Die dag van die Here is 'n prominente tema in die boek van Joël, beide in hoofstuk 1 en 2 word daar verwys daarna.
Wat behels die dag van die Here vir jou?
Lees die volgende teks gedeelte:
Wanneer jy hierdie teksgedeelte lees, wat is die kernelemente van die teks wat vir jou as individu uitstaan?
Hierdie teks bevat elemente van hoop ten spyte van die gebroke konteks waarin die gehoor hulself bevind.
Dit is moeilik om hoop te behou en te juig, fees te vier wanneer jy jouself in ‘n krisis bevind. Watter krisisse is daar tans in jou lewe wat jou vreugde steel?
Watter probleme ondervind ons land tans en hoe reageer jy daarop? Hoe dink jy behoort ‘n Christen dit anders te hanteer?
Ons lees in die teksgedeelte dat God ons pyn en swaarkry en verlies ten volle sal herstel. In vers 23 lees ons van oorvloedige reen wat Hy ook sal stuur.
Hoe het reen in Namibie die afgelope tyd ‘n effek op mense se uitkyk en gemoed en die toestand van ons land gehad? Lees die Message vertaling van vers 23, en kyk ook na ander vertalings van hierdie vers.
God sit terug wat van ons weggeneem is, maar hy gee iets ekstra, iets onverwags, iets meer as net tevredenheid. Dis nie net ‘n eenmalige aksie nie, maar ‘n langdurige, oorvloedige vrede wat Hy ons skenk.
Wat is die dinge wat jou innerlike vrede bepaal? Wat is dit waarna jy regtig in die lewe smag?
Ons as Christene kan juig ten spyte van swaarkry, want ons dien ‘n getroue, groot en genadige God. Lees Genesis 17:7. In Genesis het God ‘n verbond met sy volk gesluit, met die koms van Jesus het hy die verbond kom versterk en toe Hy Sy Heilige Gees stuur om daagliks saam met ons te wandel, het Hy die verbond driedubbel bekragtig – DIT is oorvloedige reen.
Lees die volgende teks - Filippense 4:7
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoe lyk jou konteks nou?
Bepaal jou konteks jou vrede of die Here?
Wereldse tevredenheid gee onmiddellike tydelike satisfaksie, maar God se vrede gee ewigdurende vreugde. Lees Johannes 14:27.
Watter dinge in jou lewe geniet op die oomblik prioriteit bo die Here?
God se volk was ver weg van die Here af, hulle was nie meer honger vir Hom nie, en die profeet Joel herinner hulle aan God se getrouheid. Hoe lyk jou honger na God tans?
Waarvan moet jy ontslae raak/ stop in jou lewe/ verander om weer die Here eerste te plaas in jou lewe?
Daar is 'n ou storie van 'n ou kerkie in 'n ou dorpie in Swede. Hierdie orrel het gebreek na jare lange diens.
Baie mense het dit probeer herstel, maar kon nie. Verskeie beroemde orelliste het ver gereis om die herstel werk aan te pak, maar
alles te vergeefs. Eendag kom daar 'n ou man in die kerk ingestap. Hy het vir twee dae gesukkel en gewerk. Aan die
einde van die tweede dag het hy die orrel gespeel en die mooiste klanke het die hele dorp na die kerk gelok.
Hulle het die man gevra hoe het hy dit herstel?
Hy het geantwoord hy het die orrel gebou 50 jaar gelede...
Ware vrede lê daarin om jou skepper te vertrou - en nie op talle ander plekke geluk en vrede te soek nie!
Voordat ons ware vreugde kan ervaar, moet on seers weer huil en hartseer raak oor sonde en die dinge wat verkeerd is rondom ons. As Christene moet.
Lees 1 Petrus 4:13 – Wat staan vir jou uit?
Wat is die dinge wat jou ontstel as jy na jou bure kyk? As jy na jou werksplek kyk? As jy na jou kerkgemeenskap kyk? Jou vriendekring? Wat kan jy as Christen doen om verandering te weeg te bring?
