aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Is jou geloof op die rak of raak dit vuil?

Screen Shot 2017 05 29 at 12.19.21 PM

Wanneer jy aan 'n rugby bal of sokker bal dink, is dit iets wat jy koop om op die rak uit te stal of is dit iets waarmee

jy speel en dit gebruik?

Hoekom is die doel van iets belangrik as jy dit aanskaf of deel van jou lewe maak?

Wanneer jy dink in terme van jou eie geloof, hoe lyk dit?

Is dit iets wat jy gebruik en vuil maak?

Hoe lyk 'n geloof prakties wat vuil is, wat gebruik word?

Screen Shot 2017 05 29 at 1.45.14 PM

Kyk die volgende clip (click op die rooi)

Everything is spiritual

Hoe gebruik jy jou geloof tans?

Kan jy met oortuiging sê jou geloof staan sentraal in jou lewe en jy maak dit vuil?

Lees die volgende teks gedeeltes:

Screen Shot 2017 05 29 at 12.30.02 PM

Hierdie teks gedeelte is Jesus se gebed aan sy dissipels net voor hy gevange geneem word.

Watter aspekte van hierdie gedeelte staan vir jou uit in terme van sy gebed?

Wat behels die kern van vers 11, 15 & 21 vir jou in terme van jou geloof leef in die wêreld?

Wanneer jy dink aan vroeër jare se leër rugby balle was dit belangrik om hierdie balle se leër te behandel-

Wanneer jy dink aan geloof wat ook moet behandel word met "dubbin" wat beteken dit prakties?

 Screen Shot 2017 05 29 at 12.38.17 PM

 Hoe "dubbin" jy tans jou geloof?

Wanneer ons gaan kyk na die betekenis van "verheerlik" kom dit ook neer op heiligheid - heilig wees.

Geloof wat homself afsonder het geen effek in die wêreld nie. Dit is hoekom die Jesus vir God bid om "bewaar hulle"

Wat is die effek van individue wat in geloof skouers skuur met ander nie gelowiges in die wêreld daar buite?

Hoe bly sulke gelowige individue sterk staan in hulle geloof?

(dink aan die dubbin en die versorging van leër rugby balle)

Screen Shot 2017 05 29 at 1.59.02 PM

 Wat keer jou tans om voluit uit jou geloof te leef?

Wat keer jou om elke byeenkoms van die gelowiges bytewoon om geestelik "dubbin" te ontvang?

Wat is die waaghalstigste ding wat jy al voluit in geloof gedoen het?

Wat was die effek?

Wat is die kern agter die evangelie van Jesus wat ons bemagtig om geestelike dade te doen?

Screen Shot 2017 05 29 at 1.59.17 PM

Mag jy opnuut besef alles is geestelik

Mag jy opnuut besef Jesus wil jou gebruik om Sy hande en voete op aarde te wees

Bid vir onderskeiding en krag van die Heilige Gees om voluit vir Jesus te leef!

 Screen Shot 2017 05 29 at 2.04.05 PM

Bid saam...

Waarin lê jou vrede

Screen Shot 2017 05 22 at 12.21.33 PM

Die dag van die Here is 'n prominente tema in die boek van Joël, beide in hoofstuk 1 en 2 word daar verwys daarna.

Wat behels die dag van die Here vir jou?

Lees die volgende teks gedeelte:

Screen Shot 2017 05 22 at 12.21.57 PM

Wanneer jy hierdie teksgedeelte lees, wat is die kernelemente van die teks wat vir jou as individu uitstaan?
Hierdie teks bevat elemente van hoop ten spyte van die gebroke konteks waarin die gehoor hulself bevind.

Dit is moeilik om hoop te behou en te juig, fees te vier wanneer jy jouself in ‘n krisis bevind. Watter krisisse is daar tans in jou lewe wat jou vreugde steel?
Watter probleme ondervind ons land tans en hoe reageer jy daarop? Hoe dink jy behoort ‘n Christen dit anders te hanteer?

Screen Shot 2017 05 22 at 12.22.24 PM

Ons lees in die teksgedeelte dat God ons pyn en swaarkry en verlies ten volle sal herstel. In vers 23 lees ons van oorvloedige reen wat Hy ook sal stuur.
Hoe het reen in Namibie die afgelope tyd ‘n effek op mense se uitkyk en gemoed en die toestand van ons land gehad? Lees die Message vertaling van vers 23, en kyk ook na ander vertalings van hierdie vers.

Screen Shot 2017 05 22 at 12.51.45 PM

God sit terug wat van ons weggeneem is, maar hy gee iets ekstra, iets onverwags, iets meer as net tevredenheid. Dis nie net ‘n eenmalige aksie nie, maar ‘n langdurige, oorvloedige vrede wat Hy ons skenk.
Wat is die dinge wat jou innerlike vrede bepaal? Wat is dit waarna jy regtig in die lewe smag?
Ons as Christene kan juig ten spyte van swaarkry, want ons dien ‘n getroue, groot en genadige God. Lees Genesis 17:7. In Genesis het God ‘n verbond met sy volk gesluit, met die koms van Jesus het hy die verbond kom versterk en toe Hy Sy Heilige Gees stuur om daagliks saam met ons te wandel, het Hy die verbond driedubbel bekragtig – DIT is oorvloedige reen.


Lees die volgende teks - Filippense 4:7
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoe lyk jou konteks nou?
Bepaal jou konteks jou vrede of die Here?
Wereldse tevredenheid gee onmiddellike tydelike satisfaksie, maar God se vrede gee ewigdurende vreugde. Lees Johannes 14:27.
Watter dinge in jou lewe geniet op die oomblik prioriteit bo die Here?

Screen Shot 2017 05 22 at 2.24.55 PM

God se volk was ver weg van die Here af, hulle was nie meer honger vir Hom nie, en die profeet Joel herinner hulle aan God se getrouheid. Hoe lyk jou honger na God tans?
Waarvan moet jy ontslae raak/ stop in jou lewe/ verander om weer die Here eerste te plaas in jou lewe?

Screen Shot 2017 05 22 at 2.32.20 PM

Daar is 'n ou storie van 'n ou kerkie in 'n ou dorpie in Swede. Hierdie orrel het gebreek na jare lange diens.
Baie mense het dit probeer herstel, maar kon nie. Verskeie beroemde orelliste het ver gereis om die herstel werk aan te pak, maar
alles te vergeefs. Eendag kom daar 'n ou man in die kerk ingestap. Hy het vir twee dae gesukkel en gewerk. Aan die
einde van die tweede dag het hy die orrel gespeel en die mooiste klanke het die hele dorp na die kerk gelok.
Hulle het die man gevra hoe het hy dit herstel?
Hy het geantwoord hy het die orrel gebou 50 jaar gelede...
Ware vrede lê daarin om jou skepper te vertrou - en nie op talle ander plekke geluk en vrede te soek nie!

Screen Shot 2017 05 22 at 2.42.23 PM

Voordat ons ware vreugde kan ervaar, moet on seers weer huil en hartseer raak oor sonde en die dinge wat verkeerd is rondom ons. As Christene moet.
Lees 1 Petrus 4:13 – Wat staan vir jou uit?
Wat is die dinge wat jou ontstel as jy na jou bure kyk? As jy na jou werksplek kyk? As jy na jou kerkgemeenskap kyk? Jou vriendekring? Wat kan jy as Christen doen om verandering te weeg te bring?
Draai terug na die Here toe, met jou hele hart, dan sal jy weer kan juig in Sy genade, grootheid en getrouheid.

Screen Shot 2017 05 22 at 2.50.52 PM

Sluit af met gebed 

 

 

 

 

 

 

 

JESUS IS GENOEG

 

Lees die volgende teks:

Om Johannes 14 te verstaan, moet ons oplet wat in Johannes 13 gebeur:

                                                                         Jesus stel die nagmaal in en was sy dissipels se voete

                                                                            Jesus wys Judas as sy verraaier aan

                                    Jesus wys Petrus daarop dat selfs hy vir Jesus sal verloën binne die volgende paar uur

nagmaal

Jesus maak dit duidelik dat Sy lyding en dood om die draai is.

Die dissipels is verward en ontsteld.

Hulle voel baie onseker oor die volgende paar uur en die toekoms.

Daarom Jesus se woorde in vers 1: 

Tomas se vraag in vers 5 is ‘n vraag wat ons elkeen iewers in ons lewe vra, “Hoe lyk die pad na God toe?”

Lees Jesus se antwoord in Die Boodskap vertaling: 

Dit is soos om aan die kant van ‘n diep kloof te staan.

God – die adres – is aan die ander kant van waar ons staan.

Ons probeer soms met ons dade ‘n brug bou na God toe, maar dit kan jou net tot op ‘n punt vat, dan val dit inmekaar.

Jy raak moeg en al jou dade is net nie genoeg nie.

Jesus - die pad - is ons brug oor die kloof.

Is Jesus genoeg vir jou?

As jy nog God op jou eie wil bereik, is Jesus nie genoeg vir jou nie.

Dan voel ons, ons moet meer bid, meer Bybel lees, beter leef …

Net soos die dissipels, luister ons dan nie na wat Jesus hier sê nie …

Onthou jy die verskil tussen doelgerig stap en wandel?

As ons stap, jaag ons dikwels na ‘n spesifieke doel – soos om in die hemel te kom.

Dan is Jesus nie meer genoeg nie – ons moet vinniger stap, harder stap – in so geval gaan dit oor ons, nie oor die Vader of Jesus nie. 

Om te weet Jesus is genoeg is om saam met Hom te wandel.

As jy wandel, geniet jy die wandel en rus proses saam met iemand – jy en Jesus wandel saam, jy ín Hom.

As jy op ‘n intieme manier saam met Jesus wandel, kan jy gerus wees dat jy op die brug oppad is na die Vader.

 

Dink aan jou verhouding met God - stap of hardloop jy net om in die hemel te kom of wandel jy saam met Jesus?

Bid saam

  1. Lewe deur geloof nie sig nie...
  2. Jesus se doop
  3. Immanuel
  4. Hoe lyk jou stamboom?

Bladsy 92 van 98

  • Begin
  • Vorige
  • 87
  • 88
  • ...
  • 90
  • 91
  • 92
  • 93
  • 94
  • ...
  • 96
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting