Lees Matteus 7:1-6
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Hoekom is oordeel in 'n sekere sin - deel van die "human condition"?
Wat staan vir jou uit in vers 2?
Hoekom dink jy moet ons hierdie vers baie meer ernstig opneem?
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Wat is die effek van oordeel?
Lees die volgende teks
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
"Moenie op die oog af oordeel nie, oordeel regverdig"
Hierdie is gewigtige woorde wat baie keer te lig geweeg word...
Op watter manier oordeel jy?
Lees Johannes 8:1-18
Dink jy dit is moontlik om te vergewe en nie te oordeel nie?
Motiveer jou antwoord-
Wanneer ons gaan kyk na Jesus en sy interaksie met mense wat op die rante van die samelewing geleef het...
Leer en ervaar ons 'n liefde vir gebroke mense, 'n liefde sonder oordeel...
Ons lees in Johannes 8 die storie van die vrou wat op owerspel betrap is - spesfiek Jesus se woorde in vers 15.
Wat beteken dit vit jou?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in die teks?
Hoekom is dit so belangrik in terme van oordeel? Jesus oordeel nie, Jesus begelei individue na die regte pad in liefde.
Kan jy getuig van iemand in jou lewe wat jou nie veroordeel het nie, maar jou eerder begelei het in liefde?
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in die alledaagse doen en late van die evangelie?
Hoekom is dit moeilik?
Hoekom is dit nodig?
Mag jy opnuut besef - oordeel vorm deel van die lewe
Mag jy opnuut besef - dis baie meer ingewikkeld as wat jy dink
Mag jy opnuut besef - jy moet in liefde leef
Bid saam
Wanneer jy hierdie woorde hoor- moet julle nie bekommer nie...
Watter gedagtes en emosies kom by jou op?
Dink jy mens kan hierdie woorde ernstig opneem in die Bybel?
Waaroor bekommer jy jouself tans oor?
Lees die volgende teks?
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wanneer ons weer kyk na vers 33, dan behels dit 'n fokus na buite...
God se koninkryk is altyd na buite gerig - missioneel van kern.
Wanneer het jy jouself bekommer oor mense buite jou normale gang van jou lewe?
Die griekse woord vir bekommer behels - "merimna" wat nie 'n passiewe aktiviteit behels nie.
Om jouself te bekommer behels nie om net te sit en wag nie...
Dit behels ook om jou deel te doen - aktief te soek na oplossings vir jou kommer-
Dink aan die storie van Naomi en Rut - In Rut 2:2 - sit Rut nie in sak en as en bekommer haarself oor haar status en heen kome as weduwee nie. Sy is aktief besig om 'n uitkoms te bewerkstellig.
Wat beteken dit vir jou?
Wanneer jy jouself bekommer - is die gelowige se taak nie een van wag by die foon tot jou losser jou sal bel nie - jy moet aktief jou deel ook doen.
Wanneer ons hierdie teks lees volg dit op Matteus 6:24 - waar Jesus ons herinner dat ons nie twee base kan dien nie.
Ons menslike kapasiteit behels om net een God te kan dien.
Karl Barth - skryf dat klein gelowiges Jesus volg met hulle - vertroue, geloof, lering en geloof - maar net tot op 'n sekere punt... 'n punt van ongemak...
Daardie punt behels gewoonlik die punt waar - die evangelie te naby aan jou menswees kom...
Waar jy Matteus 6:33 eerste moet stel bo alles - ook jou kommer en sorge van die lewe...
Wat keer jou tans om so te leef?
Liefde maak soveel kommer gesond -
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Wat staan vir jou uit in die song se woorde?
Ek en jy is Jesus se hande en voete om ook so ander se kommer te verlig-
Daar is 'n storie van 'n spesifieke dorpie wat omsingel was deur Napoleon se leër. Die priester van die dorpie het
almal aangemodig om kerk toe te kom vir die paasfees diens. Terwyl hulle ingestap het, het hy die klokke van die kerk gelui.
Toe die soldate die klokke hoor lui het hulle begin vlug, want hulle het gedink die oposisie weerwag het die dorpie kom red.
Dit alles kom neer op prioriteite - kan jy met alle eerlikheid getuig dat Matteus 6:33 jou kern prioriteit is ten spyte van kommer en sorge?
Sluit af jou sessie met gebed - en lees die volgende seën saam:
Franciskaanse seën
Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef;
Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede;
Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ‘n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander.
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ‘n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.
Amen
Lees die volgende teks:
Bespreek die drie dele - skatte, die effek van jou oog en die werklikheid van twee base
Kyk na die "bumper sticker" hoekom dink jy is dit soveel mense se argument as hulle begin praat oor aardse skatte?
Wat is die kern verskil tussen aardse en hemelse skatte?
Hemelse skatte se kern lê in die belegging van verhoudings.
In watter verhoudings moet jy gaan belê? (dink aan die grootste gebod in Matteus 22:34-40)
Hoe lyk dit prakties?
Kyk die volgende clip:
Watter aksies se gevolge behels hemelse beleggings?
Hoekom is dit moeilik?
In watter verhoudings moet jy meer tyd belê?
Wanneer jy hierdie aanhaling lees oor besittings - wat staan vir jou uit?
Hoekom gebeur dit so maklik dat jou besittings jou in besit neem?
Hoe werk mens dit tee?
Ons het laas week gekyk na die "Onse Vader" gebed, deel daarvan is om God se wil te vra.
Hoe lyk jou gebed?
Vra jy na God se wil of vra jy na jou eie wil en seën interme van jou aardse beleggings?
Hierdie alles begin by jou oog-
Lees weer Matteus 6:22-23
Jou oog is direk gekoppel met jou hart - waaraan spandeer jy die meeste aandag om na te kyk?
Wat kan jy doen om verhoudings om jou te sien waarin jy moet belê?
Hierdie is een van die kern vra wat baie gelowiges verkeerd verstaan, ons word nie gered op grond van ons dade nie,
maar op grond van Jesus se verlossing en God se genade.
Dis wel belangrik om vir mekaar te sê dat 'n geloof wat nie oorgaan in dade is dood.
(Jakobus 2:17 en 2:26)
Hoe lyk jou dade? Getuig dit van aardse beleggings of hemelse beleggings?
Hierdie drie teks gedeeltes behels verskeie individue wat eerder aardse beleggings geprys het as hemelse beleggings.
Wat dit egter versleg is dat hulle dit probeer wegsteek van God - maar God weet alles...
Wat is daar waaroor jy eerlik met jouself en God moet wees in terme van jou aardse beleggings?
Daar is 'n storie van 'n boer wat 'n koei gehad het wat 'n tweeling kalfies gekry het. Die boer was so bly oor die tweeling kalfies dat hy vir sy vrou gesê het dat hy die een vir die Here sal gee. Sy vrou was baie beindruk met hom, maar drie weke later kom hy die aand by die huis en deel die nuus met sy vrou dat die Here se kalfie oorlede is.
Soms maak ons elkeen so...
Wat staan vir jou uit in hierdie staaltjie?
God weet alles, mag jy ook opnuut besef alles wat jy het is God sin.
Ek en jy is slegs rentmeesters daarvan -
God seën jou om tot seën te wees (Genesis 12:2)
Bid saam