Wanneer jy aan paasnaweek dink - wat is die eerste ding waaraan jy dink?
As ons eerlik is sal baie dink aan langnaweek, see, plaas en nie noodwendig Jesus nie-
Fresh gaan die volgende twee weke fokus op die dieper betekenis van paasfees vir elke gelowige
Lees die volgende teks
Wat staan vir jou uit as jy die teks lees veral vers 6?
Baie mense in die wêreld glo dat solank jy net in iets glo is jy oriaat, maar vers 6 is 'n baie eksklusiewe vers in die Bybel.
Lees weer vers 6 en vra jouself-
"Is Jesus my weg, waarheid en lewe?"
Kan jy eerlik getuig dat Jesus jou weg, jou waarheid en jou lewe behels?
Wanneer 'n mens met die dood gekonfronteer word dink jy anders oor die lewe, hierdie vers is die hartklop van paasfees. Jesus het gekom vir my en jou! Hy het sy lewe gegee sodat die wat in hom glo gered kan word.
Lees die volgende teks gedeelte
Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
Die hartklop van ons verstaan van Paasfees is Jesus!
Jesus se koms na die wêreld is nie vir die mense wat gesond is nie, maar vir mense wat siek is soos ek en jy! Mense wat nie uitsorteer is nie! Mense wat besef ons kan nie hierdie op ons eie doen nie! Ons kort 'n redder, 'n leidsman, iemand wat die dood oorwin het!
Wat beteken die stelling vir jou persoonlik?
Hoe gaan jy hierdie jaar paasfees anders vier?
Kyk weer die volgende skakel na youtube om opnuut jouself te herinner wat Jesus vir jou
op die naam gedoen het (click op die rooi)
Een van die kern uitkomste van die boodskap van paasfees en 'n lewende verhouding met Jesus waar Hy jou weg, jou waarheid en jou lewe raak behels verandering - Jy kan eenvoudig net nie dieselfde bly nie!
Dink bietjie aan Jesus se dissipels hoe hulle verander het en wat hulle alles in die naam van Jesus gedoen het later in hulle lewens?
Lees weer Handelinge 2:41-42 Petrus se preek
Deel met mekaar mense se stories waar hulle radikaal anders begin leef het asgevolg van hulle verhouding met Jesus wat soos Johannes 14:6 hulle weg, waarheid en lewe geraak het.
Lees saam Matteus 27:54 - Die romeinse offisier se interaksie met Jesus aan die kruis los om 'n veranderde man. Paasfees konfronteer my en jou om anders te dink oor Jesus.
Ek en jy word groep om getuies te wees oor Jesus!
Hoe lyk jou weg, jou waarheid en jou lewe tans? Kan nie-gelowiges sien dat jy veranderd is asgevolg van jou verhouding met Jesus Christus?
Wat staan vir jou uit in die teks gedeelte?
Mag jy opnuut jou geloof in Jesus Christus opneem - en so die grootste geskenk van God ons Hemelse Vader ontvang!
Jou sterkste getuienis is jou waarheid
Jou sterkste getuienis is jou weg wat jy loop
Jou sterkste getuienis is die manier hoe jy lewe
Bid saam
Ons sluit hierdie week 'n reeks oor Versoekings af met die bekende storie van Simson in Rigters 16.
Lees die storie weer saam.
Om die storie beter te verstaan, moet ons ook weet wat die rol van die Rigters in daardie tyd was.
Toe die nuwe generasie volk bietjie begin vergeet het hoe God in hul behoeftes voorsien het, het hulle afvallig begin raak en ander gode begin dien. Kort voor lank was hul vasgevang in slawerny en verdrukking van buurnasies en het dan uit nood uit die Here aangeroep. Die Here het hul gebede aangehoor en 'n rigter opgerig om die volk te verlos van die verdrukking. Die volk het dan 'n tydperk van vrede ervaar, maar gou weer verval in 'n gemaksone en uiteindelik sonde.
Die siklus het oor en oor afgespeel, maar elke keer 'n bietjie erger geraak.
Hoe kan jy identifiseer met hierdie siklus in ons alledaagse lewe, in terme van versoekings?
Watter skynbaar onskuldige dinge het jy al gedoen wat gelei het tot iets erger en dan op die ou einde was jy in die moeilkheid?
Lees weer vers 20. Wat staan vir jou uit in hierdie teks? Simson het gedink hy kan homself maar weer net uit die moeilikheid uit kry soos altyd, maar hy het nie besef dat hy al te ver weg van die Here af beweeg het nie.
Simson was 'n Nasireer as gevolg van 'n belofte wat sy ma met God gemaak het. Nasireers mag onder andere nie alkohol gebruik het, hul hare gesny het of aan dooie persone geraak het nie, as 'n teken van hul afsondering vir die Here.
