When I was five years old, I prayed that the Lord would give me a bicycle. He didn’t.
When I was six years old, I prayed again that the Lord would give me a bicycle. He didn’t.
So when I was seven years old, I stole a bicycle and asked the Lord’s forgiveness!
Hierdie is ‘n eenvoudige staaltjie wat nietemin ons eie persepsies rondom gebed blootstel. Aan die hand van hierdie eenvoudige storie kan ons solank die volgende stelling op die tafel sit:
"Show me your prayer and I’ll show you your God."
Wat staan vir jou uit as jy hierdie aanhaling hoor en lees?
As jy hierdie stelling lees, watter gedagtes rondom die verhouding tussen die vorm van gebed en ons persepsie van God kom by jou op?
Kan jy aan enige voorbeelde dink in jou eie lewe of omstandighede waarin hierdie stelling waar is?
Lees die volgende stuk teks:
Op watter maniere spreek Jesus se lering in hierdie verse juis ons persepsies oor God aan?
Jesus leef en werk in die tyd van die Pax Romana – die Romeinse Vrede. Dit is die term wat die Romeinse owerstes gebruik het om hul ryk te beskryf. Die Keiser het homself tot ‘n god verklaar en vereis dat almal onder sy bewind hom aanbid.
Lees Matt 6:9-13
Tot ‘n mate is die Onse Vader ‘n ontkenning van die Romeinse ryk. Jesus is besig om teen Rome te bid wanneer hy wegtrek met verse 9 & 10.
Op watter maniere is Jesus besig om die Romeinse ryk te kontrasteer met die ryk en wil van sy Vader in die eerste vier bedes?
Om die Onse Vader te bid was vir die vroeë kerk geen grap nie. Met hul Sondag-byeenkomste moes alle lidmate wat nog nie gedoop is nie die vertrek verlaat wanneer die Onse Vader gebid is. Want om hierdie gebed te bid is om sonder twyfel of misverstand te erken dat jy glo in die Here Jesus Christus – en nie in die keiser nie. Om die Onse Vader te bid was ‘n kwessie van lewe en dood.
Die Onse Vader het ‘n onmiskenbare politieke element.
As jy die hierdie gebed bid is daar geen twyfel nie – jy is ‘n volgeling van Jesus. Daarom bid jy teen die korporasies wat werknemers uitbuit. Daarom bid jy teen die predikers met mooi glimlagte wat reken hulle weet wie en wat en hoe God nou eintlik is. Jy bid teen allerhande booshede in die wêreld – oorlog, onderdrukking, ekologiese vernietiging, die skeiding tussen ryk en arm, die spanning tussen wit en swart, tienerselfmoord, die normaliering van verkragting.
Maar die gebed is ook baie persoonlik.
Martin Luther en CS Lewis argumenteer soos talle kerkleiers voor hulle (dink bv aan Augustinus) dat deel van die soeke na die sin van mens se bestaan die soeke na geluk is. Maar in teenstelling met die soeke na geluk maak Lewis ook die volgende stelling:
“I didn’t go to religion to make me happy. I always knew a bottle of Port would do that. If you want a religion to make you feel really comfortable, I certainly don’t recommend Christianity.”
Op watter maniere help die aanhaling jou om die spanning tussen jou eie geluk en ware navolging van Christus te verstaan?
Dissipelskap stel nie belang in jou geluk nie. Dit stel belang in jou groei as dissipel.
In dieselfde asem kan ons sê dat die koninkryk van God - waarvoor ons bid in die Onse Vader – ook nie belang stel in jou geluk nie, maar in die werklike koms van die koninkryk op die aarde soos in die hemel!
Kyk weer na die prent van Martin Luther.
Om die Onse Vader te bid is om nie net te bid teen die Romeinse ryk nie, maar teen jouself.
Laat U wil geskied - nie ‘laat U wil meer soos my wil word’ nie;
Laat U koninkryk kom – nie ‘laat U koninkryk as hoe meer soos my koninkryk lyk’ nie;
Gee ons vandag ons dag se brood – nie ‘gee ons oorgenoeg om vir ewig van te lewe’ nie.
Hoe dink jy nou anders oor die rol van gebed en die bid van die Onse Vader aan die hand van hierdie aanhaling?
“Mag jy die Onse Vader in jou binnekamer bid, maar in die wêreld beoefen. En al hoe meer leer op watter maniere hierdie gebed die wêreld en die persoon wat bid verander.”
Die Onse Vader is ‘n komplekse eenheid:
Wanneer ons bid ‘laat U naam geheilig word’ moet ons ook opreg dankbaar wees en dankbaarheid bewys vir ons dag se brood;
Wanneer ons bid ‘laat U koninkryk kom’ moet ons weet dat dit slegs kan gebeur wanneer ons ander hul skulde vergewe soos die Here ons vergewe;
Wanneer ons bid ‘laat U wil geskied’ weet ons dat dit alleen kan gebeur wanneer ons as kinders van die hemelse Vader versoeking weerstaan en verlos is van die Bose.
Sluit af met die Onse Vader...
Wanneer jy hierdie teks lees, watter gedagtes kom by jou op?
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
As jy dink aan jou vyand, iemand wat jy haat hoekom is dit moeilik om hierdie teks te praktiseer?
Jesus het hierdie vir sy gehoor gesê, waarvan die meerderheid Jode was wat erg onderdruk was deur die Romeine.
Die Romeinse soldate het gesag gehad om die Jode te slaan en te forseer om goed te dra en werk te doen.
Dit was verskriklik erg om hierdie woorde te hoor. Tog was Jesus baie ernstig daaroor.
Hoe dink jy het die gehoor 2000 jaar terug reageer?
Hoe reageer mense vandag as hulle hierdie woorde hoor?
Wanneer ek dink aan die beeld van die verlore seun en die pa wat nooit op enige stadium sy jongste seun afskryf nie,
help hierdie beeld my om God se liefde en genade te verstaan wat Hy van ons vra in Matteus 5:43-48.
God verwag van ons om Sy voorbeeld te volg. Want ware liefde is nie die liefde wat ons vir God het nie,
maar die liefde wat Hy eerste vir elkeen van ons op die naam het. (1 Johannes 4:7-10)
As jy dink aan die oudste broer in die gelykenis van die verlore seun -
Hy as oudste broer het sy jonger broer gehaat en afgeskryf.
Tog kom die pa na hom en moedig hom in 'n teenoorgestelde rigting aan-
'n rigting wat getuig van niks anders as liefde.
Hoe dink jy sal jou vyand reageer op liefde?
Wanneer jy dink aan hierdie liefde beeld is dit presies omgedraai en in kontras met die wêreld se reaksie op vyande...
Wat staan vir jou uit in hierdie aanhaling en die gelykenis van die verlore seun wanneer
jy dink aan ons teks vir die week?
Hoekom is dit so moeilik?
Ons as gelowiges word geroep om anders as die wêreld te handel - ook met ons vyande.
Hoe lyk dit prakties?
Het jy al vir jou vyand op die naam gebid?
Lees Matteus 6:12 - dis 'n gedeelte van die Onse Vader
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Daar is 'n storie van 'n man wat 'n konferensie bygewoon het en geweet het dat 'n vorige kollega van
hom ook daar sou wees.
Hy het hierdie kollega met 'n passie gehaat as gevolg van goed wat aan hom gedoen en gesê is deur
hierdie vorige kollega. Hy was baie op sy senuwees en het sy vrou gebel en raad gevra; sy vrou het reageer met die woorde, "As iemand in jou huis inbreek is jy op jou senuwees, maar die inbreker is nog meer op sy senuwees want hy is die een wat iets verkeerds doen!"
Wat staan vir jou uit in hierdie storie?
God het die voorbeeld deur die eeue gestel om die bose te oorkom met liefde - rou liefde
(1 Johannes 3:16 & Johannes 3:16)
Aan wie moet jy liefde gaan bewys?
Hierdie is verskriklik moeilik veral as die individu jou diep skade veroorsaak het...
In die Bybel kry ons die verhaal van Abraham wat vir Isak moes gaan offer in Genesis 22
Abraham hanteer hierdie geweldige uitdaging as volg:
Vers 5: "dan kom ons terug na julle"
Vers 8: "God sal sy eie offerlam voorsien"
Wat staan vir jou uit in hierdie twee verse?
God sal jou help om ook jou vyand in liefde te oorwin en te hanteer-
Vertrou God soos Abraham hom vertrou het...
Wie is daar in jou lewe met wie jy moet belê in 'n Goddelike afspraak?
Sluit af met gebed
Here dankie dat U vir my as sondaar liefhet
Here help my om U voorbeeld te volg
Help my deur U Heilige Gees om my vyande ook lief te hê
Amen
Lees die volgende teks:
Wat staan vir jou as gelowige uit in hierdie teks?
Hoekom is dit maklik om oppervlakkig te kyk na hierdie teks?
Hierdie teks volg direk na die Saligspreking Matteus 5:3-10
Lees weer Matteus 5:3
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Laas week het ons sterk gekyk na die aspek van arm wees van gees-
Wat behels nie die "arm" wees op straat en bedel soos wat baie mense dink nie.
Dit behels eerder die besef dat die eie "ek" nie die vermoë het om hierdie lewe op my eie te hanteer nie
Die besef dat ek die Here se hand moet vashou en te alle tye in totale afhanklikheid van Hom moet leef...
Wanneer ek en jy hierdie kern beginsel in ons verhouding met Jesus Christus bevestig behels dit sekere implikasies vir sout wees en lig wees.
Watter gedagtes kom by jou op as jy dink aan sout wees en die ons teks vir die week?
Een van die kern eienskappe en gebruike van sout in die antieke tye was om kos te bewaar.
Dink maar aan biltong en droëwors, wanneer jy dink aan jou eie geloof hoe dink jy lyk die bewarings beginsels?
Die kerk is altyd "letterlik" een geslag weg van uitwissing-
As ons nie ons geloof met Jesus Christus bewaar nie, gaan die volgende geslag ook nie dit doen nie.
Hoe moet ons dit verstaan?
As ek dink aan my hond, Joe, en die beginsel om Joe te bewaar, moet ek vir Joe kos en water gee. Ek moet met Joe gaan draf n speel.
Wanneer jy dink aan jou verhouding met Jesus Christus, wat moet ek en jy doen om ons geloof te bewaar?
Een van die kern beginsels bly totale afhanklikheid van die die Here - ek en jy kan dit nie op ons eie doen nie.
Ons teks vandag vra van ons om sout te wees - om sout te wees behels om jou verhouding te bewaar met jou verlosser Jesus Christus ... waar voel jy jy skiet tans tekort?
Waar is daar ruimte vir verbetering?
Die laaste gedeelte van ons teks behels om lig te wees vir die wêreld?
Wat behels dit prakties?
Is dit iets wat jy op jou eie kan doen?
Lig wees behels om 'n "gesoute" gelowige te wees wat voortdurend jou verhouding met jou skepper en verlosser bewaar.
Waar moet jy gaan lig wees?
Bid saam
Bid vir afhanklikheid van God, bewaring van jou eie verhouding met die Here Jesus Christus en dan die leiding van die Heilige Gees vir die lig wees...