aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Is jy geseënd?

Screen Shot 2017 06 19 at 1.10.16 PM

Wat beteken die woord "geseënd" vir jou?

Wanneer jy aan iemand dink wat geseënd is - hoe lyk daardie individu se verhouding met Jesus?

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2017 06 19 at 1.47.46 PM

Wanneer jy hierdie teks gedeelte lees en die verskeie verwysings na mense wat geseënd is, klink dit baie anders as die manier waarop die wêreld individue opsom wat geseënd is. Die kern van hierdie teks gedeelte en die verstaan van die beginsel geseënd wees lê in Matteus 5:3.

Lees die volgende 3 vertalings:

Screen Shot 2017 06 19 at 1.11.15 PMScreen Shot 2017 06 19 at 1.10.45 PM

Wat behels dit om arm van gees te wees? Dit word vertaal met afhanklik van God.

Wat behels dit om totaal en al afhanklik van die Here te wees?

Hoe lyk dit om totaal en al afhanklik van die Here te leef?

Wat maak dit so moeilik? 

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2017 06 19 at 1.11.44 PM

Wanneer jy hierdie vers lees, is dit duidelik die teenoorgestelde van iemand wat in totale afhanklikheid van God leef.

Om geseënd te wees se kern behels - afhanklikheid.

Jy is afhanklik wanneer jy arm van gees is; en besef jy is niks meer as 'n "reflector" van Jesus se lig in jou lewe. 

So baie keer mis ek en jy dit deur te dink ons is self die lig - 

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2017 06 19 at 1.27.13 PM

Wat behels 'n lewe waar ek en jy God se lig reflekteer?

Screen Shot 2017 06 19 at 1.25.46 PM

Mumford & Sons het 'n lied - "Lovers of the light"

Die kern van die song behels om vir iemand lief te wees moet jy die lig wat die persoon na jou straal ook uitstraal.

Het jy al besef dat God se seën jou vreugde en geluk lê daarin dat God genoeg is vir jou!

Ek en jy is geskape om God se lig te reflekteer en nie ons eie lig nie.

Ons geseënd wees lê nie in onsself en ons eie vermoë nie, maar in God wat ons elkeen seën om tot seën te wees (Genesis 12:2)

 Hoe lyk dit prakties as jy 'n verkeerde denkwyse oor "geseënd" wees leef?

Lees die volgende aanhaling:

Screen Shot 2017 06 19 at 1.27.37 PM

Wanneer ons hierdie aanhaling lees en dink oor die praktiese kant kom die beeld van Lukas 18 na vore.

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2017 06 19 at 1.35.36 PM

Wat staan vir jou uit in hierdie praktiese voorbeeld?

Wat behels dit om "arm van gees te wees;" om totaal en al afhanklik te wees van God; om werklik te leef as 'n "reflector" van God se lig?

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2017 06 19 at 1.40.14 PM

 Mag jy besef om geseënd te wees, behels dit om "arm" te wees. 

Om "arm" te wees in jou eie vermoë en te vertrou in God.

Weet jy is sterk wanneer jy swak vertoon.

Screen Shot 2017 06 19 at 1.40.42 PM

Bid saam... 

 

 

Mense in jou seisoen

Screen Shot 2017 06 12 at 8.51.44 AM

Lees die volgende teks - Matteus 4:12-22

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Wanneer jy dink aan hierdie teks en die woorde; "bekeer julle die koninkryk van die hemel is naby" wat beteken dit vir jou?

Wanneer jy dink aan seisoene - hoeveel mense gaan saam met jou van seisoen tot seisoen in jou lewe?

Screen Shot 2017 06 12 at 11.58.00 AM

Was daar al individue in jou lewe wat jou beinvloed het in 'n bepaalde seisoen van jou lewe, maar nie saam met jou gegaan na die volgende seisoen nie?

Hoe het hulle jou beinvloed?

Deel van die lewe is seisoene, hoe het Johannes die doper en Jesus se lewenseisoene oorvleuel?

Screen Shot 2017 06 12 at 11.58.15 AM

Wanneer jy dink aan mense wat saam met mekaar in 'n bepaalde tyd en seisoen saam leef, watter verantwoordelikheid het ons as gelowiges teenoor die mense in ons seisoen?

Wat is die kern van Jesus se boodskap wat hy verkondig?

Hoe kan jy dit prakties leef in terme van die mense wat nou saam met jou in die seisoen is waar jy tans in is?

Screen Shot 2017 06 12 at 11.58.25 AM

Deel van God se plan vir my en jou is die invloed wat jy het op mense om jou in die seisoen waar jy tans in leef.

Het jy al besef jy kan 'n lewens lange effek op individue om jou hê?

Wat keer jou om 'n sterkter invloed op mense om jou uit te oefen?

Wat sal jou invloed versterk?

