aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Handdoek mense

Screenshot 2022 04 10 at 3.53.12 PM

Lees Johannes 13:1-17

As jy dink aan die term handdoek mense; mense wat ander bedien wat se gedagtes kom by jou op?

Kyk die volgende clip - (click op die rooi)

Haal jou hande uit jou sakke!

Wat staan vir jou uit in hierdie clip?

Wanneer jy dink aan Johannes 13:15 wat behels die voorbeeld wat Jesus vir jou en my stel?

Screenshot 2022 04 10 at 3.53.20 PM 

Wanneer jy dink wat die Here Jesus Christus alles vir jou en my gegee het, wat is daar wat jy weer vir iemand anders kan gee?

Een van die belangrikste elemente van die Christelike geloof behels nie 'n houding om gedien te word nie, maar om te dien. Jesus het nie aarde toe gekom om gedien te word nie, maar om te dien. Om 'n voorbeeld te stel waar ons as gelowiges Sy hande en voete moet wees om die koninkryk van die Here te groei.

Screenshot 2022 04 10 at 3.54.29 PM

Ons almal ken die speletjie waar jy 'n wiel laat rol met die stok aan beide kante... ons weet as jy net aan die een kant aandag gee gaan die wiel nie baie ver rol nie.

Dis hoekom dit nodig is om Jesus se opdrag en voorbeeld dieper te verstaan. Die voorbeeld volg behels die groei van die koninkryk van die Here op aarde.

Waar moet jy dien?

Om 'n handdoek mens te wees, behels dit om deeglik bewus te wees van dit wat elkeen van ons ontvang en dit nie te hou nie, maar dit weer vir ander te gee-

dominos

Wanneer ons dit nie verder uitdeel nie gebeur daar niks- en die koninkryk van die Here Jesus Christus kan nie verder groei nie - 

Screenshot 2022 04 10 at 4.02.56 PM

Lees Filipense 2:25-30

Wat staan vir jou uit in die manier hoe Paulus praat oor Epafroditus?

Screenshot 2022 04 10 at 4.08.56 PM

 Epafroditus is gesien as die vader van die beweging waar gelowiges gekenmerk is as "gamblers" waar hulle, hulle lewens gewaag het om ander te help.

Het jy al gewaag om ander te bedien?

Screenshot 2022 04 10 at 4.12.54 PM

Gedurende die geskiedenis van die vroeë kerk het gelowiges ander gedien tot die uiterste om die liefde wat Jesus vir hulle gehad het uit te leef.

Screenshot 2022 04 10 at 3.54.47 PM

Hierdie was dan ook een van die redes hoekom die kerk gegroei het want die liefde wat gelowiges ervaar het by hulle samekomste het hulle weer gaan deel met ander mense om hulle in die vloei van hulle week.

Waar word jy geroep om ook 'n handdoek gelowige te wees?

Screenshot 2022 04 10 at 3.55.12 PM

Mag jy opnuut besef gelowiges is mense wat ander bedien

Mag jy opnuut deur die Heilige Gees jou area ontdek waar jy moet bedien

Mag jy ook so deur gehoorsaam te wees die koninkryk van die Here groei

Screenshot 2022 04 11 at 2.12.05 PM

Bid saam

JOHANNES 12:1-8

joh12_1.jpeg

ONS IS VIR DIE AFGELOPE 6 WEKE IN DIE EVANGELIE VAN JOHANNES, WAAR ONS NOU AL BAIE TEDOEN GEKRY HET MET WIE JESUS IS.

IN JOHANNES 15 HET ONS GESIEN DAT HY DIE WARE WINGERD STOK IS EN ONS DIE LOTE.

IN JOHANNES 2 DAT DIE GEHOORSAAMHEID VAN ONS WAT JESUS VOLG BAIE BELANGRIK IS, SOOS DIE KELNERS GEHOORSAAM WAS TOE JESUS DIE WATER IN DIE WYN VERANDER HET.

IN JOHANNES 3 HET ONS DIE GESPREK TUSSEN JESUS EN NIKODEUMUS GELEES WAAR ONS GELEER HET DAT ONS 'N INTIEME VERHOUDING MET GOD MOET HÊ.

IN JOHANNES 5 HET ONS GELEES OOR JESUS WAT DIE VERLAMDE MAN OP DIE SABBATDAG GENEES HET, EN HOE DIE FARISEËRS HULLE EIE MESSIAS MIS KYK OMDAT HULLE HULLE EIE MENS-GEMAAKTE REELS IN GEMENG HET MET DIE WONDERWERK.

IN JOHANNES 8 HET ONS GESIEN HOE JESUS DIE VROU GERED HET EN VRYGESPREEK HET WAT OWERSPEL GEPLEEG HET TOE ALMAL HAAR WOU STENIG.

VERLEDE WEEK HET ONS NA JOHANNES 10 GEKYK WAAR JESUS ONS LEER DAT HY DIE GOEIE HERDER IS.

KOM ONS LEES JOHANNES 12:1-8 SAAM.

joh12_3.jpegjoh12_4.jpeg

WAT STAAN VIR JULLE UIT IN JOHANNES 12:1-8?

joh12_6.jpeg

IN DIE VORIGE HOOFSTUK LEES ONS DIE VERHAAL VAN WAAR JESUS VIR LASARUS UIT DIE GRAF UIT GEROEP HET. LASARUS WAS AL VIR 4 DAE IN DIE GRAF, EN SY EEN SUSTER, MARTHA, HET VIR JESUS GESÊ DAT HY AL RUIK... HY STINK AL, SO LANK IS LASARUS AL DOOD. MAAR JESUS BEVEEL NOGSTEEDS DAT HULLE DIE ROTS VOOR DIE GRAF WEG ROL, EN JESUS ROEP HOM UIT DIE DOOD UIT!

JESUS HET 'N GROOT WONDERWERK GEDOEN, WAAR BAIE MENSE, EN BAIE VAN DIE JODE, DIE FARISEËRS BY WAS, EN HULLE GLO IN JESUS.

NATUURLIK IS LASARUS EN SY TWEE SUSTERS, MARIA EN MARTHA BAIE BLY HIEROOR, WANT LASARUS HET NOU 'N TWEEDE KAANS TOT DIE LEWE EN SY SUSTERS HET HULLE BROER UIT DIE DOOD UIT TERUG.

HULLE WONDER NIE MEER OF JESUS REGTIG DIE MESSIAS IS NIE, HULLE WEET NOU VIR 'N FEIT DAT JESUS DIE MESSIAS IS, DIE SEUN VAN GOD. EN HULLE EER HOM DEUR HOM VIR 'N FEESMAAL, 'N ETE TE NOOI.

DINK BIETJIE SAAM. HOE SOU JY VIR JESUS LOOF EN EER NADAT HY JOU UIT DIE DOOD UIT OP GEWEK HET?

ONS SIEN HOE ELKEEN VAN HULLE JESUS EER EN HOM LIEF HET, ELKEEN OP HULLE EIE MANIER.

joh12_7.jpeg

ONS LEES IN LUKAS 10 VAN 'N SLAG WAAR JESUS EN SY DISIEPELS OOK VIR MARTA EN MARIA BESOEK, EN WAAR MARTA DAN BY JESUS KLA OMDAT SY DIE ENIGSTE EEN IS WAT ALLES REG KRY EN ALLES BEDIEN, TERWYL HAAR SUSTER NET BY JESUS SE VOETE SIT EN LUISTER. JESUS SÊ TOE VIR HAAR: "41MARTA, MARTA, JY IS BESORG EN BEKOMMERD OOR BAIE DINGE, 42MAAR NET EEN DING IS NODIG. MARIA HET DIE BESTE DEEL GEKIES, EN DIT SAL NIE VAN HAAR WEGGENEEM WORD NIE."

MARTA HET VIR JESUS BAIE LIEF GEHAD, EN SY HET HOM GELOOF EN GEEER DEUR OM HOM TE BEDIEN MET KOS AAN DIE TAFEL. DIT IS HOE SY HAAR LIEFDE VIR JESUS UIT GELEEF HET.

HOE DINK JY KAN ONS VIR JESUS BEDIEN IN ONS LEWENS MET WAT ONS HET?

Johannes_12_8.jpeg

ONS LEES IN VERS 2: "LASARUS WAS EEN VAN DIÉ WAT SAAM MET HOM AAN TAFEL WAS."

LASARUS HET EENVOUDIG JESUS SE TEENWOORDIGHEID GENIET, WAAR HY MET HOM GESELS EN SAAM MET HOM GELAG HET EN VIR HOM VRAE GEVRA HET EN SAAM MET HOM GEEET.

DINK JY ONS KAN JESUS LOOF EN EER DEUR OM IN SY TEENWOORDIGHEID TYD TE SPANDEER?

HOE KAN ONS SAAM MET JESUS TYD SPANDEER?

joh12_9.jpeg

"3TOE HET MARIA 'N HALFLITER EGTE, BAIE DUUR NARDUSOLIE GEBRING EN DIT OP JESUS SE VOETE UITGEGIET EN SY VOETE MET HAAR HARE AFGEDROOG. DIE HELE HUIS IS DEURTREK MET DIE GEUR VAN DIE REUKOLIE."

WAT MARIA HIER GEDOEN HET, IS SY HET JESUS GELOOF EN GEEER MET ALLES WAT SY GEHAD HET.

SY HET HIERDIE VERSKRIKLIKE DUURSAME NARDUSOLIE ALLES OP JESUS SE VOETE UIT GEGOOI, EN SY HET JESUS SE VOETE MET HAAR HARE AFGEDROOG.

ONS SIEN IN VERS 5 WAT HIERDIE OLIE SE WAARDE WAS...

WAAROM IS HIERDIE REUKOLIE NIE VIR DRIE HONDERD SILWERMUNTSTUKKE VERKOOP EN DIE GELD VIR DIE ARMES GEGEE NIE?”

IN DAARDIE TYD HET JY VIR 'N DAG SE WERK 'N SILWERMUNTSTUK GEKRY, SO HIERDIE OLIE WAS LETTERLIK 'N JAAR VAN WERK SE WAARDE GEWEES. IN VANDAG SE TYD, AS JY 'N SALARIS VAN N$10 000 'N MAAND KRY WAS DIE OLIE VIR 500ML N$120 000 WERD. DIT WAS VERSKRIKLIK BAIE WAARDEVOL GEWEES.

EN SY HET JESUS SE VOETE MET HAAR HARE AFGEDROOG.

JESUS EN SY DISIEPELS HET LANK GEREIS VOOR HULLE BY DIE HUIS VAN LASARUS AAN GEKOM HET, EN HULLE HET NIE TOE SKOENE GEDRA NIE, ONS KAN NOU NET DINK HOE VUIL HULLE VOETE MOES WEES NA 'N LANG DAG VAN STAP.

IN DIE KULTUUR EN IN DIE ERA VAN DIE JOODSE VROU WAS DAT HAAR IDENTITEIT IN HAAR HARE WAS. DIT WAS HULLE TROTS EN HULLE GLORIE.

SO DIE VROUENS VAN DAARDIE TYD HET NIE SOMMER HULLE HARE VOOR ENIGE IEMAND ANDERS AS HAAR MAN LOS GEMAAK OF HAAR LAP VAN HAAR KOP AF GEHAAL NIE. DIT WAS AMPER DIESELFDE EFEK AS OM JOU KLERE VOOR ANDER MENSE UIT TE TREK, NAAK EN KWESBAAR TE WEES.

MARIA LOOF EN EER JESUS DEUR HAAR DUURSTE BESITTING OOR SY VOETE UIT TE GIET, OM HAAR ALLES VIR HOM TE GEE, VOOR ALMAL WAT OM DIE TAFEL GESIT HET. EN SY HET HAAR HARE LOS GEMAAK, EN SY VOETE MET HAAR HARE AFGEDROOG. SY HET HAAR IDENTITEIT, HAAR TROTS VOOR JESUS SE VOETE GELOS, DEUR OM SY VOETE MET HAAR HARE AF TE DROOG...

DIT WAT MARIA GEDOEN HET WAS 'N TOTALE AANBIDDING VAN JESUS, "EN DIE HELE HUIS IS DEURTREK MET DIE GEUR VAN DIE REUKOLIE."

ALMAL IN DIE HUIS WAS BEWUS VAN MARIA SE AANBIDDING, WANT SY HET HAAR ALLES GEGEE, EN SY HET NIE OMGEGEE WAT DIE MENSE DAARVAN SOU DINK NIE.

NATUURLIK HET SY TEENSTAND GEKRY.

JUDAS HET BASIES GESÊ SYT NOU HIERDIE BESITTING GEMORS OP JESUS, DAT DIT NOU NIE DIE MOEITE WERD WAS OM DIT TE DOEN NIE.

MAAR JESUS MAAK DIT BAIE DUIDELIK DAT HIERDIE AANBIDDING VAN MARIA NODIG WAS. SY HET HOM GESALF VIR SY BEGRAFNIS, HOM VOOR BEREI VIR DIE DOOD, SONDER DAT SY DIT GEWEET HET. SY HET HIERDIE OOMBLIK GEBRUIK OM HAAR ALLES VIR JESUS TE GEE, EN DEUR HAAR TOTALE AANBIDDING, SONDER SKAAMTE, BEREI SY JESUS VOOR VIR DIE VOLGENDE STAP VAN SY BEDIENING.

joh12_10.jpeg

MARIA HET JESUS SE WAARDE BESEF, EN SY HET HAAR ALLES VIR HOM GEGEE.

BESEF ONS WAT JESUS SE WAARDE IS?

IS ONS BEREID OM ONS ALLES VIR HOM TE GEE?

joh12_11.jpeg

HOE KAN ONS JESUS LOOF EN EER DEUR WAT EN HOE ONS BEDIEN?

HOE KAN ONS JESUS LOOF EN EER DEUR TYD IN SY TEENWOORDIGHEID TE SPANDEER?

HOE KAN ONS JESUS LOOF EN EER DEUR OM ONS ALLES VIR HOM TE GEE?

MAAK SAAM 'N LYSIE VAN GOED WAT JULLE IN JULLE GROEPE BESPREEK ONDER ELKEEN VAN HIERDIE VRAE.

KOM ONS BEGIN DIT SO UIT LEEF AS VOLGERS VAN CHRISTUS.

BID SAAM.

 

Die goeie herder is ons voorbeeld

skaap1

Lees saam Johannes 10:1-21, die storie van die Goeie Herder.  Dit is 'n baie bekende verhaal, maar wat staan vir jou uit in die teks hierdie week?  Het jy al bietjie gewonder oor die omstandighede waarin Jesus hierdie storie vertel het?  

Die Fariseers, wat veronderstel was om die geestelike leiers van die gemeenskap te wees, het nie omgegee oor die siekes en kruppeles nie (dink aan die verlamde by die bad van Betesda).  Hulle het die vrou wat owerspel gepleeg het veroordeel, maar haar terselftertyd gebruik om Jesus vas te trek.  Die blinde man in Johannes 9 wat weer kon sien, is uit die sinagoge gegooi omdat hy nie aan hul vereistes voldoen het nie.  

Het jy al sulke tipe leierskap in jou eie geledere teegekom? Jesus het gekom vir al die verlorenes en gebrokenes, maar ook om die leierskap van Sy kerk en Sy kudde aan te spreek. 

skaap4

Lees Esegiel 34.  Die profete in die Ou Testament het reeds opgemerk dat die leiers die oorsaak was van die probleme met die Israeliete.  Watter nood identifiseer die profeet Esegiel in vers 1-10?  Hoe vergelyk dit met die nood wat daar tans in ons huise en gemeenskappe is?  

God sê in vers 20-21 dat Hy iemand gaan stuur om dit te verander - ons weet Hy gaan self kom om die Goeie Herder te wees.  Jesus kom vir genesing, maar ook om die leiers te herinner aan hul taak en rol hierin.  

skaap7

Lees Johannes 21:15-19.  Wat staan vir jou uit in die opdragte wat Jesus vir Petrus gee?  Hoe kan Petrus sy liefde vir Christus wys?  Jesus vra van Petrus om nie net sy skaap te wees en 'n volgeling van Hom nie, maar ook 'n herder - 'n geestelike leier en voorbeeld vir ander.  

