aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Jy is 'n mede-skepper van God

Screen Shot 2017 01 09 at 1.42.34 PM

 Wat is jou gunsteling deel van die begin van die jaar?

Kyk die volgende clip (click op die rooi)

TOP 10

Hoekom dink jy stel soveel mense onbereikbare nuwejaarsvoornemens?

Wat is jou ideale nuwejaarsvoornemens?

Hoekom dink jy wil soveel mense verandering hê in hulle gewoontes en aktiviteite?

Om te begin met die verstaan van jou en my doel op aarde moet ons gaan kyk na elkeen van ons

se teologie...

Jou teologie behels jou verstaan van God.

Om jou eie verstaan van jou eie menswees te verstaan, moet ek en jy na God se doel met ons elkeen gaan kyk.

Gaan lees die volgende teks gedeeltes:

Screen Shot 2017 01 09 at 3.02.24 PM

Lees Genesis 1:26-31 & Genesis 2:7-17

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeeltes?

Jy is God se mede-skepper-

Die skepping is nie voltooi nie en jy het die vermoë om verder te skep - Nes jy is, waar jy is...

God gee vir jou Heilige Energie om te skep- 

Screen Shot 2017 01 09 at 3.12.34 PM

Wanneer jy hieroor dink, waar het jy "solo" geskep?

Wanneer jy dink aan jou nuwejaarsvoornemings - waar moet jy in gehoorsaamheid saam 

met die Here skep? (jou huis, jou werk, jou vriendekring?)

Screen Shot 2017 01 09 at 1.43.52 PM

Lees Genesis 1:31 - wat beteken hierdie vers vir jou as mede-skepper van God?

Screen Shot 2017 01 09 at 3.10.30 PM 

 Lees Psalm 8

Hoe help dit jou om jou skeppingsrol te definieer?

Wat staan vir jou uit in vers 3 van Psalm 8

Wat is die effek as jy jou rol speel as mede-skepper waar jy is?

Screen Shot 2017 01 09 at 3.12.18 PM

 "IKIGAI" is 'n Japanese gesegte wat die rede behels vir jou en my om die dag voluit te leef

Soveel van ons leef asof ons net ons eie drome en nuwejaarsvoornemings jaag...

Die oomblik wanneer ek en jy ons teologie reg verstaan en begin leef - besef ons,

ons - ek en jy is mede-skeppers

God roep ons om selfs van die gebroke dele van ons lewens, die dele waar ons seer het,

saam met die skepper van die heelal te skep.

Waar is daar dele in jou lewe wat jy "solo" skepper speel?

Screen Shot 2017 01 09 at 3.12.34 PM 

 Mag jy opnuut besef jy het heilige skepper energie in jou hand

Jy is 'n mede-skepper van God

Mag jy in 2017 in gehoorsaamheid skep saam met God

Bid saam...

 

 

 

 

 

Liefdadigheid

 liefdadigheid 1

Wanneer jy dink aan liefdadigheid, watter gedagtes kom by jou op?

Lees Jakobus 2

bible lees 2

Wat behels geloof sonder dade?

Wat behels geloof met dade?

Kyk die clip:

Twee - mammon

Wat staan vir jou uit in die woorde van die song?

bible lees

Lees Matteus 3:1-12

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

Hoe belangrik is gemeenskap van die gelowiges?

Hoe belangrik is dade van geloof?

Met watter houding gee jy jou tyd, geld en van jouself?

 Nagmaal mooi een

 Mag jy besef wanneer jy dink oor die nagmaal - Jesus het nie gekom vir iets, maar vir iemand-

vir jou en my op die naam. Mag jy ook so dink oor liefdadigheid- jy doen dit vir iemand met 'n naam!

Liefdadigheid is nie 'n projek maar 'n langtermyn aksie...

Mag jy besef liefdadigheid behels om iemand te bemagtig en krag te gee

Dis die boodskap van die nagmaal...

 gebed

Bid saam... 

 

 

Bladsy 98 van 98

  • Begin
  • Vorige
  • 89
  • 90
  • 91
  • 92
  • 93
  • ...
  • 95
  • 96
  • 97
  • 98
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting