Lees die volgende teks-
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoekom kan mens maklik dink hierdie teks is nie so belangrik nie?
Wat maak hierdie teks uiters belangrik vir elkeen van ons as gelowiges?
As jy kyk na Jesus se stamboom/geslagsregister wat staan vir jou uit?
Hierdie stamboom/geslagsregister bevestig soveel groot geloofs individue in die Bybel wat ook na verwys word in Hebreërs 11,
maar die oomblik as jy nader gaan kyk besef mens hulle was ook net mens. Vol foute en te kort kominge soos elkeen van ons.
Wat staan vir jou uit as jy dink aan Abraham, Jakob, Ragab, Rut en Dawid?
Wanneer ek en jy besef God gebruik gebroke mense as deel van Jesus se stam-boom wat staan vir jou uit hiervan?
Matteus die skrywer van die Matteus evangelie begin sy evangelie met hierdie geslagsregister,
hoekom dink jy doen hy dit?
Lees die volgende teks - Jesaja 11:1-4
Wat staan vir jou uit in die teks?
Soveel mense soos in die antieke tye het hulle identiteit gevind in hulle geslagsregister-
Jesus gebruik gebroke mense - mense wie se stamboom niks anders as 'n dooie stomp behels
Jesus bring lewe deur sy genade en bloed wat vir elkeen van ons op die naam gevloei het-
Wat beteken dit vir jou?
Gee voorbeelde van knope "individue" in Jesus se stamboom wat die Here weer lewe gegee het?
Waar die Here ongekwalifiseerde individue - gekwalifiseer het asgevolg van Jesus se bloed en genade-
Wie staan vir jou uit? Kyk weer na die name in Matteus 1:1-17
Dit geld vir jou en my ook!
Paulus bevestig dit aan die gemeente in Efese - Lees die volgende teks:
Wat is die kern van hierdie teks gedeelte?
Wat is die kern van die Matteus 1:1-17?
God gebruik mense - normale mense soos ek en jy deur die eeue-
Mag jy opnuut besef jou Identiteit lê nie in jou stamboom nie
Mag jy opnuut jou rol speel om die koninkryk van Jesus te laat groei -
Mag jy opnuut besef jy is 'n kind van God - op grond van Jesus
Bid saam -
Lees Jeremia 6:16-21
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoekom is hierdie uitnodiging om te vra na die regte pad so belangrik?
Watter tipe rus dink jy vind mense op God se pad?
Elkeen van ons staan elke oggend voor hierdie uitnodiging-
"Vra watter pad die beste is en loop dit,"
Elke dag word ek en jy uitgenooi deur God om Sy pad te stap-
Een van die aspekte van mens-wees behels ons paaie wat ons loop -
Hoe lyk jou pad tans?
Is dit 'n pad wat vir jou rus en vrede gee?
Deel van die laaste veldslae in die tweede wêreld oorlog was "the battle of the bulge"
Deel hiervan was duitse soldate wat in Amerikaanse uniform vermom was en die pad-tekens in verskillende dorpe verdraai het.
Die rede hiervoor was om die Amerikaners te laat afdwaal van die regte paaie.
Die duiwel is vandag nog besig om presies dit te doen - om op so manier kern waarhede te verdraai sodat ek en jy nie op God se pad bly loop nie.
Wanneer jy dink aan jou eie pad dink - waar dink jy is die duiwel besig om padboortjies te verdraai?
Hoe sien jy Jesus? Lees Hebreërs 9:22
Hoe lyk jou geloof in die skrif? Lees 2 Timoteus 3:16
Hoe lyk jou realiteit in terme van Hemel en Hel? Lees Johannes 14:1-3
Hoe lyk jou pad in terme van die kerk? Lees Hebreërs 10:25
Hoe lyk jou pad in terme van die feit dat Jesus weer kom? Lees Openbaring 20:12
Hoe lyk jou heiligheid op jou lewens-pad? Lees 1 Petrus 1:16
Maak nie saak hoe jou pad tot nou toe gelyk het nie, Jesus se genade is groot.
Dink aan ander Bybelse karakters en deel hulle lewens padjies met jou groep.
So baie van die geloofshelde in Hebreërs 11 het ook met tye weggebreek van die ou pad - die beste pad die
een voorop God jou en my daagliks nooi om op te stap - (Jeremia 6:16)
Mag jy opnuut besef God se genade is groot
Mag jy opnuut besef God nooi jou vandag om Sy pad te loop-
Mag jy vandag opnuut kies om die pad te loop-
Bid saam en vra die Here om deur Sy - Heilige Gees vir ons daagliks bewus te maak
van padtekens wat die duiwel verdraai-
Lees die volgende Skrifgedeelte:
Hierdie woorde word geskryf aan mense in ballingskap – wat hardhandig weggevat is van wat vir hulle bekend was en waaraan hulle jare lank gewerk het. Iemand naby hulle is waarskynlik dood en hulle sukkel om te vergewe.
Is daar omstandighede in jou lewe wat jou laat voel of jy in ballingskap is?
Is daar ‘n ou bekende wat jy moet laat gaan en ‘n nuwe onbekende realiteit wat vir jou voorlê?
v5-6 Het die Here die volk gevra om iets fisies of geestelik te doen?
v7 Het die Here hulle hier gevra om iets fisies of geestelik te doen?
Hoe voel jy kan jy hierdie gedeeltes in jou lewe en omstandighede toepas? Wat sê die Here vir jou om prakties te doen, maar ook in jou alleen tye saam met Hom?
Lees die volgende Skrifgedeelte:
Wat wil die Here hê moet ons doen?
Wil Hy ons graag ontmoet en ons Sy wil leer?
Wat is die belofte as ons die Here aanroep en tot Hom bid?
Is almal wat dit gedoen het onmiddelik uit hul ballingskap uit weggevat?
Wat moes hul nouweer intussen doen?
Wat is maniere waarop jy kan bou, plant en vermeerder binne jou huidige omstandighede?
Lees die volgende Skrifgedeelte:
Wat lê agter jou waaraan jy dalk nog vashou?
Dink jy hierdie verhinder jou om vorentoe te gaan?
Wat lê voor jou wat vir jou net te ‘scary’ en oorweldigend is?
Lees die volgende Skrifgedeelte:
Jesus het geweet dat al sy vriende en familie hom in sy moeilikste tye gaan ‘drop’.
Wat was Sy gesindheid hieroor?
Wat beteken dit vir jou in jou omstandighede as Jesus sê Hy het oorwin?
Hoe gaan jy anders vorentoe tree met die volgende in gedagte:
- Die Here se opdrag om te bou, te plant en te vermeerder
- Die Here se opdrag om jou los te maak van die verlede en vorentoe te streef
- Sy belofte dat jy nie alleen is nie
- Die wete dat Jesus die wêreld klaar oorwin het
Kyk die volgende clip (kliek op die rooi):
Bid vir mekaar om met “boldness” en moed vorentoe te tree en voluit te woeker met wat jy het – selfs al voel dit of jy in ballingskap is.