Dit maak nie saak hoeveel plase jy het of hoeveel skape nie, wat jy al alles bereik het of hoe suksevol jy is nie - wat saak maak is of jy God se kudde versorg, oppas en lei. Die storie in Johannes 10 kom gee vir die Fariseers 'n voorbeeld van ware geestelike leierskap.  Lees ook 1 Petrus 5.  Wat dink jy kan ons by die Goeie Herder leer oor leierskap?  Hoe moet ons ons kerke lei, ons gesinne, ons maatskappye?

skaap2

Een van ons plaaslike kerke het jare terug 'n projek in die Suide geloods om vir 'n gemeenskap daar van 'n trop skape te voorsien.  Die skape sou vir hulle 'n doel gee, 'n werk.  Deur die skape te versorg, te beskerm en te voed, sou hulle kon geld maak en 'n toekoms vir die gemeenskap.  Toe die gemeente egter die skaapboedery gaan besoek, was daar niks.  Die skape is opgeëet by die Kersete... en daarmee saam die toekoms en vooruitgang van die gemeenskap.  

skaap6

Jesus waarsku dat die rowers en diewe van die binnekant af kom - leiers wat vir hulself sorg, hul eie opinies, gryp en vat wat hulle nodig het, selfs trap op hul eie mense om bo uit te kom.

In plaas daarvan om met gesag, mag, vrees, diktatorskap te lei, herinner Jesus ons daaraan om soos herders te lei - met nederigheid en waagmoed.  Hoe kan jy met nederigheid en waagmoed in jou gesin 'n leier wees?  In die kerk?  In jou werksplek?  Nederigheid en waagmoed vra van ons om bereid te wees om mense te leer wat nie soos jy dink of doen nie, om uit te reik na mense van wie jy nie hou nie (Joh 10:16), om 'n deernis te hê vir sondaars en gebrokenes en verlorenes.

skaap5

Die oproep is hard en duidelik: die mense dwaal rond, die gemeenskap is broos, want ons kort leiers!

Hoe kan jy 'n herder-leier soos Christus wees?

skaap9

1. Ken jou kudde en ken jou herder.  Enige suksesvolle leierskap, begin by 'n volgelingskap van Christus.  Jy kan Hom net ken deur 'n intieme verhouding en jy kan die mense in jou kudde ook net versorg as jy tyd saam spandeer, na mekaar luister, in diep gesprek met mekaar tree.  Hoe kan jy dit in jou gesin doen?  Hoe kan jy dit in jou werksplek doen?

2. Lei die kudde.  'n Leier hardloop nie weg van teenstand nie, of gaan nie saam met elke nuwe stroom nie.  'n Leier lei sy volk deur die storms.  'n Leier maak besluite in belang van die hele kudde en neem die kudde saam met hom.  Neem jy mense saam met jou op reis, of loop jy vir hulle weg, of kruip jy weg?

3. Voorsien vir die kudde.  Voer die kudde met die nodige geestelike kos wat hulle nodig het.  Voorsien in hul basiese behoeftes om hulle beter te maak.  God gee sy skape vir ons om op te pas; wat kan ons doen om hulle in dieselfde of beter toestand terug te gee aan Hom?

4. Beskerm die kudde.  Watter grense moet ons stel om te verseker dat die vyand nie ons kudde bykom nie?  Lees Handelinge 20:28-30.  Wat kan ons uit hierdie gedeelte leer?

Kyk die kort video oor Bybelse leierskap.

Craig Groeschel GLS Leadership

Bid saam:

Here, dankie dat U die hek vir ons oopgemaak het om U kudde te kan wees.  

Mag ons nederige volgelinge van U word.  

Here gebruik ons ook om met waagmoed 'n voorbeeld te wees vir ander wat dalk anders as ons is, nie soos ons dink nie.  

Mag ons nooit te besig wees om mense se harte en siele te red en hul geestelik te voed nie.

Amen.

  1. Daar is altyd hoop by die Here
  2. JOHANNES 5 "WIE IS DIE MAN WAT VIR JOU GESÊ HET: "TEL JOU GOED OP EN LOOP?"
  3. Intieme Verhouding
  4. Gehoorsaam

Bladsy 14 van 98

  • Begin
  • Vorige
  • ...
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • ...
  • 16
  • 17
  • 18
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting