aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

God is in die stilte

Screenshot 2022 05 22 at 8.52.40 PM

Ons sluit die week ons reeks af hoe om 'n keuse te maak wat in lyn is met God se wil. Ons het twee weke terug begin met die skrif.

Die Here sal jou nooit begelei na 'n keuse wat nie in lyn is met die Bybel nie.

Ons het laas week na die storie van Rehabeam gekyk en opnuut besef hoe belangrik goddelike raak "et-sah" is vir begeleiding in God se wil.

 Screenshot 2022 05 22 at 9.19.01 PM

Lees Psalm 130 - hoe lyk jou proses wat jy wag op die Here in jou proses om 'n keuse te neem?

Lees weer vers 5 - hoe gebruik jy die Here se woord en jou proses om die Here se wil te onderskei?

Wag op die Here in die proses om 'n Goddelike besluit te maak is kern aan die proses.

Lees die volgende teks

Screenshot 2022 05 22 at 9.22.28 PM

God is in die stilte.

Wat keer tans dat jy nie stil kan word nie? 

Wat is tans aarbewings, vure en wind in jou lewe wat jou aandag van die Here se stem weerhou?

Screenshot 2022 05 22 at 9.25.40 PM

Kyk die volgende clip (click op die rooi)

Rob Bell - Nooma Noise

Wat staan vir jou uit in die clip?

Wat is daar in jou lewe wat jy moet verander om meer stil te raak?

Screenshot 2022 05 22 at 9.33.20 PM

 Wanneer jy vanuit die skrif inligting kry vir jou besluit - plot dit in jou T-rekening.

Wanneer jy "et-sah" Goddelike raad kry by mense om jou plot dit ook op jou T-rekening.

Neem dan jou T-rekening in gebed na die Here en bid dit- 

Screenshot 2022 05 23 at 9.56.09 AM

Lees die volgende teks gedeelte - hoe help hierdie teks jou met jou T-rekening?

As die feite en jou stil gebeds proses met God nie jou begelei na vrede oor jou keuse - moenie dit doen nie!

As dit jou begelei na vrede neem dit!

Hou dit ook - want die duiwel sal jou aanval met vrae en onsekerheid nadat jy die keuse geneem het. 

Hoekom? Want Goddelike keuses groei die koninkryk van die Here-

Wanneer dit gebeur het jy jou T-rekening wat jou weer sal neem na die plek van vrede oor jou keuse-

Screenshot 2022 05 23 at 9.59.37 AM

Mag jy opnuut die proses volg

Om so Goddelike keuses te neem!

Om so die Here se koninkryk te groei

Bid saam

 

 

MENSE HELP JOU ONDERSKEI

on1Sou dit nie lekker wees om 'n volledig uitgewerkte program van God te kon ontvang vir jou lewe nie? Dit sou alles soveel makliker gemaak het, maar dit is nie in lyn met God se wil nie.  Hy wil 'n verhouding met jou hê en hê jy moet Hom volledig ken, daarom openbaar Hy Sy wil gedeeltelik deur die Skrif, stiltetyd en ander mense rondom ons.  

Kyk na hierdie "birdfeeder" - net soos die voëls elke dag terugkom vir saadjies, openbaar God Homself daagliks aan ons sodat ons sal aanhou terugkom na Hom toe.  Hoe help dit jou om God se wil vir die samelewing beter te verstaan?  

Hoe dink jy praat God met jou vandag?  Wat is jou antwoord hierop?  Ons weet reeds uit die Skrif wat God se oorkoepelende doel op aarde is, en God se wil vir jou persoonlik sal binne daardie raamwerk wees.  Is jy bereid om daardie verbintenis vandag te maak, dat jy nie net sal hoor nie, maar ook sal gehoorsaam!

on2

Kom ons lees die storie van Rehabeam saam in 2 Kronieke 10:1-19.  

Rehabeam, seun van Salomo, was nie 'n baie gewilde en suksesvolle leier nie.  Dit was tydens sy heerskappy dat die koninkryk in twee geskeur het - Israel in die noorde en Judea in die suide.  Lees hierdie teksgedeelte en merk op hoe Rehabeam sy besluite gemaak het, wie hy geraadpleeg het en wat die gevolge daarvan was.  

on4

Wat dink jy het Rehabeam reg gedoen?  