Simson moes hierdie eed sy lewe lank ophou, hy was goed gebou en aantreklik, 'n leier van die volk, geliefd deur God... hy was 'n skynbaar goeie mens... maar diep binne was hy moontlik bitter, moeg, uitgeput.
Lees vers 13 en 17 weer. Simson het vergeet dat hy wel net 'n gewone mens was met gewone krag en gewone versoekings. Hy het vir God nodig gehad. Sonder God het hy geen krag gehad nie.
Ken jy oënskynlik goeie mense wat hulself in groot moeilikheid laat beland het? Reken jy jouself as 'n goeie mens wat goeie goed doen, maar jy voel bitter, afgemat en dungesmeer? Niemand van ons is te goed om nie moeg te raak en nie vir versoekings te val nie. Wanneer begin ons lyne kruis en grense oorsteek...? Wanneer ons moeg is, is op ons swakste en kwesbaarste.
Hoe het dit gebeur dat Simson, 'n gelowige man, sy lewe lank getrou aan die eed en die Here is, maar dan 25 myl weg van sy volk in die middel van die Filistyne by 'n verleidelike vrou opeindig? Gebeur dit oornag? Waarskynlik nie.
In ons alledaagse lewe, hoe gebeur dat dit 'n man wat 20 jaar met sy vrou getroud is en drie pragtige kinders het, dit opgee vir 'n verhouding met 'n vrou wat hy skaars ken? Of 'n toonaangewende, eerbare en erkende besigheidsman eendag met 'n sak vol geld in die tronk beland as gevolg van bedrog?
Dit gebeur nie oornag nie. Dis waarskynlik die resultaat van 'n rigter-siklus wat met 'n bloot onskuldige misstap begin het. Waar begin meeste groot oortredings? Met 'n gedagte...
Het jy al daardie bordjies in die dieretuin of wildtuin gesien wat jou aanraai om nie die bobbejane of wilde diere te voer nie?
Wanneer ons vasgevang is in 'n siklus wat van ons verwag om goed te lyk, goed te doen, meer te doen, beter te wees as ander... is ons besig om die leeus te voer en as't ware vet te maak.
In plaas daarvan dat Simson werklik op die Here staat gemaak het, het hy self sy probleme en uitdagings probeer beredder. En een klein dingetjie lei tot 'n volgende en voor jy jou kan kry, is jy vasgevang op 'n verkeerde pad.
Hoe voel jy as jy agterkom iemand anders het meer as jy? Wat doen jy om jouself te laat beter voel? Hoe voel jy dikwels nadat jy dit gedoen het? En wat doen jy dan? En hoe laat dit jou voel? Ons is vasgevang in 'n bose kringloop.
Toe Delila die derde keer vir Simson vra om iets te doen om sy liefde aan haar te bewys, het hy waarskynlik genoeg gehad en ingegee omdat hy moeg vir haar geneul was. Simson was waarskynlik uitgeput om die heel tyd "sterk" voor te kom, aantreklik te wees, 'n leier te wees...
Dis harde werk om goed te probeer doen... maar dis selfs nog harder werk om verkeerde dinge te doen!
Dis "tough" om die heel tyd skuldig te voel, dinge weg te steek, toe te smeer, beter te probeer maak - as't ware die leeu te voer en te onderhou!
Wat is dan die oplossing? Hoe kom ons uit hierdie bose kringloop uit?
Rus. Wanneer laas het jy gestop om jou hart te ondersoek? Wanneer laas het jy gerus en net jou batterye herlaai?
Die Here roep ons na 'n lewe van vrede, vreugde en genot in Hom. Dit is ons rusplek.
Lees Psalm 1. Watter beeld kom by jou op as jy dit lees?
Wat belowe God vir die wat Sy wil gehoorsaam en naby aan Hom bly? En die wat ver weg is?
Lees nou ook Matteus 11:28-30. Watter juk moet ons dra as gelowiges? Hoe vergelyk dit met die juk wat jy moet dra as jy ver weg van God af is?
Het jy al verdwaal oppad iewers en moes dan 'n vreeslike ompad ry om ure later by jou bestemming uit te kom? Die pad saam met Christus is veel lekkerder, vol vreugde en rustiger as die ompaaie wat ons vir onsself bewerkstellig.
Kyk die volgende video clip.
'n Man en sy vriend het in 'n verlate woestyn beland midde 'n landmynveld. Toe sy vriend op 'n landmyn trap en opgeblaas word, het hulle besef hulle is op gevaarlike terrein. Toe hy 'n treë gee en die kenmerkende kliek hoor, was hy vreesbevange vir wat volgende gaan gebeur. Met radioverbinding het hy nuus gekry dat niemand binne 52 ure hom sou kon red nie. Hy moes daar staan en het later begin mal raak van al die gedagtes wat deur sy kop gaan uit sy verlede en sy huidige situasie.
Ons bevind ons dikwels op gevaarlike terrein omdat ons ver weg van God af beweeg het. Die gevaarlikste is nie dat ons naby aan die landmyne beweeg nie, maar al hoe verder van God af, net soos Simson. Dit maak ons mal om hierdie siklus van verkeerde en regte dinge in ons lewe te probeer onderhou en in stand hou.
God roep jou om op te hou om die siklus te voer. Moenie die leeus voer nie.
Stop. Wees kalm. Vra Hom om jou te help. Nader tot hom.
Simson was nie vry toe hy die garingdrade gebreek het nie, hy was eers werklik vry toe hy vasgebind was deur koperkettings, en besef het dat God sy enigste hulp en krag is.
Mag jy ook betyds besef. Stop.
Klim uit die malle gejaag en bose kringloop en vind rus by God.
Lees 1 Petrus 5:8-11
Wat staan vir jou uit as jy dink aan die duiwel?
Hoekom is die teks so belangrik as ons praat oor versoekings?
Hier is twee woorde wat uitstaan in vers 8
Nugter behels om reg te wees vir die aanvalle van die duiwel- Lees Efesiërs 4:14 dit behels om reg te wees vir dwaalleer.
Nugter wees is ook 'n term wat gebruik was vir die funksie van 'n anker vir 'n skip in 'n storm.
Kern element om nie te vergaan in 'n storm nie.
Is jy skerp en nugter teen die aanvalle van die bose tans?
Die tweede woord wat kern uitstaan in vers 8 is "wakker"
Die griekse woord vir "wakker" behels "gregoreuo" wat beteken om versigtig te loop
op nat klippe wat bedek is met mos.
Hoe loop jy tans?
Daar is twee tipe reaksies op die duiwel kyk die volgende clip-
The Lion sleeps tonight (click op die rooi)
Hier is 'n rustigheid teenoor die Leeu -
Kyk die volgende clip -
Lion in the Darkness (click op die rooi)
Wat is die verskil tussen die twee clips?
Hoekom is die tweede een meer gepas by 'n gelowige se reaksie teenoor die duiwel?
Wat leer ons uit hierdie teks gedeelte uit Efesiërs 6?
Lees weer 1 Petrus 5:8-9 hoekom dink jy maak gelowiges die duiwel tans sagter as wat hy is?
Die duiwel se grootste sukses lê by mense wat die lewe doen soos clip 1
Die duwiel se identiteit is een wat baie mense deurmekaar maak - om rede daar soveel verskillende senerio's afspeel in die bybel.
Mel Gibson se reaksie op die vraag - "hoekom is die satan nooit helder in die film - The passion of the Christ"
Was as volg- ons kan nie hom duidelik definieer nie. Hierdie kan ook vergelyk word met water - dit neem die vorm aan van die gedagtes, woorde of aksies wat jy neem. Hierdie is hoekom ons die woorde van 1 Petrus 5:8 so ernstig moet opneem - wees nugter en wakker!
Hoe lyk jou verdediging tans teen die duiwel se aanvalle teen jou?
Die duiwel se kern strategie is om as gelowiges in die hel vir ewig te kry-
Sy kern strategie is hom soos die Lion King clip te sien -
Sy kern strategie is Johannes 10:10 se eerste deel -
Wat staan vir jou uit aan Johannes 10:10 se eerste deel?
Job 1 leer ons dat die duiwel ons bestudeer -
Het jy al ooit daaraan gedink dat hy jou bestudeer en dat ek en jy moet nugter en wakker wees anders is daar ewige gevolge -
Is jy nugter en gereed?
Die area van die duiwel word mooi in 1 Petrus 5:9 verduielik - lees dit weer-
Waar daar mede-gelowiges die Here Jesus aanbid daar sal jy die duiwel kry
Hoe kan jy mede-gelowiges versterk in hulle geloof?
Dink weer aan 1 Korintiërs 12 - die liggaam van Christus model, as een deel ly, ly die hele liggaam. Ken jy gelowiges waar jy tans versterking kan gee?
Die beste deel van ons teks behels vers 11 - lees weer vers 11 van 1 Petrus 5:11
Jesus se laaste kruis woord was "tetelestai" wat behels dit is volbring!
Hoe verstaan jy vers 11?
Wat beteken dit vir jou persoonlik?
Mag jy opnuut besef jou opdrag teen die vyand van Johannes 10:10 behels - wees nugter - wees wakker
Mag jy opnuut ervaar hoe die Heilige Gees jou versterk
Bid saam