Lees Markus 1:14-20.
Wat staan vir jou uit in die woorde wat Jesus gebruik om sy dissipels toe roep?
Watter gedagtes ervaar JY, wanneer jy besef Jesus roep jou op die naam?
Jesus roep jou, ten spyte van jou omstandighede, presies waar jy nou is.
God bekwaam mense wat onbekwaam is-
Wat beteken dit vir jou?
Jesus nooi jou om saam met die "kerk" die gemeenskap van die heiliges te wandel.
Wat beteken dit vir jou?
Die "kerk" (gemeenskap van gelowiges) volg Jesus se voorbeeld
Wat beteken dit vir jou om Jesus se voorbeeld te volg?
Kan ons "vissers van mense" wees sonder om Jesus te volg?
Wanneer ons die woorde lees - "Ek sal julle vissers van mense maak"
Watter gedagtes kom by jou op?
Hoe lyk dit prakties?
Lees die volgende teks-
Wat beteken dit om "naby aan God te leef en opreg te wees"?
Hierdie behels die antieke beginsel van "Coram Deo"
Lees die volgende aanhaling-
Wanneer jy aan jou wandel met God dink - kan jy met oortuiging belei
dat jy die Coram Deo beginsel leef?
Wat moet verander in jou lewe?
Wanneer jy dink aan Jesus wat gewandel het in Sy bediening op aarde, het
Jesus ooit gehardloop van punt A na punt B?
Soveel van ons hardloop heeldag -
Soveel van ons doen die lewe op 'n drafstap-
Wat lei na 'n wanbalans in ons wandel met God
Hoe sou jy jou wandel met Jesus omskryf?
Baie van ons se onderskat ons wandel...
Baie van ons se doelwit is te laag...
Baie van ons mis Goddelike ontmoetings as gevolg van te veel haas na punt B
Het jy al 'n Goddelike ontmoeting gemis, omdat jy te haastig was?
Dink aan die verhaal van Abraham waar hy vir Isak moes offer. (Genesis 22)
As Abraham te haastig was, sou hy die skaapram mis.
Mag jy opnuut besef jy word geroep om 'n visser van mense te wees
Die enigste manier om dit te doen is om saam met God te wandel.
Mag jy opnuut besef jy is Jesus se hande, voete en mond in die wêreld.
Lees die volgende teks
Eugene Peterson se Message vertaling vertaal hierdie vers as
"Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes."
Wat beteken dit vir jou, as iemand wat saam met God moet wandel in opregtheid, om te leer
hoe en waar jy 'n visser van mense kan wees?
Bid saam
As jy hierdie gesegde lees, watter gedagtes kom by jou op?
Was jy al in 'n situasie wat alles verander het, maar in effek niks nie?
Lees hierdie teks gedeelte:
Hoe dink jy het Petrus en Johannes se lewens verander?
Wat het Jesus bedoel met vissers van mense?
Wat behels dit om 'n visser van mense te wees?
Wat behels dit om Jesus te volg?
Kan mens die twee skei?
Wanneer jy dink aan die verskillende fases in jou lewe, hoe verander jou uitkyk as jy dink aan die woorde
"volg My"
Wat gebeur wanneer jy besef die wêreld verander nie omdat jy 'n gelowige is nie, maar jou uitkyk verander?
Hoe verander jou uitkyk op die wêreld wanneer jy Jesus begin volg?
Lees hierdie teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat is ons kern opdrag as vissers van mense?
Hoe verander hierdie woorde jou roeping as visser van mense?
Hoe versterk die brood en wyn jou in jou roeping as visser van mense?
Mag jy na jou realiteit om jou kyk deur die woorde van Jesus
"Volg My"
Mag jy besef dit beteken jy is 'n visser van mense
Mag jy besef jy word geroep om daar waar jy is saam met Jesus te loop
Mag jy besef Hy loop saam met jou!
Amen
Lees 1 Konings 18-19
Om 1 Konings 19 te verstaan is dit belangrik om 1 Konings 18 ook te lees.
Wat staan vir jou uit van 1 Konings 18?
Hoekom dink jy was Elia op 'n "geestelike high" in sy lewe aan die einde van hoofstuk 18?
Hoekom dink jy het Isebel se woorde wat oorgedra word deur haar boodskapper aan Elia so groot effek op Elia?
Was jy al op 'n "geestelike high" in jou verhouding met die Here, deel met die groep?
Hoekom dink jy val ons so maklik?
Wat was die oorsaak dat Elia onder die besembos ge-eindig het?
Hoe dink jy eindig mense onder besembosse?
Wanneer die woorde lees: "Die Here is naby die gebrokenes"
Hoe ontmoet die Here vir Elia onder die besembos?
Hoekom dink jy is dit belangrik om versterk te word tot by die berg Horeb?
Horeb het 'n baie belangrike geestelike rol in die Ou Testament.
Lees die volgende drie teks gedeelts
Eksodus 3:1-7
Eksodus 20:1-17
Eksodus 32:31-34
Horeb simboliseer eerstens 'n sterk klem op jou roeping.
Horeb simboliseer ook 'n oorgee van instruksies hoe om te lewe.
Horeb simboliseer 'n versterking in roeping.
Een van die kern dele van Elia se storie in 1 Konings 19 is die feit dat die lewe gaan aan...
Mens bly nie onder die besembos nie. God het steeds 'n roeping vir jou!
God se engel het Elia versterk tot by Horeb.
Het jy al besef God roep jou na Horeb?
Wat beteken hierdie aanhaling vir jou?
Een van die kern oorsake vir gelowiges wat eindig onder die "besembos" is asgevolg
van lewe op "geestelike highs" soos 1 Konings 18
Was jy al daar?
God wil jou ontmoet presies waar jy nou is, met roosterkoek en water.
God wil jou versterk om jou te neem na die berg Horeb.
Hoekom?
By Horeb word jou roeping en praktiese leefwyse bevestig.
Watchman Nee in sy boek The Release of the Spirit bevestig dat die enigste manier wat inligting
na die siel en gees kom is deur die sintuie. Die woorde van Isebel het Elia geruk tot onder 'n besembos, lees weer
1 Konings 19:4.
Hoe reageer jy op jou sintuie wat jou negatief beinvloed?
Waarop kan jy meer fokus met jou sintuie om jou siel en gees te versterk teen negatiewe invloede?
Mag jy opnuut besef God wil jou geestelik voed ook in tye wanneer jy onder die besembos lê.
Mag jy besef Horeb is 'n Goddelike plek.
Mag jy jou Goddelike roeping versterk - luister en wees gehoorsaam aan God in die stilte
Bid saam