Screen Shot 2017 06 12 at 12.30.48 PM

Daar is 'n storie wat hierdie prakties vir ons mooi verduidelik;

'n Baie bekende orrelis het in die laat 1800's van dorp na dorp gereis en die mense vermaak met die mooiste orrel musiek. By elke kerk moes die koster die wind vir die orrel pomp sodat die orrelis kon speel. By 'n spesifieke dorpie het die koster gedurende die pouse na die orrelis gekom en vir hom die volgende woorde gesê, "Ons het darem baie mooi musiek gemaak". Die orrelis het homself vererg en in geen onduidelike terme vir die koster laat verstaan dat dit hy is wat die mooi musiek maak en nie die koster nie. Na pouse toe die orrelis wou begin speel toe is daar geen wind nie. Die koster het die orrelis gelos om alleen te speel....

Wat staan vir jou uit in die storie?

Net soos wat die koster en die orrelis 'n seisoen met mekaar gedeel het net vir 'n kort rukkie - deel ons ook soms net 'n kort seisoen met individue om ons.

Jy het die voorreg om wind te gee sodat iemand anders die wonderlike klanke kan maak van die evangelie of self hierdie klanke te maak.

Wat keer jou?

Wat gaan jou versterk in hierdie proses?

Screen Shot 2017 06 12 at 12.16.04 PM

Hierdie is die kern van die evangelie wat Jesus verkondig?

Wat beteken hierdie woorde vir jou vandag?

Lees die volgende teks:

Screen Shot 2017 06 12 at 12.38.35 PM

 Wat staan vir jou uit in terme van die twee stelle broers wat Jesus roep om hom te volg?

Wanneer jy dink aan die dissipels dan was hulle normale mense - soos ek en jy. God vertrou hulle met die evangelie.

Wat maak jy met die evangelie en die mense in die seisoen van jou lewe tans?

Is daar iemand spesifiek met wie jy tans 'n seisoen deel met wie jy meer moeite moet maak?

Screen Shot 2017 06 12 at 12.39.06 PM

Bid saam...

Here dankie vir mense om my in my verskillende lewens seisoene

Here help my om U woorde te leef

Amen

Versoekings

Screen Shot 2017 06 05 at 8.50.06 AM

Wanneer jy dink aan die term "versoeking" wat behels dit vir jou?

Hoe hanteer jy versoekings?

Wat is jou grootste versoeking gewoonlik in jou alle daagse lewe?

Wat was jou ergste versoeking waarin jy geslaag het en waarin jy geval het?

Lees die volgende teks?

Screen Shot 2017 06 05 at 1.30.22 PM

Wat staan vir jou uit in die manier hoe die "versoeker" die duiwel Jesus versoek?

Wat staan vir jou uit in die manier hoe Jesus die versoekings hanteer?

Wanneer jy na die verskillende versoekings in hierdie teks kyk - wat onderskei hulle van mekaar?

 Screen Shot 2017 06 05 at 1.46.00 PM

Wat staan vir jou uit in die manier hoe Jesus reageer op hierdie versoeking?

Hoekom is dit belangrik om te leef uit die oortuiging God sal voorsien?

Wanneer het jy al gedink God vat te lank, en in die versoeking  was om self "klippe in brood" te verander?

Moses herinner die volk in Deuteronuim 8:3 dat God elke dag se brood voorsien het- dis ook deel van die Onse Vader-

Wat maak dit moeilik om elke dag God te vertrou vir jou daaglikse brood?

Hoe help Jesus se reaksie op die versoeking jou?

Screen Shot 2017 06 05 at 1.44.39 PM 

 In die tweede versoeking wat "die versoeker" die duiwel Jesus mee versoek is om God op die proef te stel?

Hoe het jy al God op die proef gestel?

Lees Deuteronuim 6:16

Wat behels dit om God op die proef te stel?

Waar is die enigste plek in die Bybel wat God jou uitnooi om Hom te toets? Lees Maleagi 3:10

Het jy al iets aangepak en geweet hierdie gaan nie uitwerk nie, en steeds aangegaan?

Hoe help Jesus se reaksie op die versoeking jou?

Screen Shot 2017 06 05 at 1.54.06 PM

Die versoeker, lei Jesus in die versoeking vir die 3de keer met die woorde van verse 8-9

Wat staan vir jou uit in hierdie versoeking?

Deel met die groep hoe jy al jou eie wil bo God se wil geplaas het?

Hoekom is hierdie so algemene versoeking?

Wat is die kern van hierdie versoeking?

Hoe help Jesus jou hier om sterkter te staan teen hierdie tipe versoekings?

Screen Shot 2017 06 05 at 1.58.18 PM

Sluit af met gebed

Bid vir mekaar se versoekings en die manier hoe jy versterk kan word deur Jesus om versoekings te hanteer

Amen

  1. Is jou geloof op die rak of raak dit vuil?
  2. Waarin lê jou vrede
  3. JESUS IS GENOEG
  4. Lewe deur geloof nie sig nie...

Bladsy 91 van 98

  • Begin
  • Vorige
  • 86
  • 87
  • 88
  • ...
  • 90
  • 91
  • 92
  • 93
  • 94
  • ...
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting