versoeking?
Hoekom is dit belangrik om te leef uit die oortuiging God sal voorsien?
Wanneer het jy al gedink God vat te lank, en in die versoeking was om self "klippe in brood" te verander?
Moses herinner die volk in Deuteronuim 8:3 dat God elke dag se brood voorsien het- dis ook deel van die Onse Vader-
Wat maak dit moeilik om elke dag God te vertrou vir jou daaglikse brood?
Hoe help Jesus se reaksie op die versoeking jou?
In die tweede versoeking wat "die versoeker" die duiwel Jesus mee versoek is om God op die proef te stel?
Hoe het jy al God op die proef gestel?
Lees Deuteronuim 6:16
Wat behels dit om God op die proef te stel?
Waar is die enigste plek in die Bybel wat God jou uitnooi om Hom te toets? Lees Maleagi 3:10
Het jy al iets aangepak en geweet hierdie gaan nie uitwerk nie, en steeds aangegaan?
Hoe help Jesus se reaksie op die versoeking jou?
Die versoeker, lei Jesus in die versoeking vir die 3de keer met die woorde van verse 8-9
Wat staan vir jou uit in hierdie versoeking?
Deel met die groep hoe jy al jou eie wil bo God se wil geplaas het?
Hoekom is hierdie so algemene versoeking?
Wat is die kern van hierdie versoeking?
Hoe help Jesus jou hier om sterkter te staan teen hierdie tipe versoekings?
Sluit af met gebed
Bid vir mekaar se versoekings en die manier hoe jy versterk kan word deur Jesus om versoekings te hanteer
Amen
Wanneer jy aan 'n rugby bal of sokker bal dink, is dit iets wat jy koop om op die rak uit te stal of is dit iets waarmee
jy speel en dit gebruik?
Hoekom is die doel van iets belangrik as jy dit aanskaf of deel van jou lewe maak?
Wanneer jy dink in terme van jou eie geloof, hoe lyk dit?
Is dit iets wat jy gebruik en vuil maak?
Hoe lyk 'n geloof prakties wat vuil is, wat gebruik word?
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Hoe gebruik jy jou geloof tans?
Kan jy met oortuiging sê jou geloof staan sentraal in jou lewe en jy maak dit vuil?
Lees die volgende teks gedeeltes:
Hierdie teks gedeelte is Jesus se gebed aan sy dissipels net voor hy gevange geneem word.
Watter aspekte van hierdie gedeelte staan vir jou uit in terme van sy gebed?
Wat behels die kern van vers 11, 15 & 21 vir jou in terme van jou geloof leef in die wêreld?
Wanneer jy dink aan vroeër jare se leër rugby balle was dit belangrik om hierdie balle se leër te behandel-
Wanneer jy dink aan geloof wat ook moet behandel word met "dubbin" wat beteken dit prakties?
Hoe "dubbin" jy tans jou geloof?
Wanneer ons gaan kyk na die betekenis van "verheerlik" kom dit ook neer op heiligheid - heilig wees.
Geloof wat homself afsonder het geen effek in die wêreld nie. Dit is hoekom die Jesus vir God bid om "bewaar hulle"
Wat is die effek van individue wat in geloof skouers skuur met ander nie gelowiges in die wêreld daar buite?
Hoe bly sulke gelowige individue sterk staan in hulle geloof?
(dink aan die dubbin en die versorging van leër rugby balle)
Wat keer jou tans om voluit uit jou geloof te leef?
Wat keer jou om elke byeenkoms van die gelowiges bytewoon om geestelik "dubbin" te ontvang?
Wat is die waaghalstigste ding wat jy al voluit in geloof gedoen het?
Wat was die effek?
Wat is die kern agter die evangelie van Jesus wat ons bemagtig om geestelike dade te doen?
Mag jy opnuut besef alles is geestelik
Mag jy opnuut besef Jesus wil jou gebruik om Sy hande en voete op aarde te wees
Bid vir onderskeiding en krag van die Heilige Gees om voluit vir Jesus te leef!
Bid saam...