Draai terug na die Here toe, met jou hele hart, dan sal jy weer kan juig in Sy genade, grootheid en getrouheid.
Sluit af met gebed
Jesus stel die nagmaal in en was sy dissipels se voete
Jesus wys Judas as sy verraaier aan
Jesus wys Petrus daarop dat selfs hy vir Jesus sal verloën binne die volgende paar uur
Dink aan jou verhouding met God - stap of hardloop jy net om in die hemel te kom of wandel jy saam met Jesus?
Lees die volgende teks gedeelte
Wat is die kern temas wat vir jou uitstaan in hierdie teks gedeelte?
Hoekom dink jy is hierdie tydelike lewe, "lewe in 'n tent" so moeilik vir gelowiges?
Lees die volgende aanhaling - bespreek dit in jou groep
Wanneer jy hierdie aanhaling lees - wat is die verskil tussen gelowiges wat leef vir die nou
en gelowiges wat leef vir die wêreld wat kom?
Lees die volgende teks:
Wat dink jy is ons doel in hierdie tydelike "tent" op aarde?
In 1952 het Florence Chadwick die 26 myl tussen Catalina eiland en California probeer swem,
sy het baie goed begin, maar toe sak daar 'n digte mis oor die see. Al wat sy kon sien wat die mis.
Sy het toe moedeloos geraak en opgehou. Net om te hoor sy was net 'n myl weg van California.
Wat is jou digte mis in jou lewe waaraan jy vas kyk?
Tydelike dinge wat jou ewigheids perspektief belemmer...
Wat maak jou moedeloos as jy hierdie teks lees?
Wat is daar wat jy weet tydelik is, maar aan vashou asof dit deel van die ewigheid is?
Wanneer jy aan die dood dink is dit eintlik die begin van die ewigheid, lees Lukas 23:43
Wanneer jy aan jou siel dink, help hierdie teks ons om op nuut te besef ons siel is geskep vir die ewigheid
Elkeen van ons is gebou en ontwerp om te leef vir ewig, maar ons tyd hier bepaal hierdie ewigheid se bestemming.
Watter emosies bring dit by jou op, lees weer 2 Korintiërs 5:10?
Daar is 'n storie wat gaan oor W.A Criswell wat 'n baie bekende teoloog op 'n vlug ontmoet. Op die vlug gesels hulle en op 'n punt toe vertel die teoloog die verhaal van sy seuntjie wat met 'n baie rare virus gediagnoseer is. Die dokters het vir hom gesê om sy seuntjie huistoe te neem en al wat hulle kon doen was om hom so gemaklik as moontlik te maak.
Hy het hom op sy bed in sy kamer laat lê. Soos gewoonlik net voor die seuntjie aan die slaap geraak het, het hy sy kussing gevou en vir sy pappa gesê; "sien pappa moreoggend" Dit was 15h00 die middag, sy seuntjie is later die middag oorlede.
Die teoloog het toe vir W.A. Criswell gesê dis nog nie moreoggend nie, maar amper. Ons gaan mekaar weer sien.
Dis die mooi van die afrikaanse woord; "tot-we-der-sien" - totsiens.
Soveel van ons weet daar is 'n lewe hierna, maar leef asof ons nou daar is-
Wat is daar in jou lewe waaraan jy meer en minder aandag moet gee?
Soveel van ons leef deur sig en nie geloof nie...
Soveel van ons is besig om vas te kyk na die digte mis...
Soveel van ons leef asof hierdie ons laaste asem is hier in die nou...
Wat ons eintlik doen is ons is besig om die punt te mis...
Soveel geloofshelde waarvan ons lees in Hebreërs 11 het presies dit gedoen, geleef
deur geloof en nie sig nie-
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
'n praktiese lewe van geloof nie sig nie
Mag jy opnuut besef - God roep jou om in hierdie tydelike lewe te leef deur Geloof
Mag jy opnuut die digte mis in jou lewe aanvat in geloof
Mag jy ervaar hoe jou geloof in Jesus Christus groei sodat 2 Korintiërs 4:15 al meer realiseer in jou area van invloed
Bid saam