1. Hy het tyd gevra om te dink.  

Ons hoef nie oorhaastige besluite te maak nie.  Dis nodig om te dink, inligting te versamel, opsies te oorweeg en die nodige hulpbronne te raadpleeg.  

2. Hy het advies gaan vra.  

on5

Die Hebreeuse woord vir "raad/advies" wat in die teks gebruik word is et-sah.  Dit verwys na omsigtigheid.  Jy het ander mense in jou lewe nodig om agter, voor en langs jou te kan sien.  Sonder ander mense se insette, gaan jy nie die Here volledig kan ken of sien nie.  

Neem jy ander mense se opinies in ag voor jy besluite maak?  Luister jy na en oorweeg jy ten minste wat ander mense sê?  Partykeer kry jy nuwe perspektief net om dit met ander mense te deel.

3. Rehobeam het verskillende mense se opinies gevra.  

By vra jy raad?  Is dit net by mense wat jy weet vir jou antwoorde gaan gee waarvan jy hou? Dalk moet jy eerder by mense aanklop vir raad wat is soos wat jy graag wil wees, eerder as om net te luister na mense wat is waar jy nou is...  

Rehabeam het egter meer verkeerd gedoen as wat hy reg gedoen het.  Wat staan vir jou uit?

on41. Hy het tyd afgeneem om te dink, maar in daardie tyd glad nie gebid tot God nie.  

Ons het vandag die Heilige Gees, gebed en die Skrif wat ons kan help om God se wil te onderskei en dit moet deel wees van ons proses van onderskeiding.  

on7

Lees hierdie teksverse.  Wat beteken dit vir jou?  

2. Rebaheam het na die verkeerde raad geluister - die raad wat nie noodwendig reg was nie, maar waarvan hy gehou het.  God se wil sal altyd seëvier, ten spyte van mense se raad.  

Waar het jy al na mense se raad geluister, al het jy geweet dis loodreg teen God se wil? Watter mense in jou lewe weet jy kan jy vertrou met raad omdat hulle jou beste belange op die hart dra en self 'n pad met die Here stap?  

on8

Rehabeam se lot het egter begin nog voor hy self besluite gemaak het.  Sy pa, Salomo, se foute en tekortkominge het gemaak dat hy nie 'n goeie voorbeeld gehad het van mentorskap, onderskeiding en wysheid nie.

on9

Mentorskap is 'n eeu-oue en Bybelse beginsel waar mense 'n pad met mekaar stap en mekaar leer om 'n meer intieme verhouding met Christus te hê en te groei in hul persoonlike geloof.  Het jy iemand waardevol in jou lewe met wie jy belangrike, intieme en geestelike kwessies kan deel?  

Buiten die raad wat jy van ander kry, moet jy besef jy het ook 'n verantwoordelikheid om vir iemand anders 'n ligpunt, baken, rigtingwyser te wees. Watter voorbeeld is jy vir ander?  Hoe help jy ander om die wil van God te onderskei?

on10

 Wees 'n onderwyser.  

Moet nooit ophou leer, verkondig, vertel, raad en ervaring deel nie.  

Wees 'n soldaat.  

Wees op die uitkyk vir God se stem, wees bewus, paraat, soekend en gereed om God deur mense te ontmoet.  

Wees 'n atleet.  

Beoefen gehoorsaamheid aan die wil van die Here, wees gedissiplineerd en gefokus in jou dade.  Dit is die area waarin Salomo heel waarskynlik die meeste misluk het om vir sy seun Rehabeam die pad te wys.

GEBED.  Mag 2 Kronieke 20:12 jou gebed wees:

Here, ek weet nie altyd wat om te doen nie, maar ek weet U lei my en U praat met my deur die Skrif en mense rondom my.  Mag ek nederig genoeg wees om te luister en mag ek standvastig genoeg wees om te weet wanneer mense se raad teenstrydig is met U wil.  

Amen.

 

Die Bybel as fondament vir Goddelike keuses

Screenshot 2022 05 09 at 2.14.39 PM

Ons begin die week 'n drie weke reeks oor drie elemente, in die onderskeiding proses, om die Here se wil vir jou, in jou keuses te verwesenlik.

Het jy al vir die Here 'n teken gevra in jou besluitneming proses?

Baie van ons was al daar wat ons net vir iets tasbaar gevra het, vir sekerheid in ons keuse.

Lees die volgende teks gedeelte

Screenshot 2022 05 09 at 2.14.46 PM

Gideon was ook onseker en wou seker maak dat hy in die Here se wil handel. Nie almal is so gelukkig soos Gideon nie. Baie van ons het al vir die Here vir 'n teken gevra. Meeste van ons het nie 'n teken gekry nie. Wat ons wel het is die woord van die Here ons Bybels wat ons begelei, in hierdie proses om Goddelike keuses te maak. 

Waneer ons die Bybel lees, lees ons baie gedeeltes wat klink soos die volgende teks gedeelte- 

Screenshot 2022 05 09 at 2.15.26 PM

Wat beteken die teks vir jou?

God se roeping behels dat God 'n plan het vir elkeen van ons. Ons is nie gemaak en laat staan nie. 

Screenshot 2022 05 09 at 2.32.17 PM

Watter gedagtes kom by jou op as jy die vers lees?

Voorspoed in 'n Bybelse konteks behels niks anders as gehoorsaamheid aan die wil van die Here! 

Wanneer ons net vers 11 lees kom die boodskap van die gedeelte in Jeremia nie na sy volle reg nie, lees ook saam verse 12 en 13.

Screenshot 2022 05 09 at 2.32.46 PM

Hoe gebruik jy die Here se woord as fondament in jou opregte soeke met jou hele hart na Sy wil tans in jou lewe?

Screenshot 2022 05 09 at 2.33.02 PM

Een van die belangrikste aspekte van mens wees behels die wete dat elke aspek as jou wese is geestelik. Daar is geen deel van jou mens wees wat nie geestelik is nie. Daarom is dit belangrik om die Here se wil te vra vir elke aspek van jou lewe. Dink bietjie aan die storie van die ryk jong man wat in Lukas 18 na die Here toe kom en spog omdat hy alles van die Joodse wet nakom. Jesus stuur hom terug met trane in sy oë - "gaan verkoop alles wat jy het en volg my"

Hy kon en wou nie, want hy was baie ryk. Dit was die deel waar hy nie die Here se wil wou volg nie...

Watter deel in jou lewe is jy tans besig om jou eie wil te volg en nie die Here se woord gebruik as riglyn nie?

 Screenshot 2022 05 09 at 2.43.02 PM

 Hoe gebruik jy tans die woord van die Here in jou lewe?

Is dit jou eerste punt waar jy begin om die proses van onderskeiding aan te pak?

Screenshot 2022 05 09 at 2.43.30 PM

In die Hebreeuse taal word die woord SHEMA gebruik vir luister. Wanneer ons hieraan dink kom die storie van Sameul in gedagte waar die Here hom roep en Eli hom die instruksie gee om te reageer met die woorde "Praat, Here, u dienaar luister" (1 Sameul 3)

Die woord SHEMA behels baie meer as net luister - 

Dit behels om te hoor; luister; internaliseer; dieper te verstaan; om te reageer asook om gehoorsaam te wees.

Hierdie verander die menslike reaksie aansienlik baie as jy nou dink aan die woord SHEMA

Hoe luister of eerder hoe reageer jy teenoor die woord van die Here as jy soek vir onderskeiding?

Screenshot 2022 05 09 at 2.43.13 PM

Mag jy ook dieper die skrif gebruik wanneer jy die wil van die Here soek in jou besluite

Mag jy ook ervaar dat die Here jou nooit na 'n plek neem wat teenstrydig is met Sy woord nie.

Bid saam as groep die woorde van Paulus in Filippense 1:9-11

Screenshot 2022 05 09 at 2.52.26 PM

Mag die woord jou realiteit wees in onderskeiding van jou eie wil en die Here se wil vir jou!

Amen

 

 

  1. Is God by jou werk?
  2. TOMAS
  3. OPSTANDINGSKRAG
  4. Handdoek mense

Bladsy 12 van 98

  • Begin
  • Vorige
  • 7
  • 8
  • ...
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • ...
  • 16
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting